stort of bad??

Hierdie is ‘n ou bloginskrywing van 3 September 2012, maar ek plaas dit graag weer, in opdrag van Scrapydo. Ek voeg so ‘n sinnetjie of twee by.

Die slim mense wil dit hê dat ons eerder moet stort want dit gebruik minder water. Maaaaaaarrrrrrrrr…… hulle het my nog nie oortuig nie!

Goed. As jy ‘n bad vol water tap, teenoor iemand wat 2 of 3 minute stort, dan gebruik die stort beslis minder water. Maar wie stort so kort? Seker in die koshuise waar iemand die ander een aanjaag, of daar waar daar ernstige waterbeperkings is. Maar in ‘n gewone huishouding? Is daar iemand wat kyk dat die persoon nie so lank stort nie? En tap die badders regtig die bad tot amper teen die rant?

Ek is ‘n badder. Omdat ek in ‘n huis grootgeword het waar water skaars was, is ek geleer om in min water te bad. Ek tap darem nie meer só min water in as toé nie, maar ek tap nog steeds nie ‘n vol bad nie. Soms vergeet ek om die warm kraan gou genoeg toe te draai, dan is daar op die ou end meer water in die bad as wat ek sou wou intap. Maar normaalweg tap ek hom so onder half, en dan is ek met my groot lyf en al ook nog in hom!! In  daardie bad kan ek lê tot die water koud is. Ek kan my bad, skeer, doen net wat ek wil, en die water raak nie meer nie.

Al wanneer ek stort, is wanneer ek regtig haastig is, of my hare wil was. Dán is dit vinniger en makliker om te stort.

Ek het mos al gesien hoe lank mense kan stort. Dis hare was, conditioner opsit, beenhare skeer, conditioner afwas, sommer net onder die water staan en staan en staan en staan omdat dit so lekker is, en voor jy jou kom kry is die water koud!! 😯

Ongelukkig is ek te lui, maar dalk moet ek self eendag die water opvang en meet en kyk WIE gebruik die meeste water??? Badders of storters?

Het julle dalk al so ‘n toets gedoen?

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

38 thoughts on “stort of bad??

  1. Dankie. Ek voel sommer beter, want in my huis is ek ook die sondebok wat bad. Ek gril vir stort. Toe ek in die polisiekollege was moes ons winter en somer 4uur in die oggend stort. MET KOUE WATER. Ek het nooit daarvan herstel nie. Ek bad en soos jy se doen ek al daai goed soos skeer en hare was. Kan nie wag vir die winter nie. So lekker om in die aand in ‘n warm bad te klim en dan in die bed.

    Like

    1. Voor julle my heeltemal misverstaan. As ek haastig is, of my HARE WIL WAS, verkies ek ook die stort. So, dis nie dat ek GLAD NIE STORT NIE!! My vraag was of stort regtig minder water gebruik. En as ek hare was gebruik ek ook nie min water nie! 🙂

      Like

  2. As dit by watergebruik kom loop stort loshande voor. Toe ek nie ‘n verhouding met Meniere’s gehad het nie – en nog in die oggende gym toe kon gaan – was die vroue verbaas dat ek so vinnig deur ‘n stort kon gaan… en partykeer het ek nog hare gewas ook. Maar as dit by keuse kom, gee my ‘n bad…… en so af en toe ‘n paar kerse daarby!!

    Like

  3. EK vererg my nogal elke keer as ek die raad hoor om water te spaar dat jy moet stort. Jy kan mors met bad, of met stort. En jy kan spaar met bad of stort, hang af van jou ingesteldhedi. Ek bad vir die lekker en stort om skoon te kom. En stem heelhartig met jou saam! Ek het al getoets, met ‘n prop in die stort, want ek stem SO saam met jou. Maar mense wat nie wil oortuig word nie, gaan nie luister nie. MaanMan het NA ek hom gewys het, steeds gesê, Ja, maar oor die algemeen… Sy dinges. Mense stort gedurig die geyser leeg hier.

