In opdrag van Scrapydo.
Ek het ‘n deurmekaar tuin. Ek is glad nie ‘n tuinier nie. My tuin is totaal oorgroei, die goed staan deurmekaar en ek weet glad nie hoe om dit reg te maak nie.
Dit word natgemaak met miswater wat eers deur die melkstal gevoed was en nou uit die voerkrale as daar wel skape vir afronding in is. Dis hoe ek dit verstaan. Hersirkulasie van gebruikte water.
Inkalelies groei in oorvloed, voluit, die hele tuin vol. Op die oomblik kom ek net nie daarby nie, maar my gebruik was altyd dat wanneer hulle begin blom, ek sommer so 8 bosse Inkas in ‘n emmer met water saamneem dorp toe en as die Here sekere mense oor my pad bring, ‘n bos blomne in hulle hand druk. Ek sou nooit vooraf weet wie die blomme kry nie. Partykeer is dit sommer vir almal wat in die ouetehuis in die voorportaal sit, ‘n ander keer loop ek iemand raak en voel die persoon het blomme nodig. Dit bring my oneindige vreugde.
Menige mense wat oor my motorhek ry in Inkatyd, gaan met bosse vol Inkas terug. Nou die aand het ek in die donker vir iemand ‘n bos gepluk, ek het nie ‘n idee hoe die blomme lyk nie!
Deesdae is ek lui. In plaas van hoeveel potte inkas orals in my huis neersit, sit die tuinman sommer ‘n emmer vol by my voordeur.
Inkas is deurmekaar blomme wat hou van ‘n deurmekaar tuin, wat, hoe meer jy hul pluk en uitdeel, meer blomme gee om uit te deel.
Inkalelies laat my verlang na my liewe skoonma…Jou blomme moes al ongelooflik baie vreugde in mense se harte gebring het!
LikeLike
Ook in my eie! Dit bring mos meer vreugde om te gee as om te ontvang. Die opregte vreugde in mense se oë as ek vir hulle ‘n bos inkas gee is groot beloning.
LikeLiked by 1 person
My oorlede broer het ook baie inkas in sy tuin gehad en ook die wêreld vol uitgedeel.
LikeLike
Jou tuin is lieflik, en daai inka-lelies beeldskoon, Toortsie!
LikeLike
Dankie, iemand het een keer gesê Inkas is ‘slordige blomme’. Oh well … 🙂
LikeLike
Dis pragtig….. wens ek kon elke week ‘n potvol op my “skaaktafeltjie,” sit.
LikeLike
Ek wens ek kon vir jou stuur. Hierdie tyd van die jaar hou dit 2 weke.
LikeLiked by 1 person
mooi. ek houu ook v deurmekaar. op d oomblik is di onkruid ongelukkig bynameer as d plante, maar eendag sal ek dit seker kan omkeer.
LikeLike
Ek is mal oor Inca lelies. Dink op die stadium het ek net vyf kleure. Ek het mos al gese na al die gesukkel om tuis te kon kry in die bos, het ek maar skraps plante uitgehaal om in die dorp te kom plant. Moet wees omdat hulle “slordige” plante is,dat ek so mal oor hulle is.
LikeLike
Ek het ook seker so 4 of 5 kleure. Myne is al so deurmekaar.
LikeLike
Oe, inkalelies was altyd my gunsteling blom toe ek jonger was. En ek is mal oor ‘n deurmekaar tuin. Diere bly soveel lekkerder so 😉
ps. ek het my ou blog delete, so half perongeluk, half nie … i.e.g. gedag ek los dit eers, maar ek het dit gemis. nou’s ek terug!
LikeLike
Goed om te hoor. Sal gaan loer.
LikeLike
Jy sal nuwe adres moet gee.
LikeLike
https://swartbeltvirdiere.wordpress.com/
LikeLike
Die pluk van blomme is ook baie terapeuties. Ek hou van n deurmekaar tuin. Die inkas is darem sulke gewillige blomme. Hul bring ook vir jou menslike (blom)plesier as mene so bly is om dit te ontvang. Pragtig hoor. Dankie vir deelneem ook.
LikeLike
Ooh jy is bederf met hulle! Eerste bos blomme wat ek van ‘n boyfriend af gekry het was Inkalelies, dit was JARE terug. Jou tuin is mooi groen en darem nie droog en leeg nie… al is hy volgens jou totaal oorgroei
LikeLike
Dankie, en dit van afvalwater!
LikeLike