Die mooiste poncho

Ek is mal oor ‘n poncho… of ‘n sjaal… of ‘n ding wat punte hang. Want sien, onder dit kan ‘n mens basies enige ding aantrek, wat dalk óók punte hang, vir al wat jy weet. Dit maak nie saak dat die klere onder uitsteek nie. Anders as met ‘n baadjie, waar alles mooi netjies moet sit en daar nie stukke van jou hempie onder mag uithang nie.

Vir jare het ek daardie liefde in my doodgedruk, dit was immers nie in die mode nie, asof ék my nou aan mode steur! Kyk, my superbont sjaal wat ek gehekel het, het my tone van dag een af laat krul, al het dit dalk ander laat naar word! (Jammer om van hulle probleem te hoor, maar GELUKKIG hoef hulle dit nie te dra nie! 🙂 )

 

 

Ek is altyd op die uitkyk vir ‘n mooi poncho patroon, toe sit iemand hierdie een op die “Ons Hekel” faceboekgroep. Natuurlik is daar nie ‘n patroon by nie, maar ek glo, met ‘n bietjie beplanning, sal ek dalk ‘n soortgelyke een kan optower. Natuurlik laat faceboek nie toe dat ‘n mens ‘n foto kan pin nie, of dis wat ek nog elke keer ervaar het as ek ‘n fb foto wou pin. So, al manier vir my om dit by my Poncho prentjies en -patrone te kry, is om hierdie bloginskrywing te doen met die foto daarby, en dit dan te pin. 🙂 poncho

Is dit nie verskriklik mooi nie? En as jy wil weet waar ek my poncho’s en ander serpe pin, kyk bietjie hier.

Vir die hekelaars hier onder ons: Lekker hekel!

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Wegbreek

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

22 thoughts on “Die mooiste poncho

  1. Eintlik is dit vir my ook so pragtig. (Maar ja – my kinders dink nog dis outyds.) Kom ek sê jou, met die volgende geslag gaan hierdie stukke Royal word. Dis harde werk, en die patrone is kleurvol en lekker warm.

    Ek hou in elk geval meer van hekel as brei. En ja, ‘n hekelpatroon kyk ook makliker af. Lekker hekel …

    Liked by 1 person

    1. Hekelwerk is mos nou weer hoog mode. Moet sê my nageslag byt nog nie aan die nuwe mode nie. My dogter het wel nou die dag gevra of ek eendag vir haar babatjies ook mooi truitjies sal hekel. 🙂

      Like

  2. Dra waarin jy gemaklik voel sê ek 🙂 my dogter se skoonma het vir haar ‘n bonte jas…. of laaaaaang baadjie gehekel. Ek kannie een van ons behalwe vir haar daarin sien nie 🙂 Jou poncho’s maak my nie naar nie… ek wonder net waar is die grooooot hoed?

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord