Kinderstories ‘n groot liefde

Toeka-tokkel: Kinderstories

Waar ek van Rooikappie, Die drie varkies, Jakkals en Wolf, en dies meer gehoor het, weet ek nie.  Dit is asof ek dit maar net altyd geken het.  My ma het nie vir ons storieboeke gelees nie; wat sy wel gedoen het was om vir my die twee volumes van Oom At se Slaaptydstories te koop, sodat ek dit self kon lees.  Daardie twee dik boeke was my bybel.  Ek het die stories daarin oor, en oor gelees.  Elke storie het natuurlik ‘n lewensles gehad waarvan ek party vandag nog onthou.

Soos ek voorheen geskryf het, was vakansietyd op die plaas my eintlike storietyd.  My oupa, en ouma was bobaas storievertellers.  Feëtjies, en dwergies het net op die plaas in Betsjoeanaland (Botswana) gebly.  Wanneer die maan vol was het hulle in die maanligstrale op die groot kombuistafel gedans, en van die mooi krale wat ek vir hulle uitgesit het gevat.  Toe my maats kleiner was kon hulle nie wag dat ek van die plaas af terugkom om te hoor wat die feëtjies nou weer aangevang het nie.  Hulle belangstelling het al lankal gekwyn – en na seuns toe gedraai – toe lewe ek nog in my wêreld van fantasie.  Ek het uit my slaap wakkergeskrik die dag toe Rika vir my vertel het hoe babas rêgtig gemaak word.

Ek het vir my kinders die ou kinderstorietjies vertel, maar die lekkerste tye saam was voor die tv.  Met ‘n groot bak springmielies op elkeen se skoot, het ons Heidi, Niels Horgensohn (spelling – google wou nie hier help nie) gesit en kyk.  Ek wonder werklik wie het dit meer geniet, ek en Ken, of die kinders?  Dit was heerlike familietye saam.  Net Pinocchio is uit ons huis verban toe die kleiner kinders sy “tantrums” begin gooi het.

Met my kleinkinders op die erf het ek Ice Age, The Lion King, Cars, ens hoeveel keer gesien, en dit elke keer geniet.  Eerlik gesê, ek geniet animasie stories meer as die flieke wat vir volwassenes gemaak word.  Laas toe ons in Shelly Beach gekuier het, is ons met ‘n klomp stories van Shaun the Sheep huistoe.  Die vier kleinkinders is aan Shaun voorgestel, en die storietjies is van vroeg tot laat gekyk.  Ons kleinseun – wat volgende jaar hoërskool toe gaan – kan nogsteeds nie die versoeking weerstaan om te kom kyk wanneer hy Shaun hoor nie.

Hoe die volgende geslag kinders hulle kinderstories gaan hoor of sien weet ek nie.  Maar kinderstories sal daar seker altyd wees om oud en jonk te vermaak.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

19 Responses to Kinderstories ‘n groot liefde

  1. Lekker gelees soos dankie!

    Like

  2. nowathome sê:

    ek het ook Oom At se boeke gehad!

    Like

  3. Ek hoop nie dat sprokies regtig verlore gaan nie. Ons as “Oumas” moet maar die stories bly vertel sodat die liefde voort gaan. Daardie eerste TV kinderprogramme was vir my as volwassene netso lekker. Ek het spesiaal naweke by my suster in Naboom gaan kuier wanneer dit ooptyd en storietyd was. (Half uur se ry van Potties om daar te kom. Ek het nie n TV gehad nie!)

    Like

  4. My niggies het Oom Attie se Slaaptydstories gehad en ek onthou hoe jaloers ek op hulle was!Ek het grootgeword op Grimm en Hans Andersen en onthou hoe meegevoer ek was.Dankie hiervoor.Jy het my vêr teruggevat!

    Like

  5. Ek het Heidi en daai stories net so geniet. My ouers het vir my die Heidi boek present gegee op ‘n stadium, en toe ek ‘n bietjie ouer was Soekie. Dis vir my hartseer dat my kinders nie baie goed Afrikaans lees nie. Net een van hulle probeer regtig maar ek werk maar aan die ander want ek wil nie hê dit moet verlore gaan nie. Ten minste praat hulle dit darem vlot.

    Like

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 47 : Blomtyd | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s