Spekboom

20151113_080236[1]

Die Spekboom (Portulacaria afra) fasineer my nogals. By my voordeur staan ‘n boompie wat die vorige eienaars nog geplant het. Hier staan nogals op ‘n hele paar plekke spekbome. My man heg baie waarde daaraan, want sy tannie het jare gelede in hierdie selfde huis gewoon en sy het ook uit die Klein Karoo gekom. Dit móét sy wees wat dit hier kom plant het.

Spekbome word deur die kenners baie hoog aangeslaan. Dis blykbaar die boom wat, volgens die hoeveelheid water wat hy gebruik, die meeste koolstofdioksied uit die lug opneem. Dis nou van alle plante in die wêreld. Lees ‘n bietjie hierdie baie oulike artikel.

Die spekboom oorleef beter in die droër gebiede en deesdae sien ‘n mens op baie plekke spanne mense wat besig is om spekbome te plant, sommer ‘n hele gebied vol. Daar ís die belofte van vergoeding wat jy kan ontvang vir die koolstofdioksied wat jou spekbome uit die atmosfeer verwyder ($50/ha glo). Hoe ver dit al gevorder is, weet ek nie. Volgens Anthony Mills, die skrywer van die artikel, is dit ‘n werklikheid, maar baie moeilik om daarby in te kom. Dit móét waar wees, want as ek dink hoe sekere innoverende mense wat ek ken, spekbome aanplant, daar ‘n rede voor móét wees. Dalk is hulle sommer net lief vir die natuur! Mills skryf dat deur spekboomwoude te plant, selfs die toestand van riviere sal verbeter, en nóg ander goeie gevolge. Ongelukkig moet daar omtrent ‘n miljoen hektaar onder spekbome geplant word om werklik ‘n verskil te maak. Die hoop is dat daar dalk later spekboomboere sal wees, wat, in plaas van met boerboekke, met spekbome en koostofdioksiedvermindering gaan boer! Blykbaar, volgens Mills, het spekbome die besonderse eienskap dat hulle in droogtetye hulle ratte verwissel en snags koolstofdioksied onttrek, anders as die meeste ander plante.

Ek hoor nou die dag iemand gooi van die ronde blaartjies in hulle slaai, op ‘n ander artikel lees ek dis ook lekker in sop. In hierdie artikel het ek nogals baie oulike raad gekry, wat ekself dalk gaan volg: “Die jong blaartjies van die spekboom kan in die somer gebruik word in slaaie saam met tamaties en komkommer. Dit gee ‘n wonderlike tipe suurlemoen smaak aan die dis. Laat-herfs verkleur die blare en moet hulle bietjie gekook word om aan vleis en groentedisse dié kenmerkende smaak te gee. Wat wonderlik is, is dat spekboom enige dis lig en smaaklik maak. Glad nie swaar, of op enige manier onverteerbaar nie. Dis nou winter so ons gebruik dit in ‘n lensiebredie met skaap gemaak. Mens kan die stam sowel as die blare gebruik. Ek het maar gehou by die blaartjies om mee te begin.

Spekbome groei maklik. Die geskenkie wat ‘n bruidspaar een keer by hul troue uitgedeel het, was ‘n spekboompie in ‘n blikkie geplant. Kry vir jou ‘n steggie, of nog makliker, kyk onder op die grond is baie nuwe uitgroeisels met worteltjies aan. Kom ons help die natuur, of bring iets nuuts in ons kos. 🙂

Mooi dag

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

Advertisements

26 thoughts on “Spekboom

    1. Hier by ons word hy nie so groot nie, dis maar ‘n struik. Dit kan blykbaar tot 5 meter hoog word en in die Oos-Kaap word dit ‘n ondeurdringbare bos.
      Ek het jare gelede iewers gelees dat olifante mal is hieroor, en dat hulle wel skade doen deur die bome te breek, maar aansienlik minder skade as wat bv boerbokke doen. Ek dink hulle vertrap die grond meer en vreet van onder af? Weet nie.

      Like

  1. Interessant,behalwe die CO2 gedeelte,waarmee mens geld kan maak.Dit bly vir my onverstaanbaar.Die groter prentjie van herstel van die omgewing en die ommekeer van woestyn na waterryker gebiede van vroeër,maak my baie opgewonde.

    Liked by 1 person

        1. Jy moet daardie berig gaan lees wat ek getag het. Dis een of ander organisasie in Amerika. Of hulle al betaal, weet ek nie. Ek dink jy sal baie hektare onder digte spekbome moet hê voor jy kan kwalifiseer. Ek het hierdie storie al ‘n paar keer gehoor, so daar moet sowaar iets in steek.

          Liked by 1 person

  2. Ek is gek oor spekbome, het hier in Pretoria een struik en n hele klomp stiggies wat ek vertroetel. Nog nooit daaraan gedink om dit te eet nie, maar wild en vee het beslis ook n voorliefde daarvoor. Dalk moet ek gaan uitvind hou hy proe…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s