Waarvoor is jy bang?

Waarvoor is jy bang?

Ek het ‘n hele paar dinge waarvoor ek bang is:

  1. Dat my kinders of kleinkinders iets sal oorkom.
  2. Dat ons land in die hande val van totaal onbeheerbare, mal mense, mense wie net wil afbreek en gryp, vermoor, vernietig, mense met wie ‘n normale gesprek nie gevoer kan word nie omdat die vermoë dalk nie daar is nie.
  3. Dat my huwelik, my verhouding met my man, iets kan oorkom.

Hoekom het ek hierdie bangheid?

  1. Enige ouer sal kan sê dat sy kinders sy alles is, selfs al tree hy nie so op nie. Jou kinders is tog deel van jou. Selfs al word hulle groot, selfs al staan hulle op hulle eie voete, selfs al het jy al “laat gaan”, selfs al bly hulle in ‘n ver land en sien jy hulle amper nooit, bly hulle deel van jou.
  2. Hier is só baie onsekerhede in ons land, ons kulture verskil, ons redeneervermoë verskil, ons kom uit totaal verskillende agtergronde.
  3. My huwelik is vir my regtig belangrik.

Wat doen hierdie bangheid aan my?

Vrees het ‘n manier om my te verlam, daarom probeer ek werk maak daarvan sodra dit oor my kom.

Hoe hou jy hierdie bangheid “in beheer” sodat dit jou nie oorval nie?

  1. Gebed is my sterktse wapen. Stil wees by God. Vir Hom my vrees gee. Ek bid dat God my kinders sal beskerm, en dit hou my rustig.  Ek het my kinders na die beste van my vermoë toegerus om situasies te hanteer, gevare te sien, sonder om self angstig te wees, of húlle angstig te maak. Nie een van ons is paranoïes nie.
  2. Soos in nommer 1, is gebed steeds my antwoord. Ek bid baie vir ons land, vir ons regering, vir ons boere. Is daar onrus iewers, bid ek vir genesing in ons land, bid ek dat daar werkbare oplossings sal kom. Ek bid vir verdraagsaamheid. Ek kyk nie TV nuus nie omdat dit gewoonlik baie meer detail gee as die RSG nuus, wat ek ook net toevallig hoor. Daardeur beskerm ek myself. Ek probeer om positief te bly en konsentreer op die baie positiewe dinge wat in ons land gebeur.
  3. Ek werk aan my huwelik, hoe anders? En weer eens, bid, bid, bid.

Ek is só dankbaar dat ek nie ‘n vrees vir die dood het nie, dat ek nie die hel hoef te vrees nie, dat Christus my kom red het en dat ek daarom kan uitsien na die lewe ná die dood!

Groete

Toortsie

Wat is jóú grootste vrees? Hoe hanteer jy dit?

……………………………………………………………………………………………………………………………………….

Writing 101, opdrag 17. Your Personality on the page. What are you scared of? Address one of your worst fears. Write this post in a style distinct from your own. 

 

11 thoughts on “Waarvoor is jy bang?

  1. Dis goed om die bangheid te spesifiseer. Dit help om dit te kan voorkom of vergemaklik.
    Jy het n mooi stuk geskryf oor dinge waarvoor jy bang is. Ook die oplossing wat jy gee om dit te kan oorkom is mooi uiteengesit. Netjiese stukkie skryfwerk

    Like

      1. Ek is bang dat as ek rerig ‘oud” is niemand het wat na my sal omsien nie.
        Gelukkig het ek met my vriendinne eendag daaroor gepraat en veral een het gesê sy sal na my kyk(wat sy alreeds in n mate doen)
        Ek is bang om nie geld te hê om my kragrekening te betaal nie. Wat maak mens sonder krag? Ek is nou sommer swartgallig. Ek is dankbaar vir my seun en vriendinne wat rerig omgee.

        Liked by 1 person

  2. Ek geniet jou blog altyd vreeslik baie. Jou vrese maak sin en mag die Here jou krag gee en n gevoel van rustigheid. For he did not give us a spirit of fear, but of love power and a sound mind. 😀

    Like

Gesels saam, asseblief!