Die dinge begin gebeur met die Banting Boerekosboek

Daar moet nog baie gebeur met my Banting Boerekos Resepteboek, maar tog voel dit vir my tóg of daar dinge gebeur.

As ek so deur my boekie op die rekenaar blaai, dink ek die resepte is nou almal daar wat daar moet wees, so ‘n klein bietjie meer as 50, amper na 60 se kant toe, so ek kan nog uithaal as ek wil. Iets wat ek nog die hele tyd graag wou regkry, is die Beestong se sousresep, want beestong is ‘n ideale Banting resep, maar al die souse bevat te veel suiker en meel. En ja! Ek hét hom nou! Na vele pogings is hy nou presies soos ek van hom hou. 🙂 Yesss!

My vorige bloginskrywing oor die boek, het ek met groot huiwering geplaas. Hoe wonderlik was die reaksie nie! Blogmaters, julle is TOPS! Dankie vir elke stukkie raad. Ek is regtig soos ‘n spons, weet niks van hierdie ding wat ek aanpak nie, en suig elke stukkie raad behoorlik op!

So sorg die Here dat terwyl ek alleen op die langpad ry, ‘n dame oor RSG praat oor die moets en moenies van resepteboeke uitgee… toevallig, né? 😉

Seegogga wys my daarop om ‘n goeie fotograaf te kry. Terloops, Seegogga gee my baie, baie en goeie raad! Die uiteinde is nou dat ek en ‘n vriendin iewers in hierdie week ‘n dag gaan kos maak. Behoorlik kos maak. Sy is baie oulik, en sal dit mooi opdien, en haar dogter, ‘n professionele fotograaf, sal die foto’s neem. 🙂

Maar wie gaan die boek uiteensit?

Ek vra terloops vir ‘n baie oulik, baie kunstige, jong vroutjie of sy vir my die voorblad sal doen. Sy is net daar in ekstase!, en raai wat vra sy my? Wie gaan die boek-uitleg doen? Mag sy maar asseblief? Sy is MAL oor sulke goed. 🙂 God is good, all the time!

En ‘n baie baie goeie vriendin van my doen proefleeswerk. Wat méér kan jy vra?

Nog net die publiseerdery van die boek. Ek weet nie of ek die moed het om van publiseerder na publiseerder te loop nie. Ja, Bekendes verkoop tot 15 000 resepteboeke, hoor ek… maar ek is Toortsie. Toortsie is net Toortsie. As Toortsie ‘n kleine klompie boeke verkoop gaan kry, sal sy baie in haar skik wees, want vir Toortsie gaan dit oor die reis, die proses, die verkope is ‘n bonus! Want uit hierdie hele proses leer ek GEWELDIG baie. 🙂

Hierdie week sal hierdie loskop Toorts haar kop bymekaar moet hou! Oeee… en dít alleen is al ‘n PROSES op sy eie!

Mooi dag!

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad.

My pins van al my boekbeskrywings.

Advertisements

17 thoughts on “Die dinge begin gebeur met die Banting Boerekosboek

      1. En hoe! Mens moet net sterk bly staan. Moenie twyfel aan jouself nie, dis die begin van einde as jy moed verloor. Daardie moed verloor gebeur sommer met n hand omkeer hier by my. My seun het gereeld gesê los nou net die gesukkel. More lyk dit weer beter. Op oomblik is ek doodmoeg. Waarvan weet ek nie(of tewel- al die stress wat ek afgelope weke gehad het het sy pond vleis ge-eis) Jy sal regkom, byt net vas. sien uit na jou resepteboek

        Like

  1. Go for it Toorts. Ek wil eintlik se: jy kan nie verloor ni. Ons het eenkeer iets soos 40 l heuning aangekoop. Ek moes 600 heuningbotteltjies ga aankoop. Toe werk ons uit as ons niks verkoop nie en Elke maand 1 botteltjie opeet, het ons genoeg heuning vir 50 Jr! Ons het gerol vd lag en gelukkig goed verkoop. As jy nou niks verkoop nie het jy vir n hele paar jaar verjaardag en kersfeesppresente!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s