Nog ‘n bestuurstorie

Steeds met Scrapydo se opdrag in gedagte, dink ek sommer aan my leer bestuurdery.

Ons plaaskinders leer mos sommer vroeg om te bestuur. Ek, as dogter, en as jongste kind, was eers ‘n bietjie ouer toe ek die geleentheid gekry het om te leer bestuur.  Jy begin as klein kindjie op jou pa se skoot. Ek sien daar is deesdae sulke auwwww foto’s op faceboek waar ‘n klein kindjie op sy pa se skoot die stuurwiel vashou. Vir ons was dit algemeen.

Eintlik, waar ek die heel eerste keer met die stuurwiel te doen gekry het, was as ek en my pa die skape gevoer het. Hy sit die bakkie in ‘n rat, ek vermoed, eerste, sit my agter die stuur, klim uit die bakkie terwyl die bakkie stadig aankruie, hy klim agterop, gooi mielies vir die skape so in die ry, dat die skape so in ‘n ry agter die bakkie aankom en die mielies vreet. Wanneer hy klaar is, klim hy af, loop vinnig tot by die deur en ry self verder. 🙂

Ek was omtrent in standerd ses rond toe ek die eerste keer ernstig wou leer bestuur. Ek was toe al daar waar ekself alles hanteer. Kyk, daar is ook ‘n tyd wat pa agter die stuur sit, hy hanteer die pedale en trap die petrol in vir ‘n vale, ek sit langsaan en hou die stuurwiel gillende vas. Toe ek al “als” kon beheer/hanteer, het ek ‘n paar keer in die moeilikheid gekom omdat ek vergeet om die koppelaar in te trap as ek stop, dan ruk die bakkie dood!

Hierdie dag was ek al ietwat windgat. Ekskuus vir die woord, maar dis hoe dit was. Ek ry tog te lekker. Ons het gery na Louvain, die een plaas, waar ek dan eers moes afdraai, en dan stop by die hek. Dis redelik klipperig en los daar. My pa sê, stadiger. Ek ry stadiger, maar nie genoeg nie, en vat die draai, en mis die hek, want ek ry toe deur die draad voor die hek! Die bakkie se neus het teruggekyk in die rigting waarvandaan ons gekom het. Die bakkie het niks oorgekom nie, ek is in ‘n ander rat ingeskrik, die draad moes maar weer heelgemaak word.

Soms het ‘n mens ‘n groot skrik nodig! Daarvandaan het ek respek vir ‘n los grondpad.

Groete

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies, Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

11 Responses to Nog ‘n bestuurstorie

  1. Ja, die terugdink aan daardie tyd is interessant. Daar was nie outomatiese moters nie. Vandag is dit maklik om te bestuur jy hoef nie die koppelaar in te trap nie. Net petrol en rem alles met die regter voet en geen ratte om te wissel ook. Dankie vir nog n bestuur storie!

    Like

  2. Lekker lag ek nou en dink terug aan my eerste bestuursles, in my ma se klein boks mostert datsuntjie!!! Ruk en briek! Ai maar dit was lekker tye. Lekker aan jou storie gelees!!

    Liked by 1 person

  3. Ek onthou hoe my pa ‘n paar stewige knope gelos het,toe ek agter die stuur oor ‘n sypaadjie om ‘n draai gegaan het!

    Liked by 1 person

  4. Ek kan nogal dink dat jy jou “windgat” losgeskrik het Toortsie!

    Liked by 1 person

  5. Hehehe – wel, ten minste het ons ons lisensies verdien on hoef nie dit te gekoop het nie!

    Liked by 1 person

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 43 : BADTYD/WATER | I scrap 2

  7. Lekker gelees dankie. Ons almal moes maar op ‘n stadium skrik in die leerproses. So ‘n grondpad vra respek, ek weet.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s