Skottelgoed. Genade! In opdrag van Scrapydo.
Skottelgoed was. Wasgoed was. Bed opmaak. Almal redelik in dieselfde klas. Daardie dinge wat jy doen om klaar te kry, sonder om daaroor te dink, want as jy eers begin dink daaroor, begin tob, dan raak dit ‘n werk, ‘n moeilike werk, wat moeiliker en moeiliker raak by die sekond.
Daar is twee masjiene in my huis waarvoor ek baie keer vir die Here dankie sê, en sou hul breek, sal ek sowaar ‘n bank beroof om ‘n nuwe een aan te skaf as ek dit dan nie sal kan bekostig nie, of dalk bly ek dan ‘n hele week sonder poeding om die geld bymekaar te maak, maar o gits!, ek bly steeds sonder poeding, so dit sal nie werk nie. Die masjiene is my skottelgoedwasser en klere wasmasjien, beslis nie wit olifante nie. Nee, hulle word gebrúík!
As ek in die nag iets oorkom, sal die kans goed wees dat hier dalk nog vuil skottelgoed staan, ek los maklik die aand se skottelgoed vir die volgende dag. Sooo… sou jý dalk dan kom help, ignoreer maar die vuil borde, of anders, was dit vir my asseblief man! Jy hoef dit nie af te droog nie, dit drup sommer droog. 🙂 Maar as dit nie pla nie, los dit sommer, wat.
Groete
Toortsie
Jy praat waar van as jy die dinge eers begin bedink. Hier op my oudag begin ek dit wat deur die lewe so normal gekom het, bedink….. not a good idea!!!
LikeLiked by 1 person
Hierdie masjien het normal sommer self na normal toe verander 😦
LikeLiked by 1 person
Daar doen hy dit wraggies weer!!!!!!!
LikeLike
Sien!
LikeLike
Ag ja wat! Ek los ook soms die skottelgoedjies. Kom ons vat die lewe gemaklik …
LikeLike
Dis die lekkerste van die inwoning op die Landgoed. Middagete word gekook en skottelgoed word gewas. Dan word die goedjies nog 2X ‘n week ook gewas. Saliger kan dit amper nie
LikeLiked by 1 person
Ek moet ook daar kom woon! 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek kan nog nie glo hoe lekker dit is nie.
LikeLike
Hier het ons nie hulp om te was nie.Die onus rus op die huisvrou/man. Samewerking is belangrik maar as jy alleen is moet alles tog maar stelselmatig afgehandel word. Bed word opgemaak terwyl die tee bietjie afkoel, Uitgevee wanneer tweede koppie tee staan en afkoel. Skottelgoed word gewas as die nuus aan is. (Nuus is meestal tog maar dieselfde ou klomp ou nuus) Wasmasjien is ook een van masjiene wat ek dadelik gekry het toe ek hier aangeland het! 🙂
LikeLike
By pns raak die hulp ook al ‘n skaars ding. .. so een keer per week. Sy maak dan huis skoon en stryk. Die res doen ekself.
LikeLike
In SA het ek ook maar net een vir n dag gebruik om skoon te maak en te stryk. Bygesê ek het n meenthuis gehad wat nie te groot was en net ek alleen het nie te veel werk opgelewer nie.
LikeLike