Toortsie se Toeka Tokkel oor Mode

In opdrag van Scrapydo.

Scrapydo sê ons moet oor mode skryf, en ek waarsku julle, as julle raad soek oor mode, is ék nie die plek waar julle moet soek nie!

Ek het al kleintyd ‘n knou gekry. Sies tog, met uiterste respek gesê, my ma het regtig haar lewe lank met haar gewig gesukkel, en ek, as jong kind het ál haar modewense oortref: Ek was lank en baie baie maer, net wat die modetydskrifte voorskryf. Maar ai toggie, ek was hierdie kaalvoet plaaskind wie my regtig nie aan klere gesteur het nie! Die mode het my net nie opgewonde gelaat nie! Natuurlik wil ek regtig nie UIT die mode wees nie, en trek daarom meer klassiek aan, maar die mode slaafs navolg? Nee, tog nie. Ek glo, dat as ek in die winkels klere koop, dit tog goed is wat tans in die mode is, so, as ek van iets hou, en ek kan dit bekostig, koop ek dit, en is dan hopelik nie té ver uit nie! Verder voel ek ook, dat as jy goed voel in jou klere, jy goed lyk.

Eintlik is ek meer van ‘n individualis. As my ma gesê het, “Almal doen dit”, of “Almal het dit”, met die bedoeling dat dit in die mode is, was dit so goed soos viervoet vassteek, dan het ek dit BESLIS NIE gedoen nie! 🙂

My ma sou sommer ‘n dag Kaap toe gaan, en my hele winters- of somersklerekas koop. Tog te lekker en maklik. Oee en dan was sommige van daardie skeppings dalk erg in die mode, maar totaal teen my grein in! Een keer was daar ‘n paar sandale met sulke lang veters, wat ek dan so teen my been op moes opreig… urggg… ek het dit een keer gedra! En die uiters deurskynende kantjakkie wat ek oor my swembroek moes dra… daardie jaar het ek nie eintlik by die see gekom nie!

Een keer het ek, baie in my skik, met ‘n Indiese baadjie, wat toe hoog mode was, by die huis gekom. My pa, wie se opmerking altyd “grand, grand”, was, vra toe of dit pajamas was. Ai tog!

Tog is ek baie bly dat handwerk nou weer mode is. Hekelwerk. Dis iets waaroor ek mal is, selfs al word dit nie so baie gedra nie. Ek hoor ook toevallig BLOU is die kleur van die somer. Mooi man, ek hou van blou ook. Ek hou van baie kleure, maar nie van oranje nie, so as oranje en bruin die jaar die modekleur is, sukkel ek, hoor julle? Ek sukkel dan.

Loop trek julle mooi aan!

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

12 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor Mode

  1. seegogga sê:

    Birds of a feather. Maar die jare toe ek in Johannesburg gewoon het, het ek ook sommer my hele winter of someruitrusting by een plek gekoop: Suidhoek op Bredasdoro. En glo dit of nie: my Johannesburg vriende was altyd baie beiindruk .

    Liked by 1 person

  2. Ja die slaafse volg v mode is net n geld mors. Twee maande nadat dit gekoop is is dit weer uit die mode en word nie weer gedra nie. Ek het toe ek in bib gewerk het my eie langbroeke met bypassende bostuk gemaak en dan n kortmou baadjie wat by die kleur pas. Weet nie of jy kosmoslinne onthou nie? Dis wat ek gebruik het. Hul het die mooiste bont en dan bypassende effekleur ook gehad. Dit was ook heerlik koel om te dra omdat dit maar warm word in die Bosveld!
    Dankie vir jou bydra

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Oranje en bruin is my kleur….. herfskleure…. oh yeah!!!
    Steur my maar min aan die mode, dra waarin ek goed voel…. of partykeer nie so goed voel nie, maar dit is lekker koel. Die flappe aan die arms jy verstaan 😆

    Liked by 1 person

  4. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 42 : BESTUUR | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s