water

Hierdie een is ook ‘n ou bloginskrywing wat ek herpubliseer, in opdrag van Scrapydo.

Ons land is bekend as ‘n land met min water. Water raak in groot dele van ons land ‘n groot probleem. Eintlik raak water wêreldwyd ‘n probleem. Dit is nie meer soos ons in standerd 4 geleer het nie: dit reën, ons gebruik die water, die water gaan deur die drein, deur die grond en word gesuiwer totdat dit in ‘n ondergrondse rivier beland en op die ou end dalk weer op die aarde; of die water verdamp, word wolke, reën en so word dieselfde water oor en oor gebruik.

Nee. Die aarde kan nie meer voorbly om genoeg skoon water te voorsien nie en dan bemors ons ook nog die skoon water wat daar is. Water word gesuiwer en laat ek nie verder daaroor uitbrei nie…..

Nou eers kom ek by my punt uit: Hoekom word hier nie meer gedoen om die opvang van reënwater te bevorder nie? Ek voel dat elke huis geute behoort te hê en die water opgevang moet word in tenke. En ja, ek is ook skuldig. Ons water word ook nie orals opgevang in tenke nie!! So ek moet by myself begin!!

Ek dink sommer aan die plakkerskampe en in al die gebiede waar mense regtig swaar kry, waar hulle nie noodwendig lopende water in hulle huise het nie en ver moet stap om water in die hande te kry. Ja! Daar is steeds sulke plekke in ons land! Is dit nie dalk iets waaraan die regering moet dink nie? Om geute en tenke te subsidieer sodat elkeen van daardie huisies sy eie reënwater kan opvang nie? Skoon water. Vars water. Onbesoedelde water. Dis tot voordeel van ons almal. Daardie mense sal minder siektes opdoen en dit sal ook ons waterbronne verlig.

En ja, dalk moet elkeen van ons ook weer soos in die ou dae opgaartenke kry vir ons eie dakwater.

Toorts

Toortsie se faceboekblad.

Advertisements

22 thoughts on “water

  1. Hier in ons omgewing het lankgelede Duitsers gewoon, hul huis was in die mark, daar gaan inloer …buite was ‘n handpomp met uitgegraveerde bordjie” nicht trinkenwasser” nie drinkbaar of menslike verbruik…alle water van sy huisgeute het hul verbind met pypstelsel in ondergrondse dam opgaartenk. Die water is dan met handpomp uitgepomp. Klein tuin maar pragtig. Nog nooit voorheen in SA so iets teegekom.

    Like

      1. Hier is geutwater nie vir drink aan te beveel. Ontsaglik besoedeling in Vaaldriehoek.Rook sowel as Fabrieksgoeters in lug, en dink net al die afvalstowwe op die dakke so geutlangs!
        Hulle tenk is gegrawe in hul oprit voordat hul bo-op die inrit garage toe gebou het.

        Like

  2. Het ek nie vir jou gesê jy sal ‘n goeie President uitmaak nie 🙂
    Wens regtig ek kan die water wat by hierdie bult straataf spoel, en deur my tuin hardloop, en die grond wegspoel,, opvang…. en gebruik. Maar hoe de swernoot doen ek dit? Ek sal ‘n opgaardam met sluise moet bou. Daar gaan rêgtig baie water so verlore… maar hierdie boer het nie ‘n plan nie.

    Like

      1. Jy kannie sê jy het nie hard probeer om die wêreld ‘n beter plek te maak nie Toorts. Almal moet egter saamwerk….. en DAAR Lê DIE DING!!! 😦

        Like

    1. Kyk, ons vang die water op wat so pad-af hardloop. Maar dis maklik. Dit word gedoen deur ‘n gronddam te bou en sommer ‘n sloot te grawe uit die pad uit. Maar hoe kry jy dit weer daar UIT?????
      Ons vee suip dit sommer net daar in die dam, of anders gebruik ons ‘n windpomp. Maar julle in die stad? Nee jong, ek weet nie!

      Like

      1. 😆 Toortsie ek sal nog dink ek grawe ‘n sloot vanaf die pad, dan sit ek in die tronk. Sal jy vir my kom kuier? Jy is mos ‘n medepligtige in die “crime.” “It’s all your fault!!”

        Like

  3. Hier by ons drink die voeltjies net bottel water.
    Die lug is so vuil dat as dit begin reen is dit eers n paar steenkole , en dan klonte , en dan reen, en miskien bietjie hael.

    Liked by 1 person

  4. Ons sit ook n bakkie hoesstroop langs die voeljies se water, want ai dis verskriklik om vroegoggend te hoor hoe die arme goedtjies hoes. Die hoenderhane kraai ook nie meer nie, hulle stuur sommer n whatsup.

    Like

  5. Die boer se vrou is knaend dat hy moet ophou brandewyn drink.
    Raadop vat sy eendag twee glase en maak die een vol brandewyn en die ander een vol water. Sy gaan haal ‘n wurm uit die tuin en doop dit eers in die water, maar die wurm leef. Toe doop sy dit in die brandewyn en met die uithaalslag is die wurm vrek.
    “Sien jy nou” sê sy “sê dit nie vir jou iets nie?”
    “Ja” sê die boer, “ek gaan nooit wurms kry nie.”

    Liked by 1 person

  6. Die droogte in die Karoo het so erg geword dat daar niks meer oor is van Oom Sarel se plaas nie.
    Hy het al sy beeste laat slag, al sy skape verkoop. Die veld is so droog soos hy dit nog nooit in sy 65 jaar gesien het nie.
    Die plaaswerkers het verlede maand getrek om te gaan kyk of hulle nie kan werk kry in Zimbabwe nie, so sleg het dit gegaan. Oom Sarel sit een oggend op die stoep, verby moedeloos.
    Skielik kom daar ‘n helikopter oor gevlieg. Hy kyk die helikopter so, draai na Tant Sarie en sê vir haar: “Daar fokkof die windpomp ook nou nog!”

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s