Toorts se Toeka Tokkel oor Herinneringe

In opdrag van Scrapydo.

By sulke familiefeeste kom soms baie interessante stories te voorskyn, stories wat van generasie tot generasie oorvertel word. Stories wat “ons s’n” is, stories wat ons maak wie ons is.

soos…

My oumagrootjie het nie tande gehad nie. Oupagrootjie was ‘n netjiese man, hy het perde beoordeel. Op ‘n stadium gee hy toe vir oumagrootjie geld sodat sy vir haar kan laat tande maak. Sou sy dit in die Kaap laat doen het? Ek weet nie.

Maar sy was ‘n hele rukkie weg en kom toe terug… sonder tande…

Hy vra haar waar is die tande en sy sê dit word nog gemaak, hulle sal dit stuur.

Tyd verloop, en oupagrootjie vra waar die tande dan bly, en ouma belowe dit kom.

Een dag kom daar ‘n boodskap van die stasie af, daar is ‘n pakkie wat oupa moet gaan optel. Die tande… was toe al die tyd ‘n kas! ‘n Side-board! 🙂

Ek dink ek sou van ouma Dien hou! 🙂 Vrou met WOEMA, tande of te not! Sy het geweet wat sy nodig het. 🙂

Geniet jou tandlose/tandvolle dag. 🙂

Ry jy op jou gums? 

Groetnis

Toortsie

Hierdie kas staan nou on haar agter-agterkleinkind se huis. Ek wonder of die tande dieselfde sou kon sê? 🙂

Toortsie se faceboekblad

Advertisements

13 thoughts on “Toorts se Toeka Tokkel oor Herinneringe

  1. Ek was juis vandag by die tandarts oor ‘n gatjie in my tand – sê toe vir die tandarts ek wil sommer valstande hê. Hy het nie gedink dis snaaks nie, hehe. Jou oumagrootjie was ‘n yster; ek sou dalk dat ydelikheid (is dit ooit Afrikaans?) die oorhand gekry het 😉 Maar met ouderdom kry mens dalk meer wysheid oor sulke ding!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s