Is Banting duur?

Ek het aanvanklik so gedink, ja. Eintlik dink ek steeds so. Dit is die duurder kosse wat ‘n mens mag eet, soos room en kaas, en avokadopeer. Tog is die goedkoper vleissnitte meer aan te beveel, dié stukke met die baie vet aan. Ek dink daar is regtig mense vir wie hierdie kosse duur is. Baie Banters is egter oortuig dat hulle kosrekening aansienlik verminder het.

Toe my kinders nog almal in die huis was en ek regtig ook maar elke sent moes omdraai, het ek ook maar die goedkoper margarien gekoop en as hul maats huistoe gebring het, het ek gesorg dat hier genoeg brood is en aartappels om die seunsmagies vol te maak.

Maar is dit regtig duurder? Hoe meer ek hieroor oplees en sien wat ander mense skryf, hoe meer wonder ek… Mens eet mos nou weer heelwat minder as voorheen omdat hierdie kosse so voedend is. ‘n Mens sny ook ‘n klomp ánder duur items uit, soos sjokolade en tjips.

Sien, ek het geweet dis ‘n leefstyl, maar tog het ek nie werklik die gesondheidswaarde daarvan besef nie. ‘n Vrou van ons dorp het alreeds meer as 30 kg verloor. Sy het nou gesê dat haar dokter haar van alle kroniese medisyne afgehaal het, omdat haar gesondheid soveel verbeter het. Asb! Moenie jouself van medisyne afhaal nie! Dis nié ‘n speletjie wat ‘n mens onverantwoordelik aanpak nie.  Maar ja, in samewerking met jou dokter mag dit gebeur dat jou medikasie sal kan verminder.

Ek het iewers ‘n video gesien waarin ‘n diabeet-spesialis (wat is die regte benaming?) Banting vir haar pasiënte aanbeveel omdat hulle dan derduisende rande op medikasie spaar. Ekself kan getuig dat my suiker 0.1 punte onder medikasie gaan draai het. Ek het dit aanvanklik verbeter deur nie meer suiker in my koffie en tee te gebruik nie. Noudat ek Banting doen, is my suikervlakke só mooi, medikasie is nie eens ‘n opsie nie. Om die waarheid te sê, die dokter toets nie eens meer my suikervlakke nie! En Cholesterolpille? Ek ís op die laagste moontlike vlak, en my dokter het ingestem dat ek dit mag halveer, ook omdat my cholesteroltelling so laag is.  Ek kom selfs agter dat ek minder allergies is, dis immers nou stuifmeeltyd in die Overberg en ek loop nie aljimmers met ‘n dik kop rond nie!

So, as ‘n mens die algemene gesondheid wat soveel verbeter in ag neem, met die vermindering in kroniese medikasie en die kostes daaraan verbonde wat ‘n mens kan spaar, wil dit dan nou al vir my lyk of Banting glad nie so duur is as wat ek gedink het nie!

Of hoe?

Toortsie

Ns. Steeds probeer ek geen persoon oorreed om die Banting-leefstyl te volg nie. Sou jy dit wou doen, sien eers jou dokter. Dis wat ek ook gedoen het.  Dis jou besluit, nie ek wat jou probeer oorreed nie.

Toortsie se faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER.

img_59097563831079

16 thoughts on “Is Banting duur?

  1. Klink my ek sal nou meer van daai lekker vet biltong moet eet waarvoor ek so lief is. 😆

    As ek kyk hoe lekker my ouma en oupa geëet het, en dit was altyd vleis, rys en aartappels/groente, en nie een van hulle het ooit gesondheidsprobleme gehad het, wonder ek tog maar. Hulle het nooit nodig gehad om hul te bekommer oor diëte en sulks.

