Kerriebone

Ek sien daar is nou weer belangstelling op my Pinterest in Ingelegde produkte. Kerrieboontjies is altyd ‘n wenner.

20150428_134237 20150428_134547 Ingelegde Kerrieboontjies

Bestanddele:

1 kg groenboontjies, gekerf

500 g uie, gekerf

500 ml water

2 t  sout

375 ml asyn

15 ml meelblom (meer indien nodig)

10 ml kerriepoeier

200 ml suiker

Vars boontjies is natuurlik heerlik, maar ek gebruik soms bevrore boontjies. Dan maak ek die water ‘n bietjie minder.

Kook die boontjies, uie, water en sout vir 10 minute saam.

Meng die asyn, meel, kerriepoeier en suiker en voeg dit by die boontjiemengsel. Kook tot die boontjies sag is.

Bottel dit warm.

Onthou, die geheim van inlê is dat jy die bottel moet vul tot heel bo en die prop so styf as moontik vasdraai. Daar moet geen lug ingaan nie. Sodra die inhoud dan koud word, seël die bottel. Jy kan dit dan baie lank op ‘n rak hou. Sodra dit oopgemaak is, moet dit in die yskas gebêre word.

Lekker eet!

Toortsie!

Nie geskik vir Banting nie, as gevolg van die suiker en die meel. Ek sal nog ‘n bietjie oor hierdie saak dink…

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge. Bookmark the permalink.

7 Responses to Kerriebone

  1. Ek vrek oor kerrie boontjies….

    Like

  2. Ek is self mal oor kerrieboontjies. Een van daardie goed, wat jy saam met alles kan eet. Die lekkerste op vars gebakte brood en regte botter. Natuurlik uit vir die Bantinggelowiges.

    Like

  3. Mmmm – bly maar ‘n lekkerny.

    Like

  4. Dit lyk baie lekker. Het jy nie n resep ver ingemaakte nartjies nie?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s