Sus en Daan

My kleinkinders kom op ‘n gereelde basis alleen by my kuier. Dis hoe ek daarvan hou, ek stop als wat ek doen en gee my volle aandag aan hulle en ons SPEEL, en BEDERF… 🙂 Dis immers ‘n ouma se voorreg! En oumas hóú mos daarvan om oor hul kleingoed te praat ook! 🙂

Sus is ‘n jaar en 10 maande, Daan 3 en ‘n kwart.

Dis van die begin van hierdie jaar af wat hulle so by my kom kuier. Eers het hulle ‘n entjie hiervandaan gewoon en het ek hul net gesien as hul hier kom kuier het een keer in ‘n lang tyd, of as ons daar aangegaan het. Op ‘n stadium het hulle mamma begin werk, en het ons hul nog minder gesien, hul was toe dagsorgkindertjies.

Nou wil ek dadelik hier sê: Ek verstaan dat mammas moet werk, en die kinders noodgedwonge in dagsorg geplaas moet word. Ek verstaan ook dat kinders “gou leer by die ander”, dat hulle op sekere gebiede dalk vinnig vorder omdat hulle met ander kinders te doen kry. Ek blameer julle nie dat julle dit doen nie. Tog glo ek steeds dat, indien dit enigsins moontlik is, dit vir die kind beter is as sy mamma by die huis is, hy dalk net ‘n kort rukkie na ‘n speelskooltjie toe gaan, en dat hy die liefdevolle sorg by die huis kry deur die dag. Ja, kinders pas aan, hul lyk heel gelukkig, maar ek kan getuig van watter geweldige verandering plaasgevind het toe my kleingoed dagsorg toe is, en toe hulle nie meer hoef te gaan nie. Binne 3 weke by die huis was hulle “ander” kinders.

Hulle gaan steeds twee of drie maal per week na ‘n speelskooltjie, maar dis ‘n groot verskil van elke dag, voldag. Hulle is net meer ontspanne, geborg. Hulle voel veilig en jy kan dit in hulle optrede sien.

Aanvanklik toe hulle tweetjies vir ouma kom kuier het, was Sus gelukkig as Daan gelukkig is. Daan was op daardie stadium in sy “terrible two’s”. Is Daan ongelukkig, is Sus ook ongelukkig.

Die ontwikkeling van die kinders is vir my só interessant. Daan het beslis sy “nare twee’s” ontgroei, is die liefdevolheid vanself, hoe meer hy ge”cuddle” word, hoe beter. Sus, wie altyd Daan gevolg het, ontwikkel nou haar eie persoonlikheid. 🙂 Sy begin weet wat sy wil hê, die tweejarigheid begin hier en daar wys…

Ek besef dit maar net keer op keer: Jy hoef nie noodwendig speletjies uit te dink nie, jy moet hulle toelaat om met JOU te speel. Jy moet net BESKIKBAAR wees… en hulle floreer daarop. Sit op die vloer by hulle, speel met wat hulle speel, doen wat hulle wil… dis prysloos.

Wat ‘n voorreg!

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding, Ouerskap en ouerleiding, Toortsie en die kleinkinders. Bookmark the permalink.

19 Responses to Sus en Daan

  1. nowathome sê:

    Wat ‘n wonderlike voorreg het jy dat die kleintjies by jou kan kom kuier! Myne bly in New Zealand en ons sien hulle net af en toe!!

    Like

  2. ddupl3ss1s sê:

    Ek gaan hierdie met Kinta share.

    Like

  3. Daardie eerste ses jaar voor skool is so vinnig verby en dis belangrik dat kinders so veel as moontlik by hul ouers is.Ek is al oor die sestig en kan steeds onthou hoe angsbevange ek was,toe my ma begin werk het.Ek was drie jaar oud en onthou steeds die trauma daarvan!

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Daan was net oor ‘n jaar toe Sus gebore is. Daarvandaan moes hy dagsorg toe, ek dink steeds dit het hom erg benadeel. Genadiglik het dit verander! 🙂 kinders dink hul is een met die ma. Dis vir hulke regtig angswekkend on van hul ouers geskei te wees. Ek het selfs gewonder of ons met die oorslapery nie ‘n fout maak nie. Maar hul was regtig altyd redelik tevrede daarmee. Nou is hul dit gewoond.

      Liked by 1 person

  4. seegogga sê:

    Jy is so bevoorreg om hulle so naby te he en hulle is so bevoorreg om so ‘n ouma te he!

    Liked by 1 person

  5. ekmyselff sê:

    Wonderlike om n betrokke ouma te he!

    Like

  6. Wat ‘n mooie blginskrywing!!jy slaan só die spyker op sy koppie! En nou laat jy my skoon tranerig – kom nou nét van VK af na drie hemelse weke saam met ons Daan…!

    Like

  7. Jy is ´n goeie ouma en voorbeeld vir ons. Ja, myne, sien ek ook maar net af en toe. Twee in Dubai en 3 in SA. Probeer daardie dinge doen, as ek by hulle is. Ons gesels darem, te min na my sin, af en toe, op Skype. Hou darem so bietjie kontak.

    Like

  8. Snaaks, ek voel ook so, dat moeders eintlik nie moet werk nie. Maar ja – dis hoe dit vandag gaan, en klink dit vir my of finansies die grootste rol speel.
    Ek glo, dat die Here sou verkies het dat die moeder moet ‘n huisskepper wees en kinders tuis net liefde moet gee.

    Mooi stukkie.

    Liked by 1 person

  9. Kameel sê:

    Met die opskrif van jou blog vat jy my terug na my kinders se graad een leesboekies toe. Dog ons gaan ‘n kinderstorie lees 🙂 Stem saam, beter ma by die huis en pa by die werk. Maar dit is moeilik in vandag se tyd.

    Like

  10. Manewales sê:

    Dit is so kosbaar. Mag julle 3 elke oomblik saam geniet. En ek moet saamstem dagsorg is ‘n reddingslyn, dit behoort nie die eerste keuse opsie te wees nie. Wat ‘n voorreg om ‘n ouma naby te hê wat soveel meer liefde en aandag kan gee.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ek was bevoorreg met oumas wat my baie gehelp het met my kinders. Ek het my toe al voorgeneem om, indien omstandighede dit toelaat, ook vir my kleinkinders beskikbaarte wees. Ek doen dit heeltemal te min!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s