Hoekom is ouma se bril so groot?

Scrapydo se toeka-tokkel: Mode

08-03 48Kyk deur ou fotos, en sien hoe belaglik mode werklik is.  Daar was ‘n stadium in my lewe dat die helfte van my gesig uit ‘n bril bestaan het. Ek weet dit is iewat van ‘n vergroting maar dit is die eerste ding wat jy op die fotos sien.  Wiè op aarde het besluit dat die mens met sulke vergrootglase moet rondloop – net sodat jou kleinkinders later jare daaroor kan lag.

Daardie groot brille neem my altyd terug na ‘n Sondag in die kerk.  Dit was na die diens dat Irene by my kom staan het.  Alhoewel ons nie boesemvriendinne was nie, het sy onder my vriendinne getel.  Soos sy daar langs my gestaan het was dit duidelik dat iets pla.  Op my vraag wat verkeerd is, kyk sy na my, en agter die groot bril kon ek die vrees in haar oë sien.  Vir ‘n oomblik flits dit deur my gedagtes dat ons twee presies dieselfde brilrame het, toe hoor ek haar woorde.  “Ek weet nie hoekom nie, maar ek is bang vir môre se operasie.” Sy gaan verder deur te sê dat sy al voorheen dieselfde operasie gehad het, en dat dit nie werklik so erg is nie, dus verstaan sy nie hierdie vrees nie.  Ek kannie my antwoord onthou nie; ek het haar ‘n drukkie gegee, en so is ons uitmekaar.

Die operasie het goed afgeloop, maar twee dae later blyk daar probleme te wees.  Infeksie wat vinnig besig is om deur haar liggaam te versprei.  Vrydagoggend laat kom ‘n oproep van haar man af; Irene lê op sterwe en as ek haar wil sien moet ek dadelik hospitaal toe kom.  Die hospitaal is 50 km van ons af, maar nog voordat ek ry kry ek ‘n oproep van Jay se vriend af.  Hy het ‘n dubbelbed gekoop, en vra of ek hom asb met die kombi kan kom oplaai.  Aangesien dit in dieselfde dorp is as waarheen ek oppad is, stem ek in maar maak dit duidelik dat ek haastig is, en nie tyd het om te verspeel nie.

Oppad hospitaal toe – die bed opgelaai, en Jay se vriend langs my – oorval ‘n bewerasie my, en by ‘n voetoorgang ry ek amper ‘n swartvrou om.  Jay se vriend stel voor dat hy verder bestuur, en dankbaar gee ek die stuurwiel aan hom oor.  By die saal aangekom, is dit duidelik dat ek te laat is.  Familielede staan huilend in mekaar se arms.  Ek stap deur tot waar die stil figuur op die bed lê; net haar bors beweeg op en af soos die masjien vir haar asemhaal.  Dit voel so onwerklik; hier lê ‘n vrou in haar vroeë veertigs.  Sy was altyd so vol lewe, en het so ‘n groot liefde vir haar man en kinders gehad, en nou is sy net weg.  ‘n Verpleegster kom skakel die masjiene af.  Alhoewel ek weet sy my nie kan hoor nie, sê ek vir Irene totsiens, kyk vir oulaas na die rustige gesig sonder haar bril op; draai dan om en stap weg.

Maar Irene bly by my spook. Die bril op my neus laat my gedurig aan daardie dag in die kerk dink.  Ek sien die groot bril, die oë vol vrees, en besluit dat dit tyd geword het vir ‘n ander bril.  Mode of te nie, ek soek ‘n bril met ‘n klein-klein raam.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

14 Responses to Hoekom is ouma se bril so groot?

  1. Ek het ook al die bril ding gedoen

    Like

  2. Dit was mode! Elke jaar het die fotograaf fotos geneem by die skool. Ek het ook altyd fotos laat neem. Ek het hul in my album gesit volgens jaar. Dit is nou rerig n belewenis om te sien hoe die rame verander het van klein, na groot, na groter, na kleiner en kleiner en nou liggewig. Ek het drievokaal lense en op einde was die glas lense so swaar hul het skoon my kop die heeltyd na onder gedwing. My neus was ook seer waar die gewig was. Nou met die “plastiese “lense voel mens amper nie jy het n bril op nie. Dankie vir jou lekker terugflits!

    Like

  3. Ek dink nou daaraan miskien moet ek fotos afdruk en dan net die brille met oë op n bladsy sit. Kan dit miskien selfs as n onderwerp maak want my idees is bietjie min.

    Like

  4. Toortsie sê:

    ‘n Tikkie deernis.
    Oeee, ek het ook al brille en brille en brille gehad… ek het altyd die idee gekry dat die brille wat ek kies, nie regtig sekere mense se goedkeuring wegdra nie, veral in my jongdae toe ek nie erg “standaard” brille gekies het nie! 🙂

    Like

    • Kameel sê:

      Daar is sulke mooi brilrame nou, en soveel om van te kies. Dink nie die keuse was baie groot daardie jare nie. Sien nogsteeds GROOT brilrame, maar dan is dit gekleurd en die persoon wat dit dra het so ‘n stukkie kunsstreep in hulle, en dit pas mooi by hulle.

      Liked by 1 person

  5. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 42 : BESTUUR | I scrap 2

  6. Kameel, jou storie het my baie geraak. Om te dink jou vriendin het ‘n voorgevoel gehad? Miskien moet ons meer male daaraan aandag gee… wanneer ons ‘n voorgevoel kry.
    Die brille is oulik.

    Like

    • Kameel sê:

      Dit is so spokie, mens laat dinge baie keer sommer oor jou spoel sonder om aandag te gee. Wat vir my groot vertroosting was met Irene is dat sy vir paar jaar afgedwaal het van die Here. Ek en my man en ‘n vriendin het weekliks bymekaar gekom om te bid. Irene was op ons gebedslys, en groot was ons blydskap toe sy terugdraai na God toe. Sy is twee weke later oorlede.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s