Groet van die walvisse

Ek het besoek ontvang van ‘n Egiptenaar en wou darem graag iets van die omgewing vir hom wys. Ons is toe na die De Hoop Natuurreservaat, ons kon nie lank vertoef nie, want tyd was beperk.

Vir die eerste keer in sy lewe sien hy toe… elande… sebras… volstruise (weet nie of dit die eerste keer was nie.)

20150903_150807‘n Hoogtepunt was natuurlik die walvisse, iets wat hy ook nog nooit gesien het. Dis die ding van Koppie Alleen, hy stel jou nooit teleur nie! As ‘n mens net reguit gekyk het, sonder om jou oë te draai, het jy vier walvisse gesien. Daar was BAIE!  Sommige het net gelê, ander het met die sterte in die lug geswaai, party het gespring uit die water, geblaas… Toe ons begin terugstap, gebeur iets wat ek nog nooit gesien het nie. Ek het al gesien en gehoor dat hulle met hulle vin op die water slaan, maar hulle kom almal nader geswem en die een na die ander slaan hulle met hulle vin op die water, dat dit weergalm. Mens sou sweer hulle hou ‘n kompetisie… of dalk het hulle die boodskap uitgestuur dat daar ‘n Egiptenaar op die wal is, die ander moet kom kyk? Ek weet nie! Hulle het net aangehou en aangehou. 🙂

My niggie vertel dat die ou mense gesê het die walvisse bring ‘n boodskap. Dalk was dit ‘n boodskap van seën, A Message of Blessings vir die mense in Egipte, spesiaal hier van die suide af? Wie weet?

20150903_154300

Soos dit nou nie op hierdie foto lyk nie… hier is BAIE walvisse!

Groetnis

Toortsie

16 thoughts on “Groet van die walvisse

  1. Ek wens ons kon ook die walvisse van so naby af sien. Ons sien baie van hulle hier onder verbyswem en speel in die water, maar dis te ver om hulle mooi waar te neem.

    Like

  2. Lekker storie! Ek was vroeër die jaar by ‘n vriendin op Maui. Een oggend op die strand lê ek en boek lees, toe daar sommer naby die vlakwater ‘n walvis met sy stert begin slaan op die water. Almal kyk en neem foto’s en hy gaan aan en aan en aan. Later is dit al amper 5 minute, en mens voel amper sleg om te dink “ok, hy kan maar nou ophou” want mens sit daar vasgenael en my boek was so interessant, hehe.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!