    Like

  4. Jy praat so na my hart, Toortsie! As ek so lank stort soos ek in die bad le, gaan ons riviere en damme leegloop. EN: in ‘n bad kan mens mos heerlik LE en ONTSPAN en LEES en TEE ( OF WYN) DRINK, of MOOI MUSIEK LUISTER of SOAAN! Neewat, ek sal stort as ek te oud raak om in die bad in en uit te klim. Tot dan is ek ‘n badder!

    Like

    1. Mooi gestel seegogga. Ek was op ‘n tyd ‘n biddende badder. Daar het ek gelê en lofliedere sing, hardop met die Here gepraat, en wonderlike antwoord op gebed daar ontvang. Drie hoera’s vir bad!!!

      Like

  5. Ek stort om skoon te kom en bad is net vir ontspanning met ‘n glasie wyn, kerse en ‘n boek – ‘me time’. Tussen die twee dink ek stort gebruik baie meer water as bad.

    Like

  6. Ek verkies die bad – lê lekker en week in die bad, ek voel net skoner – weet nie hoekom nie. In ons vorige huis was daar slegs ‘n stort, maar o wee, ek het die bad gemis en dit was vereiste nr 1 dat daar ‘n bad moet wees. Al 4 seisoene sal jy my in die bad kry. Ek wil lank le en week in daardie lekker seep van die skuimbad – in die stort kan ek dit nie doen nie.

    Like

  7. Wie sê mens kan net bad met kerslig! Ek stort te heerlik met kerslig.As dit so skemerlig is, dan vind ek myself weer (ek raak nogals maklik weg in die woeste dae) en dan hoor ek ook sommer beter vir wie ek moet bid! Stort is goeie bid en wastyd…

    Like

  8. Moenie saam met kinders stort nie!!

    Die vyfjarige Jannie stort saam met sy ma en kan nie help om die vreemde ding tussen haar bene op te merk nie. Sy ma kom dit agter en voel heel ongemaklik.
    “Hoekom staar jy so Jannie?” vra sy.
    “Ek wonder maar net wat dit is mamma.” sê Jannie en kyk anderpad.
    Sy ma antwoord hom nie en dit is nie lank nie of sy vang hom dat hy weer kyk.
    “Janneman!” sê sy ma kwaai “Wat kyk jy so?”
    “Maar mammie wat is dit?” smeek Jannie
    “Man dis ‘n … vlermuis!” sê sy ma vererg.
    “Jislaaik!” sê Jannie “dan moes hy seker ver gevlieg het, kyk hoe hang sy tongetjie uit.”

    Like

  9. Ja – en so het alkeen sy voorkeur vir bad of stort. As ek haastig is, is die stort die vinnigste, wil ek in lekker warm water bad en myself laat ontspan, is dit bad. Maar klink my hier kom groot water-tekort. Een van die dae is dit net was in ‘n emmertjie? Alhoewel jul plaasmense het mos boorgate? Kan water gebruik soos julle wil?

    Like

  10. Tog interessant dat die wat so waterspaar beheb is sal se dat ons moet stort ( nie bad nie) maar dat ons dit prop moet insit on n paar skottelgoedjies te was ( nie gou onder die kraan afspoel nie). Bad bo!

    Liked by 1 person

          1. Ek het nooit daaraan so gedink voor ek nie hier kom bly het nie. Mense maak of jy heeltemal jou verstand verloor het. Hulle praat ook oor mens se kop oor jy daar waar jy sit. ‘n Man kom praat oor voëls en vertel dat mens ‘n verkyker moet gbruik as jy voëls kyk Hy het die groep hanteer asof hulle 11jaar oud is. Dan was daar ‘n vrou wat oor sterrkunde kom praat het wat gepraat het asof ons almal dr’sgrade het … do interessant en niemand het stupid gevopel nie en baie vrae is gevra. Dis eintlik ‘n interessante fase in mens se lewe en jy leer ggeweldig baie oor mense

            Like

Gesels saam, asseblief!