Die Nyl se water…

Steeds in opdrag van Scrapydo. Water is vir ons boere baie belangrik en ek sien ek het al heelwat hieroor geskryf. So, Scapydo, hier is nou al ‘n hele reeks oor water vir jou! Hierdie een was oorspronklik gepubliseer op 17 Julie 2012.

Toe ons Egipte toe was, is ons verskriklik gewaarsku oor die Nyl se water. Want sien, dit kom al 6650 km van die Victoria Meer af….. Soveel soos ons gewaarsku was, het dit omtrent geklink dat jy sou sterf die oomblik wat jy jou groottoon  in die Nyl druk. Ons moet selfs nie die water in die krane drink nie. Ons sal ONMIDDELLIK siek word.

Gewapen met watersuiweringstablette en Immodium is ons toe reg vir die ding. Die watersuiweringstablette (wat ek nie vertrou nie) word in ‘n bottel kraanwater gegooi en daarmee borsel ons tande, want selfs om jou tande met die kraanwater te borsel, is lewensgevaarlik. 😯 Ons drink gebottelde water. Ai tog. Hierdie Tossel werk nie so lekker met sulke reëls nie. As daar moet tande geborsel word, gaan ek, tandeborsel in die een hand, gesuiwerde water in die ander en dan spoel ek my mond uit met …. KRAANWATER…!!! Al wat my kamermaat dan hoor is ‘n keelskoonmakery.

Ons is ook vreeslik gewaarsku teen die vrugte en groente. Eet net vrugte wat jy kan afskil. Want afspoelvrugte kort Nylwater! Te moeilik! Ek dink tog die baie vrugte wat ek geëet het, het my gesond gehou!!

Een dag het ek die onbehoorlikste ding denkbaar gedoen. Daar het ‘n hele klas kinders by my verbygestap en begin groet. “Welcome in Egypt. What’s your name?…” (Ken julle dit?) Op die ou end steek een kind sy hand uit en gee ‘n handdruk. Toe druk ek 100 kinders se hande. Ek het heeltmal vergeet en toe ons gaan eet, het ek met my BESMETTE HANDE my kos geëet….

Op pad terug hoor ek hoe gevaarlik ALLE vrugte is omdat die vrug die water van die Nyl opneem. STROOI!!

Ek was nooit siek nie. Maar dié wie dit nie gespaar was nie, was baie baie siek. So, dalk moet ons maar luister. Ek sal volgende keer probeer om mooier te luister en te onthou…

Toorts

Toortsie se Faceboekblad

39 thoughts on “Die Nyl se water…

  1. Heel duidelik het my ryskorrels nie in jou Nylwater gegroei nie 😆 Ek wonder ook nou hoe sing ek en jy so saam op een snaar 😯
    Gedog dit is net as jy Indië toe gaan dat jy jouself drie dae moet gee waarin jy baie siek gaan word. Klink my dit is nou se dae beter om met Jan Tuisbly se karretjie te ry….. of is dit 😦

    Like

  2. sal moet skryf hieroor as ek klaar is met eksamens. en juis nou dat ek more bakteriologie gaan skryf, kan ek vir jou sê dat om siek te word nie net afhang van die potensiële kiem nie, maar ook van jou eie fisiese weerstandbiedendheid en gesondheid. ek self het egipte geniet sonder maagprobleme ten spyte daarvan dat ek gefiltreerde nylwater uit ‘n kleipot langs die pad gedrink het, maar marokko …. o, ek was nog nooit so siek nie…

    Like

  3. nou dat ek daaroor dink sal ek nie daaroor blog nie, maar net gou vertel: ons het vir vier dae in die woenstyn gaan stap saam ‘n gids en twee kamele. ons het die eerste dag nog vars slaai gehad, en selfs daai aand gaargemaakte bok (wat al lekker ryp was van ‘n dag in die son op ‘n kameel se rug) (dis toe ons nog vleis geëet het). ons mage was nie great nie, maar nou ja, niks te erg nie. op die tweede dag kom ons by ‘n put in ‘n droë riverloop waar die gids toe emmers water uitskep vir die kamele. ek was gefassineer daardeur en wou graag saam die kamele drink. louerige grondwater maar in die woestyn! … seker ‘n uur later voor ons volgende kamp het my hele middagete met tandmerke en al net so deur my lyf gevlieg! dit sal my leer, hehe.
    ja nee, soms is mens gelukkig, soms nie. enigste voordeel: vinnige gewigsverlies 😉

    Like

      1. hehe, was verseker die kameelwater – ek is dit enigste een wat die water gedrink het. my man het gedink ek’s mal om die water te drink (hy’s ‘n drinkwatermikrobioloog), maar ek het mos nie ore nie.

        Like

          1. dink ek het nog iewers ‘n foto van die sak met vleis en die vlieë op die sak… kan wees, maar ons het teen daai tyd al bietjie maagmoeilikheid gehad (van die dadels – dit was voor dit, nou onthou ek). ons het ook ‘n paar dae voor dit op die aandmark skaapbreins geëet en het niks oorgekom nie…
            ons is deesdae versigtiger 😉

            Like

        1. Vrou, hierdie kameel braak as sy net bacon eet… kan jy dink wat al hierdie ander goed aan my “fynbesnaarde” ingewande gaan doen!! 😯 Sterkte met more se eksamen!!

          Like

        1. hehe, ja, goeie ou imodium. of van daai kool-pille. ons het later op daai marokko uitstappie nog sieker geword (dink die keer van vrot dadels, ehhe), dat ons geen pil sou kon inhou nie. moes later my man se rugsak dra. ai, die goeie ou dae.

          Like

  4. Julle twee laat dit waaragtig soos ‘n piekniek klink…. ‘n piekniek wat dodelike nagevolge kan hê… maar ‘n piekniek. 😆

    Like

  5. Ai Toorts! Eks tog sooo bly dat jy NIE jou groottoon in die water gedruk het NIE en NIE van die water gedrink het NIE en NIE onmiddelik doodgegaan het NIE!!
    Want WIE so dan nou vir ons die liggie geskyn het as als donker raak hier om ons?

    Like

  6. Ek het nou net so lekker gelees en ook aan almal se kommentaar en eie stories! In Bali word ‘n mens net so gewaarsku oor die water en die vrugte en groente en waar jy eet ens ens. Ons was gelukkig tot op die laaste dag toe raak ons jongste (10 jaar oud op daai stadium) siek met erge krampe en hoofpyne. Ons het niks geslaap daai nag nie en was gelukkig die volgende dag op pad huis toe. Op die ou end het dit geblyk (‘n paar weke later na haar eetlus minder en minder geraak en sy begin gewig verloor het), dat sy ‘n bakteriële infeksie opgedoen het (en ek dink dit was by die water-avontuurpark waar honderde mense geswem en gespeel het). Die res van ons was darem gespaar.

    Like

Gesels saam, asseblief!