stort of bad??

Hierdie is ‘n ou bloginskrywing van 3 September 2012, maar ek plaas dit graag weer, in opdrag van Scrapydo. Ek voeg so ‘n sinnetjie of twee by.

Die slim mense wil dit hê dat ons eerder moet stort want dit gebruik minder water. Maaaaaaarrrrrrrrr…… hulle het my nog nie oortuig nie!

Goed. As jy ‘n bad vol water tap, teenoor iemand wat 2 of 3 minute stort, dan gebruik die stort beslis minder water. Maar wie stort so kort? Seker in die koshuise waar iemand die ander een aanjaag, of daar waar daar ernstige waterbeperkings is. Maar in ‘n gewone huishouding? Is daar iemand wat kyk dat die persoon nie so lank stort nie? En tap die badders regtig die bad tot amper teen die rant?

Ek is ‘n badder. Omdat ek in ‘n huis grootgeword het waar water skaars was, is ek geleer om in min water te bad. Ek tap darem nie meer só min water in as toé nie, maar ek tap nog steeds nie ‘n vol bad nie. Soms vergeet ek om die warm kraan gou genoeg toe te draai, dan is daar op die ou end meer water in die bad as wat ek sou wou intap. Maar normaalweg tap ek hom so onder half, en dan is ek met my groot lyf en al ook nog in hom!! In  daardie bad kan ek lê tot die water koud is. Ek kan my bad, skeer, doen net wat ek wil, en die water raak nie meer nie.

Al wanneer ek stort, is wanneer ek regtig haastig is, of my hare wil was. Dán is dit vinniger en makliker om te stort.

Ek het mos al gesien hoe lank mense kan stort. Dis hare was, conditioner opsit, beenhare skeer, conditioner afwas, sommer net onder die water staan en staan en staan en staan omdat dit so lekker is, en voor jy jou kom kry is die water koud!! 😯

Ongelukkig is ek te lui, maar dalk moet ek self eendag die water opvang en meet en kyk WIE gebruik die meeste water??? Badders of storters?

Het julle dalk al so ‘n toets gedoen?

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies and tagged , , , . Bookmark the permalink.

38 Responses to stort of bad??

  1. Frik Stoffberg sê:

    Dankie. Ek voel sommer beter, want in my huis is ek ook die sondebok wat bad. Ek gril vir stort. Toe ek in die polisiekollege was moes ons winter en somer 4uur in die oggend stort. MET KOUE WATER. Ek het nooit daarvan herstel nie. Ek bad en soos jy se doen ek al daai goed soos skeer en hare was. Kan nie wag vir die winter nie. So lekker om in die aand in ‘n warm bad te klim en dan in die bed.

    Like

  2. demoerin sê:

    Ek hou van stort, maar bloot omdat dit vir my prakties vinniger is.

    Like

    • Toortsie sê:

      Voor julle my heeltemal misverstaan. As ek haastig is, of my HARE WIL WAS, verkies ek ook die stort. So, dis nie dat ek GLAD NIE STORT NIE!! My vraag was of stort regtig minder water gebruik. En as ek hare was gebruik ek ook nie min water nie! 🙂

      Like

    • Toortsie sê:

      ek dink die meeste mans verkies ‘n stort. Maar ek hou daarvan om stadig, lank, in die bad te lê. 🙂
      geniet jou stort!

      Like

  3. Kameel sê:

    As dit by watergebruik kom loop stort loshande voor. Toe ek nie ‘n verhouding met Meniere’s gehad het nie – en nog in die oggende gym toe kon gaan – was die vroue verbaas dat ek so vinnig deur ‘n stort kon gaan… en partykeer het ek nog hare gewas ook. Maar as dit by keuse kom, gee my ‘n bad…… en so af en toe ‘n paar kerse daarby!!

    Like

  4. MaanKind sê:

    EK vererg my nogal elke keer as ek die raad hoor om water te spaar dat jy moet stort. Jy kan mors met bad, of met stort. En jy kan spaar met bad of stort, hang af van jou ingesteldhedi. Ek bad vir die lekker en stort om skoon te kom. En stem heelhartig met jou saam! Ek het al getoets, met ‘n prop in die stort, want ek stem SO saam met jou. Maar mense wat nie wil oortuig word nie, gaan nie luister nie. MaanMan het NA ek hom gewys het, steeds gesê, Ja, maar oor die algemeen… Sy dinges. Mense stort gedurig die geyser leeg hier.

