Toortsie se Toeka Tokkel oor Toneelspelers

Ek is só deurmekaar met my dae, laat ek hierdie geskryf kry voor ek weer te laat is! Verlede week het ek gedink Scrapydo is ‘n dag te vroeg, tot ek die volgende dag agtergekom het dat ek die hele week nog ‘n dag agter was!

Scrapydo sê ons moet oor toneelspelers skryf.

Soms vra mense vir my of ek ooit drama oorweeg het. Dis nou as ek in die gewone gesels ‘n storie vertel. Nee, ek het nie. Sodra ek agterkom mense kyk vir my, of hoe ek dit vertel, sodra iemand ‘n opmerking daaroor maak, raak ek selfbewus en dan is dit verby.

My ma het so gehoop die skool bied ‘n operette aan sodat ek daarin kon sing, toe gebeur dit die jaar wat ek alreeds uit die skool was. Dit was die laerskool. Wat in elk geval met elke konsert gebeur het skooldae, was dat ek die klavier moes bespeel. Ander kinders het toneel gespeel.

Ek kan nie meer onthou in watter standerd ek was nie. Dit was taalfees en ons skool het natuurlik ook taalfeesvieringe gehad. Daar was ‘n item waarin iemand ‘n gedig voorgelees het, watter gedig weet ek natuurlik nie. Dié gedig gaan oor waarvandaan almal gekom het wat ons taal gevorm het. Uit Holland het die … en uit Frankryk, en Duitsland, waar nog orals. Ek, Toortsie, het Frankryk verteenwoordig. Ek het my pragtige blou lang aandrok aangehad. Wanneer Uit Frankryk dan genoem word, kom ek van agter die saal aangeloop tot voor. Net voor ek moet loop, sit die juffrou ‘n spierwit pruik op my kop, soos die mense in die howe gedra het in die ou tyd. Ek, met baie gutz, maak my verskyning van agter die saal. Die saal is in chaos. Die mense skree soos hulle lag, en ek natuurlik ook! Jammer dat ek dit noem, maar my neus loop soos ek lag, die trane stroom oor my wange.

Ons moes dit ‘n week later weer opvoer, maar ek het geweier om die wit pruik te dra! Te sensitief oor wat die kinders gesê het. Beslis nie ‘n toneelspeler nie!

Dis my storie.

Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad.

Toortsie se Banting Boerekos faceboekblad.

Advertisements

9 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor Toneelspelers

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s