Banting Resepteboek – die foto’s

Die foto’s vir die resepteboek is toe geneem.  Kyk, as ek hierdie week as ‘n emosionele tuimeltrein beskryf, is dit liggies gestel.

Sien, sonder die kosmakery sou hierdie week reeds erg rof wees, die kosstories was ekstra. Dit het behoorlike beplanning gekos. Die duiwel was ook behoorlik listig en het allerhande onnodighede in my ore gefluister, net om my emosies op hol te jaag.

Uiteindelik is my kossies gemaak, gepak en kon ek Vrydagoggend die tog onderneem na my vriendin. Dáár het ons die kosmakery voortgesit, die kos stileer en haar dogter, die fotograaf, kon die foto’s neem.

Wat ‘n heerlike dag! Wat ‘n suksesvolle dag! Ons het regte foto’s geneem van regte kos, koppe bymekaar gesit, kreatief gewees. Niks plastiekkos gebruik, soos ek hoor dit deesdae gedoen word nie. Ons het geproe, resepte selfs verbeter indien dit nodig was.

Die aand was ons moeg, lyfseer, maar ons harte was warm. Ons is vol moed vir hierdie boek. Nou kort daar nog groot redigering van die inhoud, om die reseptaal orals perfek te kry, dan nog die uitleg van die boek.
My hart sing!

Ek lap so ‘n paar geheimpies uit, sommer met my selfoon geneem.

image

image

image

Ek vertrou die blou tone sal darem nie die boek haal nie! 🙂

Mooi dag!
Toortsie
Kyk uit vir Toortsie se Banting Boerekos, hopelik binnekort!

Toortsie se Faceboekblad.

Skakels na my boekbesprekings op Pinterest.

Bantingresepte op Pinterest.

Toortsie se Banting Boerekos

40 thoughts on “Banting Resepteboek – die foto’s

      1. Ja man! Positive thinking! Gaan dit n gedrukte boek word? Amazon het ook n afdeling waar jy net hoef te druk as daar n bestelling kom of so iets. Dink jy moet n boek of wat stuur om te verkoop en dan kan jy net aanvul soos wat dit verkoop!

        Like

          1. Myne is spesifiek geformat as eboek om op Kindle te werk. Dis nogal n proses. Het juis nou my boek hersien omdat dit nie uitgekom het soos ek wou nie. Hy lyk nou sommer baie beter. Dit vat tot 72 uur om op Amazon te kom. Eerste keer het dit twee dae gevat toe was hy reg. Ek vermoed hy sal seker Dinsdag hernu wees.
            Ek het egter weer die hele dag gesit. Tog het ek dit hierdie keer beter en vinniger reggekry.

            Like

      1. Ek kon nog nooit ritme hou met regte musiek nie , maar ek is seker ek eet n koskoor in n ritme in. Die reuk, die smaak, die voorbereiding van kos is soos musiek in my ore ( en n wals om my pens). En dan die vooreg om te kan eet en genoeg te kan he om te oorleef is n gawe van Bo.

        Liked by 2 people

  1. Ek het nounet inligting oor my boek gekry – hy is nou weer aanlyn. Hier is die inligting oor die gedrukte boek.
    Publish your book in print with CreateSpace – It’s easy to publish a print edition of your book with Amazon’s CreateSpace. You can use free tools to build and publish your book or take advantage of professional publishing services. You will keep control of your work and can make your book available to millions of readers worldwide on Amazon.com and other channels. Click here to get started.

    Like

  2. Ek bly eintlik weg van die banting onderwerp (olie en water, jy weet wat ek meen), maar my beste vriendin bant ook. Sy kry egter soooo warm daar in die droë Gauteng op die oomblik dat sy niks lus is vir kos nie. Maar ek dink hierdie foto’s sal sommer enige iemand lus maak! Goed gedoen, wat ‘n projek om aan te vat. Dink ook so iets is baie bevredigend. (outomaties kyk ek natuurlik hoe ek die bant kan vervang met vegan – my cashew neut kaaskoek lyk net so 😉 ).

    Like

    1. Dis ‘n projek wat ek nooit gedink het ek sal aanpak nie, ook nie die omvang daarvan nie! 🙂 Dis voorwaar ‘n verskuiwing van gemaksonegrense. Die blou tone sal hopelik nie die boek haal nie! 🙂

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!