Sondag op ‘n voëlplaas

Sondag op ‘n voëlplaas deur Johan Nell is die verhaal van ‘n jong seun wat op hul plaas in Outshoorn se distrik grootword. Stilweg droom hy van meer, van Parys, van boeke …

Die noodlot stuur hom egter op ander paaie, tot op ‘n dag wat hy besef hy moet sy wortels gaan opsoek en antwoorde vind.

In die proses ontdek hy weer sy ware self, besef hy dat hy uniek is en dinge nie noodwendig doen soos wat almal dit doen nie en vind vrede. Vrede in homself. Skielik, toe hy vrede met die verlede maak, kon hy goeie toekomsbesluite neem.

Wat ‘n wonderlike plek om te wees, daar waar jy met jou diepste self kontak maak, vrede maak met wie jy is en dit begin geniet. Waar is jy?  Is jy die persoon wie jou diepste wese wil hê jy moet wees, of is jy ‘n kloon van wat jy dink jy behoort te wees, van iemand wat jy dink ander mense gaan hou, iemand wat nie jy is nie?

Onthou altyd: Slegs jy kan die beste jy wees.

Ek het die boek baie geniet.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

6 Responses to Sondag op ‘n voëlplaas

  1. seegogga sê:

    Dankie vir jou oulike boekbesprekings

    Like

  2. Ja – en so baie van ons verloor onsself in die gejaag van hierdie wêreld. Iemand het eendag genoem dat as ons voor die Here moet staan Hy net sal vra: “Was jy, jy?

    Like

  3. Klink na ‘n lekker boek!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s