Om iets te begin

Om iets te begin is vir baie mense elke keer ‘n groot uitdaging. Soveel van ons het oulike planne, wil dalk ‘n blog begin, het ‘n fantastiese idee, maar gee nooit die eerste tree nie, om verskillende redes. Bang vir mislukking, bang vir sukses, die kostes is dalk te hoog, wat nog alles.

Ek het die simpelste rede hoekom ek baie keer nie deurdruk met iets nie. Reg, tyd is ook een van my redes, maar ek, wat my kamstig nie steur aan wat ander mense gaan sê nie, steur my die meeste van als daaraan. ‘Wat gaan xx sê’, het amper gemaak dat ek nie deurgedruk het met my boek nie! Die beste van alles is, hy sal dalk nooit eers weet van die boek nie, en ás hy dan daarvan weet, wat daarvan? Wat daarvan as hy iets daaroor te sê het, positief of negatief? Tannie Mags het altyd gesê, “wie verbyloop sien dit nie, wie staan en kyk, traak dit nie.” Dis eintlik mos my lewensfilosofie ook.

Verskeie boeke en artikels wat ek lees, beklemtoon die effek van netwerk bou. Jy het ‘n Facebookblad, blog, Pinterest, Instagram, Twitter, ens., wat almal mekaar ondersteun. Ek het twee faceboekblaaie in my netwerk, Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad, en Toortsie se Bantingboerekos. Elke keer, voor ek dit begin het, was die gedagte, ‘wat sal y of z daarvan dink? Sal hul nie dink ek is simpel of eenvoudig nie?’ Elke keer het sulke gedagtes my amper laat skipbreuk ly.

Daar is een prentjie wat mense graag op fb sirkuleer, van ‘n tonnelgrawer wat net voor die laaste tree moed verloor en omdraai. Die man met die hoed skryf vandag op sy fb blad dat elke ding wat ‘n mens bereik, die resultaat is van die vermenigvuldiging van ‘n klomp ene. Een sekond, een minuut, een dag, een tree, een poging.

Daardie eerste tree. So amper het ek nie die boerekos fb blad begin nie. Wat ‘n fout sou dit nie wees nie! Dit groei daagliks, in ene, nie miljuisende nie en wat my die meeste aanmoediging gee is die wonderlike, positiewe opmerkings wat wildvreemde mense, mense wat ek nog nooit van gehoor of gesien het nie. Net soos die aanmoediging wat ek van my blogmaats kry. Een aand is ek weer ‘n bietjie angstig omdat my boek nie vir chefs van formaat geskryf is nie, maar vir gewone huismense met gewone kombuise, nes ek. Toe ek by my rekenaar kom, is daar ‘n boodskap van iemand wat asseblief die boek wil hê, juis omdat dit vir gewone huise geskryf is.

Gee daardie eerste tree! Doen daardie ding wat jy nog altyd wou doen.

Groetnis
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe, Motivering en Bemoediging and tagged , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Om iets te begin

  1. katrina sê:

    Wyse raad! ‘n Mens dink dikwels jy kan nie iets doen nie, net tot jy begin en dan staan jy amper half verwonderd oor waartoe jy in staat is wanneer jy eers begin het. Wel gedaan. PS. Laat weet ons waar en hoe om die boek in die hande te kry?

    Like

  2. Aanhouer wen, is nog altyd goeie raad.

    Like

  3. Ek moet darem ook sê jy is baie geliefd en dit maak ‘n groot verskil!

    Like

  4. Kameel sê:

    Dit is diepwater inspring en ‘n mens moet maar deur al daardie vrese veg om die sprong te waag. Bly jy het jou reuse oorwin en deurgedruk!!!

    Like

  5. Dis ware woorde. Net om deur te druk na die volgende tree maak alles op die einde die moeite werd. So groei mens. Pragtig hoor!

    Like

  6. Olga sê:

    Is inderdaad so. Ek sien altyd op na die daaglikse kooksessie. Maar as ek eers weet wat ek gaan koop, is die res kinderspeletjies. Ook net die eerste treetjies.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s