Ek is ‘n voorheen begunstigde

Ek is ‘n voorheen begunstigde, een wie voorregte gehad het wat ander nie het nie.

Ja, ek hét voorregte geniet in ‘n bedeling waar sekere mense bó ander bevoordeel was. In my skoolloopbaan het ek elke dag skooltoe gegaan. As ek reg onthou, was ek in my hele laerskoolloopbaan maksimum 5 dae afwesig, omdat ek siek was. In my hoërskoolloopbaan het ek elke jaar ‘n seël gekry vir 100 % skoolbywoning. Ons het skool bygewoon van die dag wat die skool begin, tot die dag wat dit amptelik sluit. Op ‘n baie jong ouderdom moes ek alreeds in ‘n koshuis bly om skool te kon bywoon.

Ek was ook bevoorreg om aan ‘n universiteit te studeer, waar ek kan onthou dat ek in my hele universiteitsloopbaan 3 klasse gebank het. Een was om Blue Lagoon te gaan kyk, een was om vir ‘n wax te gaan ter wille van my niggie wat eksamen skryf en een keer het ek tydens die pouse tussen twee periodes, die klas verlaat.

In my bevoorregte dae het ons gereeld toetse en eksamens geskryf en die punte wat op my rapport verskyn het, was ware punte, nie punte wat aangepas was nie. Het ek mooi geleer, was die punte mooi, was ek lui, was my punte daarvolgens.

Ek was gelukkig genoeg om met ‘n onderwysbeurs te kon studeer, maar toe ek ná ‘n jaar nie meer verder skoolgehou het nie, het ek die uitstaande beursverpligtinge nagekom en dit betaal. Ek het nie in strate amok gemaak en ge-eis dat dit afgegee moes word nie, ek het nie geboue afgebrand en dan nog méér ge-eis nie, ek het ander mense se goed en tyd en studies gerespekteer.

Ja, ek was bevoorreg, ja ek hét geleenthede gehad wat ander nie gehad het nie, maar ek het die geleenthede met beide hande aangegryp en mý deel gedoen om ‘n sukses te maak. Ek het nie handjies gevou gesit en verwag dat alles vir my op skinkborde aangedra word en dan nog steeds, as ek my sin kry, nog meer ge-eis nie.

Vir wie ek vandag regtig jammer kry, is die derduisende oulike studente, mense wat regtig hul kant bring en goeie punte verdien, wat oor dieselfde nare kam geskeer word.

Vir die jongmense van vandag wil ek aanmoedig: Gebruik die geleenthede wat oor jou pad kom. Word bouers, nie brekers nie en waar dinge dalk nie so gemaklik is nie, maak die beste daarvan. Daardeur groei jy, word jy sterker en sal jy, voor jy jou oë uitvee, die vrugte begin pluk waarvoor jy so hard gewerk het.

Kom ons weerhou onsself om in die kommentare by hierdie bloginskrywing afbrekend te raak.

Groete
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe, Motivering en Bemoediging, Opheffingswerk; Opvoeding. Bookmark the permalink.

14 Responses to Ek is ‘n voorheen begunstigde

  1. Ek was in my dae veral in hoërskool onder die minder gegoedes maar het steeds die voorreg gehad om te kon skoolgaan en te studeer mbv n lening wat ek terugbetaal het. Dit is so jammer dat jingmense so swaar moet kry om te kan leer. Dis n stremming op die kinders se gemoed om so te studeer. Ek haal my hoed af vir die wat wel aanhou. Daar is tog wel geleentheid om te kan verbeter al is dit dan op n klein skaal.

    Like

  2. Ek het ook so grootgeword. Ek was in die bevoorregte posisie dat my ouers my universiteitsopleiding van 5 jaar kon finansier en dat ek in my laaste twee jaar beurse gehad het wat natuurlik baie gehelp het. Deesdae egter is daar duisende voornemende studente wie se ouers om daaglikse oorlewing veg en geen bydrae kan maak vir hul kinders se opvoeding nie. Ek kan verstaan dat hul frustrasie kookpunt bereik het. Ek ondersteun die protes vir gratis tersiêre onderrig, die regering het dit immers al lank gelede belowe. Die wyse waarop die protes egter later uitgerafel het in pure barbaarse geweld betreur ek ten sterkste, veral as mens dink dat hierdie studente die leiers van die toekoms gaan wees. Mens hoop dat daar besinning sal kom, maar ek is bevrees dat daar nog veel erger protes sal kom van uit die geledere van die miljoene werkloses in die land.

    Liked by 2 people

  3. Danke wünsche eine gute Woche lieber Gruß Gislinde

    Like

  4. Net Ek sê:

    Ek verstaan ook die frustrasie van die students, maar ek kan nie help om te wonder of enige een van my drie seuns ook gratis kan gaan studeer nie? Ek glo nie.

    En ja, ek is seker ook ‘n “voorheen begunstigde”, my ma het my maniere en respek vir ander mense en hulle tyd en goed geleer.

    Like

    • Toortsie sê:

      Wat ek probeer sê met hierdie storie, en jou opmerking wys my jy verstaan dit, is dat, saam met die voorheen begunstiging en die voorregte wat daarmee saamgekom het, het ook VERANTWOORDELIKHEDE gekom. Dit is nie op ‘n skinkbord aangedra nie, ons moes ook maar werk daarvoor.
      Ja ek besef ook die frustrasie.

      Liked by 2 people

  5. Ja, daar is nie meer waardering en respekte nie.

    Like

  6. Senings sê:

    Bevoordeling, myns insiens, is besmet met persepsies, oordele en vooroordele wat tot ‘n groot mate deur jaloesie gedefiniëer word. Ek kan natuurlik vanuit my “heupskiet” posisie my bevoordeling sodanig borduur dat sarkastiese satires en ironiese moedswilligheid lynreg teenoor mekaar stelling inneem om my òf as slagoffer òf oordrewe bederf te projekteer. Die kleur van die borduurgare hang natuurlik tot ‘n groot mate af van my posisie en doel met my argument, wat hierdie soort debatte vrugteloos kan laat woed sonder dat iemand ooit daarin slaag om as “wenner” daaruit te strompel. My veglustige gemoed oortuig egter dat my bevoordeling soveel verantwoordelikhede in my knapsak ingeprop het dat ek hierdie voordele as onwillige martelaar ervaar. Hierdie putatiewe bevoordeling het vir my ‘n magdom verantwoordelikhede geskep waaraan ek vandag kreunend saamsleep. Terselfdertyd het dit vir andere regte geskep waarteen ek myself deurentyd moet verdedig en verontskuldig – weens my verwaantheid om hierdie verantwoordelikhede te aanvaar.
    Ek het ook die voorreg gesmaak om aan ‘n Universiteit te studeer en was verwaand genoeg om dit deeltyds te doen en self daarvoor te betaal omdat my ouers verwaand genoeg was om te arm te wees om dit te kon bekostig. My verwaandheid het ook gestalte gekry met dié dat ek maar effe aan die onnossel kant is en deurgaans hard moes werk vir slaagpunte om my grade te verwerf. En ek was so verwaand om nie voorregte as regte te misplaas en myself dienooreenkomstig te oortuig en op te tree nie. Synde verlore tussen die uiterste pole van verwaand en onnossel, het ek ook ‘n onregmatige sin vir natuurlike geregtigheid ontwikkel, wat die basis is vir die sotlikheid om my siening hier te lug…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s