Die regpak

Kyk, die Bantingpolisie sal nog steeds nie met my tevrede wees as hulle vandag, 1 jaar en 2 maande nadat ek begin Banting het, in my spens kom kyk nie. Daar is steeds meel, bruismeel, rys, Cup-a-soup, in my rakke, want sien, ek kan nie my Banting-wil op my huismense afdwing nie. Maar so met die regpakkery is daar tóg goed wat uitgehaal is en vir ‘n honger gesin kan voed, soos stampkoring, droë boontjies…

Behalwe die spens wat ek reggeskud het, het ek ook die groot instapkas in my kamer aan sy horings gegryp. My mond hang oop vir al die gemors wat ‘n mens opgaar! Ek bedoel, hoeveel leë skoenbokse wíl ‘n mens hou vir ingeval jy een nodig het? Ek kan nie eers onthou hoeveel jáár terug ons die swembad se water laat uitloop het nie. Toe ek die bottel chloor vat, toe verkrummel dit onder my hande! Die swembadsuur het ek maar weer in ‘n hoek gebêre, uit vrees dat dit in verkeerde hande beland, en ek wil ook nie ons drein totaal deurmekaar maak nie.

20150928_105042[1]In hierdie kas is ook sentimentele goedjies wat eintlik seker nie meer gehou moet word nie, soos die metronoom wat ek gekry het in standerd 5. Hy het baie jare gelede geval, en is nie meer betroubaar nie. Dalk kan ‘n plaaskindjie nog ‘n rukkie met hom speel. Hierdie juwelekissie het my tannie uit China of êrens gebring. Hy bly.20150928_105124

Die olifantvelbeursie wat my oorlede broer in 1975 vir my gebring het van Katima Mulilo af toe hy grensdiens gehou het, word gehou, selfs al werk sy ritssluiter nie meer nie. 20150928_110009 20150928_110001

 

 

20150928_110116Dan is daar die haarknipper waarmee my man ons kinders se hare gesny het kleintyd. Steeds in uitstekende toestand. Dit by behoue. Hy het altyd hulle hare so kort geknip. Toe eenkeer, kom kuier ‘n vriendin en haar gesin by ons vir ‘n hele week.  Hy kan glo hare sny en my kinders voel hulle moet eerder die oom ‘n kans gee, hulle pa sny darem te kort. Hy kyk krieket solank hy sny en sien nie die kammetjie voor het afgeval nie en sny ‘n hele pad in my kind se hare. Daarná vertel hy, hy het dit nog net een keer tevore gedoen. 😦

20150928_110812Die masseerder vir ‘n spasma nek was nou regtig ‘n vermorsing van geld, maar ek hou dit, net ingeval ‘n kind eendag voel om een te koop.

20150928_111121Die hoede bly almal, net vir wanneer ek dit dalk nodig mag kry. Dan is daar handsakke… sommige gly, ander bly…  My oorlede pa se paspoorte word ook nie meer gehou nie, terwyl my oues almal behoue bly. Ook die boks met die toerbrosjures. Maar regtig, die VORIGE stofsuier se boks kan seker maar gaan? En die ou koordlose foon uit oorlede Telkom se dae?

Maarrr… my liefdesbriewe bly maar lê… dalk skryf my agter-agterkleinkinders eendag ‘n bloginskrywing hieroor! 😉 Laat ek hulle darem VANG!

Waaroor ek die meeste wonder, is… waar kom al die baie leë rakke nou skielik vandaan?

20150928_112028

Ek kan netjies ook wees!

Groete

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Verskeidenheid Onderwerpe. Bookmark the permalink.

13 Responses to Die regpak

  1. karen sê:

    Oe, dis soms lekker om so in die kaste in te vaar! Ek het noudie dag ons solder so reggesien. Dit was sommer weer ‘n plesier om daar te wees, hehe. En lekker as mens soms nog op sulke sentimentele dinge afkom, nè? Ek wens ek het nog my oupa se paspoort – dan kon ek aansoek doen vir EU-Burgerskap. Maar nee, die ambassade het dit verloor… Anderdag se storie, maak my sommer briesend 😉 Lekker dag!

    Like

  2. ekmyselff sê:

    Ja ek kan ook gaar, is sentimenteel en dit kan n problem raak.
    Lekker lag ek vir die hare…. lol

    Like

  3. Ai-tog. Klink soos ek. Ek word soms vies vir myself oor elke botterbakkie wat gebêre moet word. En die sentimentele goedjies, net so erg. Al hierdie dinge maak net baie werk vir mensself. Eerlikwaar hou ek nie daarvan om in my kaste in te vaar nie. Glo nie skoonmaak is aldag vir my nie …

    Die laaste foto se laai is omtrent mooi reggepak!

    Like

  4. Kameel sê:

    Lekkerste gevoel wanneer alles weer uitgesorteer is…. al het ‘n paar sentimentele goed weer ‘n plekkie in die kas gekry 🙂 Gelukkig groei hare weer 😆 anders het jou kind met ‘n pad oor sy kop geloop.

    Liked by 1 person

  5. Ja, is lekker om in ou kaste in te vaar. Gelukkig smyt ek iets maklik weg …

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s