    Ek dink vandag is daar te veel mense wat te slim wil wees. Meeste van hulle moet mos geld maak of hoe? Ek voel mens moet eet wat vir jou reg is. Jou liggaam sal jou vertel as dit nie is nie. Dan ook kry min van ons genoeg oefening in. Die lewe is so ‘n gejaag. Werk, eet, slaap … dis hoe dit gaan.

    En nouja, met ons vrouens kom daar dan alles wat met ‘MEN’ begin. 😆 Die hormone gaan hou vakansie op ‘n eksotiese eiland en los jou by die huis. Sal enige vrou die hel in maak sodat sy lus voel vir lekker eetgoedjies. LOL!

    Ons is gelukkig om ‘n avokado boom te hê. Dit en slaaie is my gunsteling disse. 😀

    Lekker interessante pos Toortsie en dankie vir die inloer by my. ♥

    Like

      1. hahahaha! Noudat jy so praat, dis wat jy man altyd sê want ek is so lief vir die vetjies – en ek hoop nie my vegan vriende hoor my nie. Darem is dit net beesbiltong. Ek eet glad nie wildsvleis nie. 😆

        Like

        1. Nee man Sonel-kie! Ek dink wildsvleis is in baie opsigte gesonder. Geen antibotika inspuitings en gifdippe word aangetref in wildvleis nie. En as jy dit nog so lekker Kerrie-braai soos my ma kan gaarmaak, ai – liplekker!
          Maar ja – ek verstaan hoe jy voel en bedoel. (Glimlag)

          Liked by 1 person

          1. O hel nee Spokie. Ek eet nie bokkies nie. 😆 Hulle is te oulik. 😀

            Ja, moenie praat van al die gaggas wat hul in ons vleis sit nie. Party dae voel ek ek kan net op slaai leef. 😀

            Daai kerrie-braai klink lekker – maar ek sal dit net eet as jou ma dit maak. 😆

            Ja, jy weet en verstaan. Dankie. ♥

            Liked by 1 person

  2. Wel, wat ek al opgemerk het, is dat dieet kosse baie duurder is as ander kosse. Dit is nou die gesonde kosse. Terwyl dit eintlik anders om moet wees.
    Maar natuurlik is medikaie vrek-duur! Ek gaan koop gister vir my en manlief iets om te eet. Dit kos R165.00. Ek maak draai by apteek vir pynpille en 2 ander goedjies, R385.00. Dubbel soveel!

    Om sonder pille klaar te kom is om te spaar. Verseker!

    Like

  3. Ek lief banting dit is maklik, en jy hoef niks te weeg en te meet nie, lintsaad meel is goedkoper as die ander meel, mens leer maar soos jy aangaan. Vriend van my se broer spuit nie eers meer inselien nie – dis wonderlik! Ek geniet banting! Ek moet se ek kan nie se ek voel beter op dit nie, n vriendin van my “bant” omdat sy beter voel op dit en nie omdat sy gewig wil verloor nie.
    Al wat my klein bietjie pla is dat banting nog “jonk” is en hulle nog nie navorsing kan wys oos die gevolge oor n lang tydeperk nie. Vir nou werk dit vir my en ek is amper 5 maande op.

    Like

    1. Banting is tog nie so jonk nie. Onthou, dis ‘n uitvloeisel uit die Atkins dieet, alhoewel daar meer op vet gekonsentreer word.
      Ek het dit ook begin doen omdat ek gewig wou verloor, so ek kan ook nie praat van “vreeslik wonderlik” voel nie, natuurlik voel ek goed omdat ek gewig verloor het. 🙂
      Vertel van die lintsaadmeel? Ek ken dit glad nie. Waar koop jy dit en hoe gebruik jy dit?

      Like

      1. Toorts dit is Flexi Seed, jy kan dit by Dischem kry, dit is baie goedkoper en jy kan dit in die plek van Almond Flour wat baie duurder is, jou gebak is net nie so “los” nie. Ja ek hoor jou maar Atkins was nie Banting nie… 🙂

        Like

Gesels saam, asseblief!