Masai troue

Ons was bevoorreg om na ‘n baie besonderse troue genooi te wees. Die bruidegom werk in Kenia. Hy het sy vrou op ‘n besonderse wyse ontmoet, en besonders is sy ook beslis.

Ons het ‘n epos gekry waarin die padaanwysings was na die troue, sou die weer dit toelaat, en die oggend ‘n sms wat bevestig het waar die troue sou wees. Ons het met ‘n paadjie gery tot by ‘n stoor, en verder gestap, tot ons by ‘n opening in ‘n bosagtige gebied gekom het.

Nadat ons ‘n hele rukkie daar gesit het, het ons gehoor daar is iets aan die gebeur…

Die bruidegom was op pad, vergesel deur sy vier Masai strooijonkers. Die oudste van die Masai het aangekondig dat hulle op pad was, terwyl die ander allerhande klanke gemaak het.

20150808_151830 Daarná het hul ‘n dans gedoen vir die bruidspaar. Terloops, die Masai dra gewoonlik rooi, maar blou word blykbaar by troues gebruik, as ek reg verstaan.

20150808_152020 20150808_152222

Tydens die onthaal was daar ook Masai gebruike toegepas en het die bruid ‘n Masai naam gekry. ‘n Ouer persoon uit Masailand het die seën oor hulle uitgespreek, en toe is daar natuurlik weer Masai danse gehou.

20150808_152841 20150808_174116 20150808_184558 20150808_184616

 

Natuurlik was ALS nie Masai nie, en kon ons heeltemal tuis voel.

Die bruid was pragtig en als was FANTASTIES!

Al wat ek kan sê… wat ‘n voorreg!

Groete Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings. Bookmark the permalink.

12 Responses to Masai troue

  1. Jinne – dis ‘n oulike idee gewees! Dankie die visuele toer. Jou artikel het my so laat verlang na ‘n ander Bruidegom wat oppad is! Ek sukkel om nog gewoond te raak aan hierdie nuwe donkerkleur troukoeke, so gewoond aan ‘n eetbare vanilla of wit kleur! Maar dis pragtig.

    Like

  2. ekmyselff sê:

    Interessant – dink dis nou nogal n belewenis. Die koek was ook baie mooi

    Like

  3. Baie interessant Klink al te lekker

    Like

  4. Olga sê:

    Mens kry soveel interessanthede in Afrika kulture. Net jamme die Nuwe Suid Afrikaanse kultuur wentel om “Gryp wat jy kan. As jy gevang word, blameer apartheid.”

    Like

  5. sjoe, klink na ‘n belewenis

    Liked by 1 person

  6. Sulke “vreemde” troues is vir my ook besonders. Daar is so baie wat mens van ander kan leer. Ek het op n stadium saam met n fotograaf na verskillende troues gegaan as hulp vir haar. n Regte Indiese troue is ook heel anders en besonders. Dis goed om sulke troues by te woon. Dit vernreed n mens se insig in ander kulture ook.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s