Moet ons regtig water drink?

Hier is nog ‘n ou bloginskrywing in my “waterreeks”, in opdrag van Scrapydo.

Ons is gelukkig om baie lekker water uit die Theewaterskloofdam te kry, maar regtig, party dorpe se water is so sleg dat ek regtig nie iemand kan kwalik neem wat dit nie wil drink nie. Hoekom is ons so stram om water te drink? Ek het al myself gevang dat ek selfs ‘n appel sal eet om my dors te les. Dit het gebeur in ‘n tyd wat ek so min vloeistof ingeneem het, ek het net nie meer my liggaam se pleidooi na water gehoor nie!

My pa het destyds verduidelik dat jou organie water nodig het om te kan werk. Die algemene voorskrif is dat ‘n mens 2 liter water per dag moet drink. 2 Liter!!! 😯 Weet julle hoe baie is dit? Sluit dit dan jou koffie, tee, koeldrank en wat nog uit? Of sluit dit dit in? Ek het al gehoor dat koffie en alkohol ‘n mens nog meer dehidreer en dat jy dit beslis nie as deel van die twee liter kan tel  nie. Maar rooibostee aan die ander kant, het soveel  goeie eienskappe, en dit mag wel as deel van die 2 liter gereken word. ‘n Mens moet ook versigtig wees dat jy dit nie oordoen nie, hoor! Te veel water is ook nie gesond nie.

Vir gewigsverlies is die drink van water uiters noodsaaklik. Sien, as jy vir jou liggaam laat dink dat jy in ‘n woestyn is omdat jy nie genoeg water drink nie, stoor jou liggaam dan net eenvoudig die water wat jy wel drink. Drink jy egter genoeg water, begin jou liggaam om die water makliker vry te laat. ‘n Klomp gewig dus wat jy afskud.

Dis als goed en wel om al hierdie dinge te weet, maar voor jy jou kom kry is die dag om en het jy nog nie genoeg water gedrink nie. Op ‘n stadium het ek ‘n glas in die badkamer gehad. Elke keer wat ek by die toilet was, het ek sommer ‘n glas water gedrink. Dit werk beslis ook om ‘n beker water en glas in my kantoor te hê. As dit so byderhand is, is dit net soveel makliker om daarvan te drink. Iemand beveel aan dat jy ‘n bierbeker gebruik. Dis soveel groter, so jy het minder glase per dag nodig!!

Wat doen julle om julle water-inname te verhoog?

Woestyntoorts

Toortsie se Faceboekblad.

Toortsie se Banting Boerekos Resepteboek.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge and tagged , , . Bookmark the permalink.

24 Responses to Moet ons regtig water drink?

  1. lekkerjeuk sê:

    Ek het eenkeer gehoor van ‘n ou wat nooit, ooit water gedrink het nie. Toe gaan hy op ‘n staptog en almal dring aan hy moet 2 lt water per dag drink. Seker saam met al die ander drinkgoed. Na 2 dae het sy liggaam in skok gegaan en hy moes hospitaal toe en was baie siek. So ‘n klomp water vir niere wat dit nie gewoond is nie, is lyk my ook nie goed nie.

    Like

  2. Vlooi sê:

    ek lief my water. daar is altyd iewers naby my ‘n bottel water. voel of ek half is as ek nie aan water gekoppel word nie 🙂 te veel is egter ook nie goed nie. balans is die wagwoord soos met alles maar in die lewe.

    Like

  3. Kameel sê:

    Sê nie ek kry dit aldag reg nie maar sluk my geel pille waarvan ek vier ‘n dag in tussenposes moet drink, met ‘n glas water weg. In die winter is waterdrink nie ‘n probleem nie, lief daardie yskoue water uit die kraan.
    Ons het in my jongerdae in waterdrink kompetisie by die werk gehou…. sommer so tussen ons klomp meisies. Gevoel ek het myself van binne af versuip… rêgtig siek geword. Toe hoor ek dit was ‘n gevaarlike ding wat ons aangevang het :shock:.

    Liked by 1 person

  4. Ek het ‘n reël: Wanneer ek in die kombuis kom, drink ek ALTYD ‘n glas water. Daar is altyd ‘n bottel water langs my rekenaar en ‘n bottel water langs my bed.
    As jy tee sonder melk drink, tel dit as water. Koffie egter nie.

