Wolfkop

Wolfkop Natuurreservaat naby Citrusdal. ‘n Bes bewaarde geheim, sou ek dink.

Vanaf Ceres het ons deur die mooiste vallei gery, verby Op die Berg, met die mooiste perskeboorde in volle blom, peerbome vol bloeisels, tot by Wolfkop, net vyf kilometer buite Citrusdal. Ons moes eers ‘n ander pad neem in Citrusdal.

Citrusdal, met sy sitrusbome. Die lemoenbome laat my dink aan outydse balrokke, dun bene wat onder uitsteek, met die lowergroen blaredos wat wyd uitklok nes ‘n outydse balrok met ‘n stywe onderrok onder. Baie bome is nog vol lemoene, eintlik al laat in die seisoen, sou ek dink. Dan is daar ‘n hele boord leeg gepluk, met hier en daar een boom vol lemoene tussenin. Vreemd. Is dit ‘n ander variëteit, of is die boom vergeet toe die boord gepluk is? Daar’s lemoenbome wat nog lemoene dra, terwyl hul ook al oortrek is met bloeisels… het jy al lemoenbloeisels geruik?

image

Terug by Wolfkop. Kyk gerus na hul webblad. Dit vertel die waarheid.  Kom jy by die elektriese hek, skakel jy die dame in beheer. Sy beduie jou sommer per telefoon na jou huisie, totaal privaat. Jy kyk uit oor die mooiste omgewing vanaf die stoep, waar die jaccuzi uitnodigend borrel… 😉 Met ‘n heerlike kaggelvuurtjie saans waarop jy jou vleisie braai…

…is Wolfkop die ideale wegbreekplekkie… of wegkruipplekkie. 🙂

Toortsie

image

Toortsie se faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings and tagged , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Wolfkop

  1. Dit lyk na ‘n pragtige plek!

    Like

  2. Net Ek sê:

    Daardie borrelbad klink vir my net reg!

    Liked by 1 person

  3. Beslis spesiaal en pragtig. Amper hemel op aarde.

    Liked by 1 person

  4. Ai hoe mis ek nou daai wêreld. Moet definitief weer daar ‘n draai maak (en sommer ook by Wolfkop as ons kan!

    Liked by 1 person

  5. Wow – jy oortref jou met die pragtige blommetjies op die foto. Lyk na pragtige plek. Net gister gewonder oor jou fotografie en die min fotos wat ons vanaf jou kry. Hierdie maak egter op vir dit.

    Wolfkop klink … soos ‘n wegkruip-plek.
    Dis werklik so, om tussen ‘n laan te ry met lemoene vol in bloeisel, is die heerlikeste reuk op die pad.

    Like

  6. Bly maar pragtige omgewing.

    Like

  7. Woef-Woef sê:

    Sjoe! Op my agterdeur en ek weet nie eers daarvan nie. Klink my ek mort aftree en begin rondry.

    Like

  8. Kameel sê:

    Jy maak ‘n mens lus vir ‘n lekker wegbreek 😦 Lemoenbloeisel geur!!!!!! salig.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s