Wat is die beste stresontlanding?

Amore Bekker vra nou die dag op RSG wat die beste stresontlading is. My eerste reaksie? Stiltetyd. Tyd spandeer saam met God. Natuurlik is dit nie die “wetenskaplike” antwoord nie, die een wat sy in gedagte gehad het nie.

Dis mos darem baie opmerklik dat RSG deesdae intergeloof is, so bang om ‘n sekere geloof aanstoot te gee, wat natuurlik reg is. Hulle het luisteraars vanoor die hele spektrum. En ja, “bybelversies” het ‘n vloekwoord geword omdat soveel mense op die inbelprogramme bybelversies amper misbruik het en, dink ek, selfs soms meer skade as goed bedoel het. Ek weet dat baie van die omroepers Christene is en ek bedoel nie hiermee om enige omroeper te ná te kom nie.

Die antwoord was: “Haal diep asem.” Ek was in my motor toe die antwoord kom, in woeste verkeer op Sir Lowrey’spas. en ek het asem gehaal, en asem gehaal. Diep. Amper aan die slaap geraak as gevolg van ‘n oormaat suurstof! 🙂

Ek was so bly toe ek Die Lewegewer se bloginskrywing sien. The Stress killer – The Answer. Dis ook my antwoord: Gebed. Gee dit vir die Here. Net daar waar ek is, tussen mense, of alleen, in my gedagtes, stil, niemand anders weet eers ek praat met my God nie! Of, as ek so sou voel, op my knieë voor my bed. Ek en God alleen, waar ek vir Hom my grootste angs, my grootste stres, my grootste vrees kan gee. Saam met dit, soos ek al soveel keer gesê het, ‘n goeie stiltetyd. Lank, waar ek rustig met Hom verkeer, uit Sy woord lees, selfs ‘n lied tot Sy eer sing, in die Bybel self lees sodat ek God se eie woord kan hoor. Ek belowe, elke keer voel ek beter daarná.

Soms, in erge gevalle, gebeur dit dalk dat die stres binne 10 minute weer terugkeer. Wat maak ek dan? Ek gee dit maar WEER vir Hom, en weer, en weer. Dis regtig al antwoord wat ek het. Die diep asemhaling kan beslis help, vir die oomblik, dis goed vir ons, ons het die suurstof nodig, maar my antwoord vir die lange duur, is tyd spandeer saam met God. Dis my enigste antwoord. Ek weet dit werk, uit ondervinding weet ek dit.

Sterkte. Mag jy ook jou anker in God vind. Dis die heel beste plek. Probeer dit! Gebed en stiltetyd verrig wondere. Soos Amore gesê het, die antwoord is só eenvoudig, binne bereik. Ons moet dit net gebruik.

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

7 Responses to Wat is die beste stresontlanding?

  1. Kameel sê:

    Binne my woel dit al vir dae…. ‘n storm is aan die broei. Hoekom? Ons kuier al twee weke by ons seun en sy gesin in Shelly Beach…. die weer keer ons almal binne die huis vas. Daar is nie stilte nie…. my stiltyd bly in die slag…. en ek voel die gevolg daarvan. Diep asemhaal gaan nie die ding hier doen nie.

    Like

  2. Vroeg soggens, voor sonop, is die eniste tyd wat die wind ons nie Moerlandspan toe waai nie. Terwyl my twee kinders al met die waterlyn langs die vistokke en lepels “spin”, stap ek en Genis agter hulle aan op die strand. Ons praat nie met mekaar nie, luister net hoe die branders klap, maar net daardie halfuurtjie se ontspanning kry ons deur ‘n stresvolle dag.

    Like

  3. seegogga sê:

    Dis al wat regtig werk: gebed en vertroue.

    Like

  4. Ek dink ons is eintlik so bevoorreg om hierdie goud-van-gebed te kon ontdek het! Wat ‘n voorreg. Om een te word met God, is om een te word met jouself, en net weer perspektief te vind in die lewe.

    Mag ons hierdie juweel altyd koester! Oulik geskryf. Ek stem ook saam met Hester dat die natuur ‘n groot sielgeneser is. Vernaam as jy nog die Skepper ook daarin sien! Wat kan ons meer vra … ons het alles.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s