    Jy kan maklik 2 tot 3 liter water per dag inneem – die geheim is net HOE jy dit doen. Beslis nie alles op een slag nie. So glas elke uur of so is in orde.

    Like

  5. MaanKind sê:

    Ek drink dit net, ek drink genoeg dink ek.

    Like

  6. Slakkelak sê:

    Ek hou ook nie van water nie. Indien ek wel drink, moet dit louwarm wees. Ek VERPES koue water. Dit het nie vir my smaak nie, stupid soos dit mag klink! Maar ROOIBOSTEE! daarvan drink ek sommer ‘n paar koppies per dag. Al wanneer ek water drink is wanneer ek in die veld werk om lantana te kap. Dan sweet ek te veel en dis al wanneer ek koue water waardeer, ek vries 2liter koeldrankbottels vol water en sit dit op ‘n sentrale plek waar ek gaan rus.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ek drink ook baie baie rooibostee. 🙂 dis hoekom ek vra: Is dit ingesluit in die 2 l/dag of nie? Ek is baie vol nonsens met waar ek water drink. Ek hou van die huis se water, maar bv ons dorp se water is AAKLIG. Ook vol nonsens met gekoopte water.

      Like

      • Koue water is HEERLIK!

        Jip, tee (sonder suiker en melk) tel inderdaad as water.

        Like

      • Slakkelak sê:

        Dit is word ingesluit. Toe ek op die boogskiet squad was het die dieetkundige wat na ons dieet gekyk het so gese. Ons moes ‘n ontleding doen van elke krummel en druppel wat oor ons lippe gaan. So het die suiker wat ek in al daardie tee bv deel uitgemaak van my hoeveelheid koolhidrate wat ek elke dag moes inneem. Ons drink heerlik boorgatwater op die plaas. Gekoopte water is FAKE! Ek het in ‘n lab gewerk en deel van my pligte was om water te toets. Dis maar net water wat deur filters gaan en dan word bv van die minerale wat eintlik goed is vir jou onttrek. Gebottelde water word deur die wet gesien as koeldrank!

        Like

  7. Terug pieng: My favourite things « OLGA SE OKSELTJIES

  8. ek is gelukkig dat ek mal is oor water. mense kyk my altyd snaaks aan as hulle vra wat ek wil drink en ek se water – veral in die restaurante. die eerste ding wat ek na wil gryp in die oggend is water – selfs in die winter drink ek dadelik ‘n glas vol water. ons het ‘n filter by die huis en ek het ook nou ‘n waterbottel gekoop met ‘n filter om gym toe te vat en saam te dra.

    ek is ‘n groot koffie drinker, maar drink omtrent nooit iets anders as koffie en water nie …. 😉

    Like

  9. brieweuitdievreemde sê:

    Ag, die brakwater op klein dorpies raak ‘n mens later gewoond, hoor Toorts:) (Weet nie wat alles in die water is nie, wil ook nie weet nie…) Ek het al gelees dat mense dikwels (onnodig) eet wanneer hulle eintlik dors is. Ek hou van water maar drink nie genoeg daarvan nie. Maak maar op met die rooiwyn, wat after all ook baie gesond is 😉

    Like

  10. Terug pieng: 100 dae | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  11. Ek drink omtrent nooit water nie!Ek word ook nooit dors nie.Ek wonder of sekere liggame dalk beter aangepas is om met minder klaar te kom.My skoonma is al 90 en sy het ook nooit water gedrink nie.

    Like

  12. Ek het vir jou op FB geskryf dmv die geselshoekie! Laat weet as jy nie gekry het nie asb

    Like

  13. Net Ek sê:

    Ons kry ons water van Hartbeesporrtdam af – ek glo nie dis nodig dat ek meer hoef te sê nie! Urgh.

    Maar, ek gebruik 750ml drukbotteltjies om my water te drink, dit werk vir my soos ‘n bom! Ek moet net keer of ek drink te veel. Ek is nou in my tweede week van GEEN koffie, GEEN Coke of koeldrank. Ek drink net water en swart rooibostee met suurlemoen, en na amper twee weke sien ek al erg uit na my eerste koppie tee in die oggend!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s