Melkkamer se spook

Eers wil ek verduidelik hoe dit met boervrouens werk. Ons kan nie eintlik kies waar ons bly nie. Jy bly in die huis wat beskikbaar is, so ek het ook nie eintlik gedagtes gehad oor my droomhuis nie. Toe ons egter by Melkkamer se huis opdaag, sê ek vir my man: As daar nou ooit ‘n huis is wat my droomhuis is, is dit hierdie een.

Melkkamer se huis is “anderkant die vlei” in die De Hoop Natuurreservaat. Dit het vir baie lank toe gestaan, omdat mens deur die Overberg Toetsbaan se gebied moes ry om daar te kom. Op daardie stadium is dit huis net reggemaak. Daar was nog nie vreeslik meubels in die huis nie, dit was so 21 jaar gelede.

Die boerevereniging het hulle spanbounaweek daar gehad, gesinne en al. Daar was ‘n enjin wat die krag moes opwek, en as die enjin afgesit is, was dit donker tot môre-oggend. Die Saterdagoggend sê een van die vroue, wie “ongeruimdhede” kan aanvoel, dat hier iets is wat nie lekker is nie, by die agterdeur. Die aand het van De Hoop se bestuurders by ons kom braai en later begin spookstories vertel.

Hoe die persoon dood is, kan ek nie onthou nie, ook nie hoekom die liggaam so lank in die huis gehou moes word nie, ek vermoed die vlei was vol en hulle kon nie deur die water nie. In een van die kamertjie is ‘n donker kol, blykbaar as gevolg van die lyk.

Ons het klaar gekuier, my hare het so effentjies regop gestaan, en gaan slaap. Enjin is afgesit. En ek raak aan die droom, van iemand wat by my lol, en ek gil. ‘n Onderaardse gil uit my hart uit. Manlief sê net dadelik, dis okay, als is reg.

Die probleem met my dromery is, dat ek die droom op ‘n manier moet stop, anders hou dit net aan en aan en aan. Die beste manier om dit reg te kry is om badkamer toe te gaan, my gesig te was, die lig ten minste aan te sit, maar in Melkkamer was dit donker. Piknagdonker. So daardie nag droom ek, en droom, en droom. Verder slaap ek toe met my een oor oop en hoor dat my dogtertjie in haar opslaanbedjie, ook onrustig is. Hoekom sal dit wees?

Ons plan was om die Sondag nog lekker saam te kuier by Melkkamer, maar toe die son opkom, sê ek: “Kom ons ry.”

Perdebytjie, sal dit die huis wees waar julle was? Het julle goed geslaap?

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

35 thoughts on “Melkkamer se spook

  1. Jip,ons het in Melkkamer geslaap.Ek kan nie jou foto oopmaak nie.Daar is steeds net ‘n kragopwekker en in die nag is die nag nog NAG!Ek sal bietjie foto’s opsit dat die ander ook kan sien.Vir my was dit ‘n ongelooflike lekker ervaring om daar te wees.

    Like

  2. Ja – die ou plaashuise en groot opstalle het almal hulle spoke. Ek glo nie aan spoke nie, maar het ook een aand so ondervinding ge had … laat mens wonder …

    Maar daar het elke plaashuis sy eie storie. en selfs ek (wat nie aan spoke glo of hul kan sien nie) kon daardie aand ook nie slaap nie. Wat ‘n onaardse gevoel! Ek het heel aand die kersliggie wat so flikker teen die groot wit mure, dopgehou

    Dit laat mens wonder … ?

    Like

        1. Hiehiehie – ja, soms skryf ek te veel dinge, dan vee ek maar uit … Ek weet nie of almal die probleem het nie, maar ek het net ‘n dun lang blokkie om comments in terug te skryf. Dis aaklig. Jy sien net 2 lyne op ‘n slag. Is dit vir julle ook so?

          Liked by 1 person

  3. Ek is nou werklik spyt jy het nie die spook gesien nie….. wil so graag weet hoe hy/sy lyk 😆 Nee vrou, ek het met die bonatuurlike te doen gehad, en dit is nie ‘n grap nie. Die hare staan sommer regop net om daaraan te dink.

    Liked by 1 person

  4. Ek ken ook daai drome wat so aanhou en aanhou. Jy raak wakker en draai om op die ander sy, net om weer verder te droom. Ek droom nie eens oor iets interessants soos spoke nie – ek was gewoonlik wasgoed of pak kaste reg. Seker my deurmekaar huishouding wat so by my spook.

    Liked by 1 person

  5. Ek weet ni vd spook v Melkkamer ni, maar weet d bobhejane is mal oor daardie huis met sy rietdak. Dalk was daar hobbejane op d dak? My eie huis het ook blykbaar n spook onder in die gang aldus my kinders . Sommige het haar ( dis blykbaar n vrou) gesien toe hulle klein was, en die ander kind ” voel” iets is daar nie reg ni. Ek het dit afgemaak as nonsens. Toe kom daar rukkie terug n dame met n 5jarige seuntjie wat in die gang afhardloop. Onder gekom se hy skielik:”Tannie, hier is ‘n spook!” Toe ek hom vra waar, se hy hy weet nie nou nie, maar sy was nounet hier!

    Like

  6. Ek dink dit het alles met jou gedagtes en brein te doen. Daar word heerlik uitgewei oor “spoke” en sowaar as jy jou oë toemaak wil hul net tevoorskyn kom. Bly maar grillerig om daaraan te dink. Wonder nou of my man se spook in die garage waar hy homself geskiet het ook sal rondloop. Nou kry ek sommer n beklemming as ek daaraan dink!

    Like

Gesels saam, asseblief!