Kerriebone

Ek sien daar is nou weer belangstelling op my Pinterest in Ingelegde produkte. Kerrieboontjies is altyd ‘n wenner.

20150428_134237 20150428_134547 Ingelegde Kerrieboontjies

Bestanddele:

1 kg groenboontjies, gekerf

500 g uie, gekerf

500 ml water

2 t  sout

375 ml asyn

15 ml meelblom (meer indien nodig)

10 ml kerriepoeier

200 ml suiker

Vars boontjies is natuurlik heerlik, maar ek gebruik soms bevrore boontjies. Dan maak ek die water ‘n bietjie minder.

Kook die boontjies, uie, water en sout vir 10 minute saam.

Meng die asyn, meel, kerriepoeier en suiker en voeg dit by die boontjiemengsel. Kook tot die boontjies sag is.

Bottel dit warm.

Onthou, die geheim van inlê is dat jy die bottel moet vul tot heel bo en die prop so styf as moontik vasdraai. Daar moet geen lug ingaan nie. Sodra die inhoud dan koud word, seël die bottel. Jy kan dit dan baie lank op ‘n rak hou. Sodra dit oopgemaak is, moet dit in die yskas gebêre word.

Lekker eet!

Toortsie!

Nie geskik vir Banting nie, as gevolg van die suiker en die meel. Ek sal nog ‘n bietjie oor hierdie saak dink…

7 thoughts on “Kerriebone

Gesels saam, asseblief!