    Like

  5. Son sê:

    Bad in die winter, stort in die somer 🙂

    Like

  6. seegogga sê:

    Jy praat so na my hart, Toortsie! As ek so lank stort soos ek in die bad le, gaan ons riviere en damme leegloop. EN: in ‘n bad kan mens mos heerlik LE en ONTSPAN en LEES en TEE ( OF WYN) DRINK, of MOOI MUSIEK LUISTER of SOAAN! Neewat, ek sal stort as ek te oud raak om in die bad in en uit te klim. Tot dan is ek ‘n badder!

    Like

    • Kameel sê:

      Mooi gestel seegogga. Ek was op ‘n tyd ‘n biddende badder. Daar het ek gelê en lofliedere sing, hardop met die Here gepraat, en wonderlike antwoord op gebed daar ontvang. Drie hoera’s vir bad!!!

      Like

  7. seegogga sê:

    Hoera! Hoera! hoera!

    Like

  8. Charms sê:

    Ek stort om skoon te kom en bad is net vir ontspanning met ‘n glasie wyn, kerse en ‘n boek – ‘me time’. Tussen die twee dink ek stort gebruik baie meer water as bad.

    Like

  9. Nikita sê:

    Ek verkies die bad – lê lekker en week in die bad, ek voel net skoner – weet nie hoekom nie. In ons vorige huis was daar slegs ‘n stort, maar o wee, ek het die bad gemis en dit was vereiste nr 1 dat daar ‘n bad moet wees. Al 4 seisoene sal jy my in die bad kry. Ek wil lank le en week in daardie lekker seep van die skuimbad – in die stort kan ek dit nie doen nie.

    Like

  10. annetjie kompaan sê:

    Wie sê mens kan net bad met kerslig! Ek stort te heerlik met kerslig.As dit so skemerlig is, dan vind ek myself weer (ek raak nogals maklik weg in die woeste dae) en dan hoor ek ook sommer beter vir wie ek moet bid! Stort is goeie bid en wastyd…

    Like

  11. cathome36 sê:

    was bo! bad vir week en ontspan vir seer lyf,…. en stort vir gou-gou skoon kom

    Like

  12. Klip sê:

    Dis makliker om in die stort te piepie as in die bad

    Like

  13. Klip sê:

    Moenie saam met kinders stort nie!!

    Die vyfjarige Jannie stort saam met sy ma en kan nie help om die vreemde ding tussen haar bene op te merk nie. Sy ma kom dit agter en voel heel ongemaklik.
    “Hoekom staar jy so Jannie?” vra sy.
    “Ek wonder maar net wat dit is mamma.” sê Jannie en kyk anderpad.
    Sy ma antwoord hom nie en dit is nie lank nie of sy vang hom dat hy weer kyk.
    “Janneman!” sê sy ma kwaai “Wat kyk jy so?”
    “Maar mammie wat is dit?” smeek Jannie
    “Man dis ‘n … vlermuis!” sê sy ma vererg.
    “Jislaaik!” sê Jannie “dan moes hy seker ver gevlieg het, kyk hoe hang sy tongetjie uit.”

    Like

  14. Ja – en so het alkeen sy voorkeur vir bad of stort. As ek haastig is, is die stort die vinnigste, wil ek in lekker warm water bad en myself laat ontspan, is dit bad. Maar klink my hier kom groot water-tekort. Een van die dae is dit net was in ‘n emmertjie? Alhoewel jul plaasmense het mos boorgate? Kan water gebruik soos julle wil?

    Like

  15. Ek verkies stort. Ek stort altyd in koue water en as ek klaar geseep en gespeol en alles is staan ek onder di stort met toe ogies en verbeel my ek is in die reen

    Liked by 1 person

  16. seegogga sê:

    Tog interessant dat die wat so waterspaar beheb is sal se dat ons moet stort ( nie bad nie) maar dat ons dit prop moet insit on n paar skottelgoedjies te was ( nie gou onder die kraan afspoel nie). Bad bo!

    Liked by 1 person

  17. Klip sê:

    Spaar water ………. drink bier

    Like

  18. Klip sê:

    Solank die suur plekke en muf gaaitjies skoon is………….

    Liked by 1 person

  19. Ons woonstelle het net ‘n stort … soms jammer maar mens verstaan dis veiliger

    Liked by 1 person

  20. Toe open jy n lekker debat oor bad en/of stort. Stort is veronderstel om vir haastige mense te wees nie om in te ontspan nie. Die bad is vir lui-lekker ontspan(in min water). Heerlik gelees. Dankie vir jou stukkie.

    Liked by 1 person

  21. Terug pieng: Toeka- Tokkel no 44 : Biblioteek | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s