daar’s water!

My laaste inskrywing in  my waterreeks, in opdrag van Scrapydo.  In November, 2013, het hierdie dinge gebeur en dis oorspronklik gepubliseer op die 17e November 2013.

Pietsrivier… Brandrivier… Kangarivier… Grootrivier…Touwrivier… Alles name wat ek nie geken het nie. Almal van kant tot wal vol. Al wat sloot is, loop. Al wat waterval is, val. Elke klofie, plekke waar jy nie eers geweet het water kan loop nie, loop. Wat ‘n gesig!

Ons het in die jaar ‘n plaas aangekoop langs die oewer van ‘n rivier, wat nou in vloed is. Genadiglik binne beheer, sonder onnodige skade. Dit was egter noodsaaklik dat ons aan die ander kant van die rivier kom, en daar is nie ‘n manier wat jy OOR die rivier sal kom nie. Mense wat weet, raai ons aan: “Vat die agterpad”…

Twee dinge van my man is vandag weer bevestig: As hy ‘n ding wil doen, WIL hy, en sal NIKS hom stuit nie; en hy het ‘n ingeboude kompas soos ‘n mier sal wens om te hê.

Ons het die “agterpad” gevat, sonder selfoonsein, sonder dat ons nog ooit daar gery het. Dit, terwyl daar soms ‘n vurk in die pad was… deur strome water, deur ‘n rivier waarvan die laagwaterbrug weggespoel het, af by steil bulte, weer opgebeur, soms teen 5 km per uur, deur die mooiste Klein Karoo veld en koppetjies, ‘n pad wat jy beslis nie elke tweede week sal ry nie, met die mooiste uitkykpunte oor damme en riviere. Rooi hartebeeste… gemsbokke… ‘n springbok wat voor ons in die paadjie hardloop. Dit raak ‘n avontuur.

Ons hét uitgekom waar ons moes, hier ‘n sloot gered, daar iets anders gedoen, en dieselfde veldpaadjie teruggebeur…

DSC07445 ??????????????????????????????? DSC07455 DSC07456 ??????????????????????????????? ??????????????????????????????? ??????????????????????????????? ???????????????????????????????

Groete,

sopnattoorts

Toortsie se faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

16 Responses to daar’s water!

  1. seegogga sê:

    sowat van water! ek sien julle is regte waaghalse. Bly daar is nie skade nie

    Like

  2. Gelukkig vir daardie ingeboude kompas! Sjoe, sterkte met al die oorstromings ens – ons lees hierdie kant van al die drama in die Wes-Kaap! Swem Jannie, swem!!

    Like

  3. Kameel sê:

    Het nie tv nie, en lees nie koerant nie; het dus net so vaagweg van ‘n vloed gehoor…. maar niks gesien nie. Dankie vir die fotos…. en natuurlik baie bly julle is ongedeerd weer op droë grond. Wat is die lewe sonder ‘n avontuur hier en daar ingegooi 🙂

    Like

  4. karen sê:

    Sjoe, bly julle het veilig uit die “uitstappie” gekom! Hoop die reën is goed vir julle.

    Like

  5. Sjoe,klink woes!En ‘n paar jaar later wens ons vir bietjie nattigheid.Dit wys net,die natuur doen wat hy wil,wanneer hy wil!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s