Ek gee graag die resep van Bantingpiesangmuffins. Hierdie resep is nie in die nuwe Bantingboerekosboek wat eersdaags verskyn nie.
Bestanddele:
3 groot ryp piesangs, fyngedruk
3 eiers, geklits
1 E vanillageursel
1 E xylitol
100 ml botter, gesmelt
2 k amandelmeel (200g gemaal)
half teelepel sout
1 tl koeksoda
Verhit oond tot 180°C.
Meng piesangs, eiers, vanilla, xylitol en botter saam.
Meng die amandelmeel, sout en koeksoda in ‘n ander bakkie saam.
Roer droë bestanddele in by piesangmengsel.
Skep in gesmeerde muffinpanne en bak ongeveer 20 minute tot gaar.
Onthou, piesangs is op die oranje lys. ‘n Klein piesang is die TOTALE oranjelysinname per dag. So, afhangende van hoeveel muffins jy bak, mag jy op een dag slegs 25% van die muffins eet. Bv. Ek het 17 middelmatige muffins uitgekry, so ek sal nie meer as 4 per dag eet nie en dan mag ek GEEN ander oranjelyskosse eet vir die dag nie.
Ek het 125 ml botter gevat, maar dis baie botterig. Dis hoekom ek dit nou na 100 ml verminder het.
Groete
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad.
Sjoe dit lyk heerlik Toortsie!
Ek gaan dit beslis bietjie maak, dankie vir die resep!
LikeLike
Dit was nou die heel eerste keer wat ek dit maak. Erg botterig, so ek het nou minder botter voorgestel. Ek sit niks daarop nie, maar as ‘n mens dit vir ander bedien kan jy dalk room opsit?
LikeLiked by 1 person
Oe ek dink my seuns gaan dit sommer baie geniet!
LikeLike
Klink en lyk lekker. Goed jy toets dit sodat jy kan aanpas. Room met muffins klink heerlik.
LikeLike
So probeer en toets en pas ek maar aan tot dit vir my lekker is. Ek hoop die ander hou ook daarvan.
LikeLike
Dankie vir die resep!
LikeLiked by 1 person
Hoop jy geniet dit.
LikeLiked by 1 person
Lyk lekker! Soos jy nou seker al weet, kry mens nie die vreemde bestanddele soos bv die amandelmeel, geredelik hier in Lagos nie……(somtyds nie eens gewone meel nie….). So, toe ek nou in Engeland was, en ek sien “plain white flour” wat “gluten free” is, koop ek sommer dadelik! Nie vir myself nie, maar ‘n lid van ons Bybelstudie is gluten onverdraagsaam (intolerant)….
LikeLike
Ek maak nie so baie goed met amandelmeel nie, so ek koop pakkies van 100 g en maal dit maar soos benodig. Ja, vreemde goed is seker skaars. 🙂
LikeLiked by 1 person
Mmm – wens ons kon almal by jou kom tee drink …
LikeLike
Ja! Bring eetgoed saam! 🙂 xx
LikeLike
Soos ek nou hier sit maak die foto van die muffins my so honger. Gaan nou post toasties eet…. ja post toasties….. ons eet eers veel later, en wanneer ek so honger tussenin raak, eet ek pap.
LikeLike
Geniet dit!
LikeLike
Klaar geeët, terwyl ek hier op die stoep sit en oor die see uitkyk 🙂
LikeLike
Dit klink tog te lekker.
LikeLike
Ek het natuurlik my volla kwota vir die dag in.
LikeLike
Piesang is op die oranje lys, ne!
Oral gons dit nou ” Tim Noakes se verhoor voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika ” ai tog mense wat nog nie eers Banting probeer het nie maar n problem daarmee het gee my n pyn.
LikeLike