Die keuse van ‘n lewensmaat

Hergepubliseer. Oorspronklike publikasie: 01/06/2011.

Ek sal die onderwyser wat ek in matriek vir bybelonderrig gehad het, altyd dankbaar bly. Hy was in elk geval seker een van die beste onderwysers wat ek ooit gehad het, maar in daardie jaar het ons twee onderwerpe behandel – “Die lewe na die dood” en “Hoe kies ek my lewensmaat?”   Altwee onderwerpe wat my baie in my lewe gehelp het. Waar ek nou in die lewe staan, weet ek nie meer wat ek in matriek geleer het en wat het ek in later jare by ander mense en deur ondervinding geleer nie, maar hier is ‘n aantal punte om na te kyk. Natuurlik is daar by elke reël ‘n uitsondering en sal julle by elkeen 110 gevalle kan uitwys waar dit anders werk. Maar kyk maar na hierdie riglyne – miskien help dit dalk vir jou in jou keuse…

  • Goedkeuring van ouers. Jou ouers ken jou die beste. Hulle sien goed raak wat jy in jou verliefdheid nie raaksien nie. Natuurlik is daar seker ouers wat GEEN moontlike maat sal goedkeur nie, maar die meeste ouers wil net die beste vir hulle kinders hê. Luister na hulle opinie, ook na dié van jou vriende (net effens).
  • Huistaal. Ag, ek weet daar is baie paartjies wat verskillende huistale het, maar dis tog iets om na te kyk.
  • Kultuur. Dit wat nou so opwindend anders is, bly dalk nie opwindend nie. Sien jy kans om die res van jou lewe so te leef? Gaan die snaaksighede/andersheid jou nie dalk later irriteer nie?
  • Kinders en hul opvoeding. Hoe voel julle oor kinders? Het julle dieselfde idee oor hoe kinders opgevoed behoort te word, want dit kan ‘n GROOT twispunt raak as ouers groot verskille hieromtrent het.
  • Geloof. Twee gelowe op een kussing – Daar kom die duiwel tussen!! Is jy bereid om jou geloof ter wille van jou huweliksmaat te verander/versaak? Watter een van die twee gelowe gaan julle kinders aanhang?
  • Agtergrond. Verskil julle agtergronde drasties?
  • Hoe voel jy oor egskeiding? Sien jy dit as ‘n moontlike agterdeur wat jy dalk sal gebruik? Indien wel – MOENIE TROU NIE!! Tensy jy VASBESLOTE is om alles te doen om te sorg dat hierdie huwelik werk TOT DIE DOOD ONS SKEI.
  • Klein goedjies wat jou nou irriteer raak GROOT BULLE!! Onthou! Jy kan hom/haar nie verander nie!!
  • Hoe tree hy/sy op as julle kwaad is vir mekaar? Manipuleer hy/sy jou? Laat hy/sy jou altyd sleg voel oor iets?
  • Is julle VRIENDE? Is daar GEMEENSKAPLIKE belangstellings?
  • Hoe besitlik is hy/sy? Gun julle mekaar lewensruimte?
  • Die heel belangrikste: Het jy hom/haar REGTIG LIEF? Lief met foute en al? Wil jy jou hele lewe met die persoon deel? Want die LIEFDE is op die ou end die hooffaktor wat jou huwelik gaan laat werk of nie!

Sterkte!! Geniet die lewe! Geniet die liefde! Geniet jou man/vrou met wie jy gaan trou! Dis ‘n groot stap, maar oor en oor die moeite werd, veral as jy bereid is om 100% te gee.

Groete

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

Advertisements

14 thoughts on “Die keuse van ‘n lewensmaat

  1. Belangrike goete op jou lysie. Sit by: Vreemde belangstellings. As jou maat oor die kop geslaan is met vêr bergpieke uitklouter, of diep gek is na klank in plat mouters of skedels uitgrou in die Amezone…gaan jy sekerlik nooit sy/ of haar eerste prioriteit word nie.

    Liked by 1 person

  2. Net die twee tale en jy het klaar twee verskillende kulture en dit sorg vir genoeg drama, om jou so moeg te maak dat jy wens jy kan weer kind in jou ouerhuis wees…. om dit wat jy ken te kan omhels.

    Like

      1. Ons praat Afrikaans…. of Engels. Die taal is nie die groot probleem nie. ‘n Afrikaner en ‘n Engelsman is twee verskillende spesies. Verskillende agtergrond ens. Die Engelse manier slaan deur in wat hy doen, en die Afrikaans by my.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s