Blomtyd

Scrapydo se toeka-tokkel: Blomtyd

Die kleinerige erf met sy oorvloed blomme is wat ek van my kindertyd onthou.  Die papawers in die hoek by die stoep was vir my die mooiste mooi.  Die Stokrose langer as ek, die pronkertjies prentjiemooi in hulle Josefskleed kleure.  Die klein grasperk tussen die verskillende blomme was die plek vir my “akrobatiese” bedrywigheid.  Van kleintyd af het ek gedurig op my kop gestaan, op my hande geloop, bollemakiese geslaan, of wawiele gedoen.

So tussen blomme deur word ek groot, en verlaat die huis.  Ek en Ken trek in ‘n duplex woonstel, met ‘n haarbreedte stukkie grond vir ‘n tuin in.  Van tuinmaak weet ek niks, maar ek koop ‘n pakkie Afrikanersaad en strooi dit in die bedding teen die muur.  Blomtyd is dit die ene oranje, en ek is heel trots op my poging tot kleur.  Ken bekyk die blomme so en sê heel droog, “Asof dit nie genoeg is dat ek met ‘n Afrikaner getroud is, en deur Afrikaner skoonfamilie omring word nie, plant jy nog Afrikaners in die tuin ook…. kon jy nie iets Engels plant nie?”  “Soos Kakiebos” wil ek heel onskuldig weet, en maak daarmee sy mond stil.

Ons laat ‘n huis bou, en maak naweke tuin. Net toe die tuin standvastig begin raak, en as beloning pragtige blomme vir die oog voortbring, trek ons tussen die mielielande in.  Diè huis staan op ‘n stuk grond oortrek met kakiebos; nie ‘n mooi gesig nie.  Die taak van tuinmaak begin weer van vooraf.  By nou is ek ‘n ywerige tuinier.  Van vroeg tot laat is ek in die tuin, en wanneer Ken by die huis is val hy saam in.  Blomtyd, en die tuin is ‘n lus vir die oog.  Motoriste stop en komplimênteer ons met die mooi tuin. Maar dit gaan oor veel meer as dit; die satisfaksie om iets onder jou hande te sien vorm aanneem, en die skoonheid wat dit voortbring, is vreugde onbesskryflik groot.

Die huis word te klein vir die skielike vermeerdering van kinders, en ons trek in die pastorie met ‘n gevestigde tuin in.  Mevrou dominee se tuin is mooi, maar heel anders as waaraan ek gewoond is.  Geharde struike, waarvan net die een struik in die lente blom; en een enkele amarilla wat vir ‘n paar dae in die jaar vir kleur sorg.  Kinders neem nou my tyd in beslag, en tuinwerk word ‘n herinnering van dit wat was.

20150928_081024Een en twintig jaar nadat ons tussen die mielielande ingetrek het, trek ons stad toe.  Die huis is nuutgebou op rotsagtige grond. Om self pik en graaf te vat kan ek nie meer nie, dus kry ek tuinhulp.  Met veel gesukkel en baie foute laat ek teen ‘n helling tuinmaak.  Uiteindelik begin die tuin na tuin lyk – my prentjie van a “English country garden,” bly net ‘n fantasie.  Ek maak vrede met die paar weke van blomtyd ‘n jaar wanneer hierdie mooi prentjie my in die oggende begroet.  Die res van die jaar moet die Icebergs hulself bewys.

 

 

 

 

 

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag...., Uncategorized. Bookmark the permalink.

14 Responses to Blomtyd

  1. Olga sê:

    Stokrose. Ai, ek soek al so lank na “Hollyhocks” en kon nerens kry nie. Toe ons getrek en ek my groente tuintjie aangele het, het daar een plantjie tussen die wortels opgekom. Ek moes net mooi keer as ek die slag ‘n outjie kry om in die tuin te spit. Helaas, toe dit begin blom, het ek dadelik agtergekom dis gn “hollyhock” nie. Het die ander dag by die OTK ‘n pakkie saadjies gekoop. Daar het hordes van elke vervaardiger gepryk. Nou dat ek saad gekry het,hang elke winkel skielik vol daarvan. Maar nou weet ek darem weer hulle Afrikaanse naam is “Stokroos.”

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Toe ek so skryf oot my tuin, kom jjou liefde vir tuinmaak kort-kort by my op. Bly jy het jou stokrose gekry; ek sien nie meer kans vir “annuals” nie….. te veel werk aan so ‘n tuin. Jy kan gerus vir ons ‘n foto opsit as jou tuin in blom is. Is jy nou gevestig in nuwe plek en bly jy lekker?

      Like

  2. Die herinnering is darem rerig lekker. Ek sien die bollemakiesies en handstande in my gedagte. Daardie tyd was dit die in ding. Klink tog of jy darem gereeld bietjie blomme gehad het. Dit beur n mens tog maar lekker op. Dankie vir die deelneem.

    Like

  3. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 48 : Sopkombuis | I scrap 2

  4. Toortsie sê:

    My ma het altyd so ‘n pragtige, goed beplande tuin gehad. ‘n Lushof. Ek bewonder mense met mooi tuine. Dit vra ure se harde werk. Ure dae weke maande jare.

    Like

  5. Aanhouer wen. Welgedaan dat jy elke keer in ‘n nuwe tuin weer ingespring en hard gewerk het. Ek stem saam – dis baie bevredigend om die resultaat van ‘n mens se arbeid te sien en as jy hard gewerk het daarvoor waardeer jy dit nog meer. Ek is seker die mense wat na julle ingetrek het in die verskillende huise waardeer ook die mooi tuine wat jy gemaak het.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s