Ek is steeds besig met die boek, Boundaries, en sal seker nog ‘n hele ruk besig wees. Elke woord word oordink.
Hoe werk grense tussen ouers en volwasse kinders?
Dis nie net die ouer wat moet terugstaan nie, ook die jongmens wat trou moet besef dat daar nuwe grense is, dat julle as nuwe paartjie julle eie “huisie” gaan begin bou. ‘n Te sterk afhanklikheid/aanhanklikheid met die ouers kan selfs die nuwe verhouding skaad.
Die boek noem ook die probleem waar ‘n nuut getroude man tweede viool speel teenoor sy vrou se pa. Ja, daar ís ‘n besonderse band tussen ‘n pa en sy dogter, maar dit kan soms gevaarlik wees as dit nie reg hanteer word nie.
‘n Regtig groot gevaar is waar volwasse kinders steeds uit hul ouers se sakke leef en nie daarvan los kan kom nie. Ek praat nie van studente nie, maar van jong volwassenes wat al werk, of veronderstel is om te werk. Ja, ek besef werk is skaars, maar ons moet oppas om nie ons kinders se ontwikkeling te strem deur hul afhanklik van ons te hou nie. Netso, jongmens, moet jy keer dat jou ouers hierdeur ‘n tipe houvas op jou kry. Doen jou eie ding, selfs al moet jy met minder klaarkom, en hou die verhouding met jou ouers gesond.
Dan die ding van kinders wat al jare werk, lankal uit die nes geskop moes wees, maar steeds te lekker in ma se hotel bly… die gevaar van verlengde adolessensie is daar… dit kan selfs jou kind se verhouding met ander jongmense kniehalter.
Hy spreek nog baie probleempies aan, alledaagse dingetjies, goed wat dalk op die oog af nie so erg lyk nie…
Ons verhouding met ons volwasse kinders is belangrik, uiters belangrik. Juis daarom moet ons sorg dat ons gesonde grense daar stel, dat ons hul gun om die volwassenes te wees wat hul is, dat ons nie hul huwelike deur ons optrede vertroebel nie. Die belangrikste nóg, ons moet ook HUL grense respekteer, hulle is nou ook volwassenes, wie dinge dalk op ‘n effens ander manier doen as ons. Kom ons gun hul hul lewe, maar hou ons huise en harte wawyd oop, sodat ons liefdevol vir hulle raad kan gee AS HUL DAAROM VRA.
Groetnis
Toortsie
Skakels na die BOEKBESPREKINGS wat ek doen.
Toortsie se faceboekblad.
Ja – ‘n paar insiggewende feite.
LikeLike
Nie altyd maklik om toe te pas nie… 🙂
LikeLike
Ja, en as mens jou sakke gaan oophou vir die kinders, sal jy dit altyd groter moet oopmaak.
Klink of die boek n paar mooi wyshede bevat.
Lekker lees.
LikeLike
Ja, mens help vir seker waar regtig nodig is, maar soms kan ‘n kind te gemaklik bly klou aan jou beursie ook.
LikeLiked by 1 person
Sommige gesinne laat dit so maklik lyk terwyl ande kort-kort sukkel…
LikeLike
Sal dit geaardheid wees? Of net ‘n beter gesig na buite? Ag ons het ‘n lekker gesin. Ons kan rumoer dat die kranse antwoord gee, en ander kere lag dat ons mae pyn. Erg natuurlike mense.
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie… dalk alles net Genade?
LikeLike
Ja. Genade! 🙂 Respek.
LikeLiked by 1 person
Laaste paragraaf som dit mooi op! Moeilik met tye vir beide kante en tog kan daar in harmonie en liefde gelewe word.
LikeLiked by 1 person
Nie maklik nie; daar is omstandighede, en omstandighede wat dit moeilik maak om by een resep te bly.
LikeLike
O ja. Beslis nie maklik nie en elkeen se storie verskil. 🙂
LikeLike
Baie insiggewend, dankie vir die deel, ek moet hierdie erens “save” en vir n paar ouer vriendinne aanstuur.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike