Oor verslawings

Ek en myself is weer vandag erg aan die babbel.  Die woorde kom en kom en kom net. Sommer oor alkoholisme en ander verslawings.

Die ding is, geen mens weet vooraf hoe sy liggaam op ‘n sekere substans gaan reageer nie. Die een persoon kan ‘n glasie rooi wyn drink en dit maak niks aan hom nie. Die ander een kan die voorneme hê om net een glasie te drink, maar… Dis soos ‘n ryloper wat jy oplaai. Die een ryloper ry rustig saam en klim af waar jy hom aflaai, die ander ryloper hou skielik ‘n rewolwer teen jou kop, en sê: “Maak soos ek sê.” Ongelukkig weet jy nie vooraf watter een van die twee dit is nie. Net so met die drank. As jy in die tweede groep is, is dit of die eerste glasie jou “hijack”, hy neem beheer van jou oor.  Alkoholisme is ‘n siekte, hy is altyd deel van jou, selfs al hou jy op met drink. Daarom het ‘n droë alkoholis dit net soveel moeiliker as ‘n ander persoon as hy met drank in aanraking kom.

As ek vir mense in die verlede gesê het, ek het ‘n kosverslawing, het hulle gedink ek maak ‘n grap, terwyl ek eintlik doodernstig was. Sommige tye kan ‘n mens dit beheer, ander tye neem dit net oor. Soms het dit vir my gevoel ek wil net alles wat eetbaar is met albei hande nader gryp, en dit verorber, net om vir nóg lus te wees. Kosverslawing se negatiwe gevolge lyk anders as alkoholisme, of dwelmverslawing. Maar met kosverslawing kan ‘n mens ook ‘n te groot prys betaal. Eerstens word jy natuurlik vet, en as jy vet genoeg word, vetsugtig. Jy  voel ongemaklik in jou klere, ongemaklik in jou lyf, kry negatiewe opmerkings van mense, jou selfbeeld ly daaronder.  Maar daar is baie meer daaraan. Saam met vetsugtigheid is die kans ekstra groot dat jy hoë cholesterol sal ontwikkel, diabetes, hartvatsiektes, hoë bloeddruk. Mense besef deesdae nie meer watter GROOT siektes dit is nie. Hierdie siektes word saam met kanker onder die groot siektes gesien. Ja, medikasie kan dit in ‘n mate beheer, maar dis steeds groot en gevaarlike siektes.

Eintlik, waaroor ek en myself gesels het, is ‘n keer wat ons, net na middagete na ‘n kaasfabriek was en wat ek myself so moes inhou om nie die hele fabriek se kaas op te eet nie! Dit was nog vóór banting.  Vreemd, deesdae sal ek af en toe ‘n dag kry wat ek heeldag lus kry vir peusel, maar eintlik gebeur dit nie meer nie. Die ryker, regte kos het beslis ‘n goeie uitwerking!

Banting bly steeds jou eie keuse. Sou jy dit wou doen, sien eers jou dokter.

Groete

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

Bantingresepte op pinterest.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged , , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Oor verslawings

  1. netjane sê:

    Weet jy Toortsie, met my suster wat nou ‘n maand terug oorlede is, agv vetsug komplikasies kom ek stadig maar seker tot die besef dat sy ‘n verslaafde was. En dat dit ‘n “regte” verslawing is, soos dwelms en drank en dobbel. En nie iets is wat mens net maklik kan regmaak nie. Ek wens daar was meer ondersteuning vir familie en geliefdes. Want mense dink kosverslawing is iets belaglik wat jy uitdink.

    Like

    • Toortsie sê:

      Dis ongelukkig nie wetenskaplik bewys nie, dis my eie bevinding nadat ek al baie oor verslawing gelees het en ook inligtingsessies bygewoon het by rehabilitasiesentrums. Ek glo met my hele hart dat eetverslawing net so ‘n groot verslawing as ander is. Ja, die persoon raak dalk nie buite beheer en begin sy familie aftakel nie, maar die aftakeling is net so erg. Die hele familie voel die aftakeling. Ek wil nou nie eers daarop ingaan nie.

      Liked by 1 person

  2. Dis ware woorde wat jy hier spreek. Daar is nie genoeg ondrsteuning vir mense wat eetafwykings het. Wat weet jy van ooraktiewe skildklier en uitsny van glutin? Is Banting nie ook n goeie ding vir so iemand nie?(Ek vra maar net!)

    Like

  3. Kameel sê:

    Ek het dit in my jare van depressie ondervind. Ruk jouself reg was almal se reaksie….. as ek vir hulle ‘n liggaamlike probleem soos ‘n gebreekte been kon wys, sou ek meer “verstaan” van die mens gekry het. So is dit met eet ook…. hoekom hou die persoon nie op om so baie te eet nie?wonder jy. Nee, daar is nie “verstaan” vir vetsug nie.

    Liked by 1 person

  4. ekmyselff sê:

    Ooh heng die is n moeilike een, stop sommer net ongeskik jou mond propVOL – al is ek nie honger nie…. ek kry dit ook nie meer vanaf ek die Banting doen nie.
    Daar was weer n vanoggend n hengse stuk oorbanting en die Prof

    Like

  5. Ai, ons dames en die liewe vetjies. ‘n Ewige stryd. Eks miskien nie vreeslik oorgewig, maar prober ek ‘n paar kilos verminder, dis nie maklik nie !!!
    Wat my natuurlik baie help is om besig te bly … dan vergeet ek van eet …

    Like

  6. Terug pieng: Emosionele eters | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s