Toortsie se Toeka Tokkel oor Oudhede

In opdrag van Scrapydo.

My ma was ‘n kenner van oudhede en het regtig ‘n oog gehad vir ‘n waardevolle en mooi ou stuk. Ekself waardeer dit, maar ek dink nie ek besef die werklike waarde daarvan nie. Tog het ek in my huis ‘n hele paar pragtige ou stukke meubels wat ek by my ouers en ook my skoonouers kon kry.

Toe ek jonk getroud was, en regtig arm was, was ek dankbaar vir elke stukkie iets wat ek in die hande kon kry. Tot my huis baie vol geraak het.

Vandag is dit vir my belangrik dat die dinge ook gebruikswaarde het. Ja, ‘n mens hou hier en daar iets wat nie regtig gebruikswaarde het nie, eerder sentimentele waarde, maar ek gebruik my goed.

Hier staan ‘n ronde tafel met ‘n regtig besonderse voetstuk, wat ek kan onthou toe ons dit gaan koop het iewers in die Strand. Ek was nog baie klein. En ‘n pragtige kas met die fynste houtwerke daarop.

Die foto’s wat ek gaan wys, is van die goed wat slegs sentimentele waarde, geen geldwaarde nie. Hierdie kissie was my ouma, na wie ek vernoem was, se briewekissie, en haar briewe is nog daarin.

20150907_101305[1]

20150907_101324[1] Hierdie is die inhoud van my ouma se naaldwerkkissie.

Hierdie wat ek nou wys, was my oupa se kissie, kompleet nog toegedraai in ‘n sakdoek, waarin ‘n klompie dokumente gebêre is.

20150907_101427[1]20150907_101356[1]

Ek dink dis genoeg gewys.

Groete

Toortsie

14 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor Oudhede

  1. Dis tog lekker om sulke spesiale oudhede te hê. Veral as mens ouer word heg n mens nog meer waarde daaraan. Van die ou kassies was nog van skilpaddop ook gemaak. Kanonthou my ma het so spesiale skilpaddopkassie gehad waarin sy haar ou paar juweeltjies gebêre het. Wonder nou wat daarvan geword het. Dankie vir jou deelname dis heerlik gewees om te lees.

    Liked by 1 person

  2. Die ou briewekissie, of liewer die briewe daarin, het nou my verbeelding aangegryp. Watter soort stories vertel hulle? Uit watter tydperk dateer die briewe Toorts? Briefskryf is ‘n kuns wat stadig afsterf. Nou skryf ons “briewe” op sosiale media, maar die persoonlike gesprek ontbreek tog maar.

    Like

  3. Ek wil ook weet wat in daardie briewe staan. Watse storie vertel hulle? Wens so ek kan weer my oupa hulle se liefdesbriewe lees…. maar hulle is weg.

    Like

  4. Goeie dag,ek het n ou kluis wat in Engeland gemaak is gekoop.Ek het dit gegoogle en dit blyk dat dit baie oud en skaars is.Op die brass plaaitjie staan as volg.C.Lukas &company Burglar and Bullion safe.Bilston ENGLAND.Die kluis is groen.Waar jan ek die waarde van die kluis bekom?Ek woon in die Paarl Wes-Kaap

    Like

Gesels saam, asseblief!