En só hou ons toe fees.

Die familiefees het gekom en gegaan, maar wat ‘n fees!

Daar is baie familielede wat ‘n mens net op sulke feeste raakloop. Sommige loop jy gereeld raak, met sommige het jy ‘n verhouding. Daar is niggies wat kleintyd jou beste maatjies was, met wie jy nie in jou daaglikse gejaag te doen kry nie, en kom so ‘n feesnaweek, is dit net lekker, lekker, lekker.  In die begin is daar gesiggies wie dalk vreemd is, maar met tyd begin almal ontspan, nuwe bande opbou, gesels, kuier… want ons wortels is dieselfde.

‘n Klompie van ons het die fees, wat eintlik net vir Saterdag bedoel was, ‘n naweek van gemaak. Vrydagaand het die braaivleisvure al hoog gebrand en is daar gekuier en gelag en gesels tot laataand. Groot hartsdinge is gedeel, almal was dit eens: Hierdie tradisie móét voortgaan, dit moet gereeld plaasvind. Staaltjies uit die ou dae is vertel.

Saterdagoggend was almal vroeg op, gereed vir ontbyt, en toe het ‘n bus die span kom oplaai om hul na die familieplaas te vervoer. Ek en manlief het die drie oumas geneem. 20150905_103153

20150905_102313 20150905_110348

Die verrigtinge het by die familiekerkhof begin. Ons het blomme op al die grafte gesit en dit het regtig mooi gelyk. Ná ‘n breuk op die pad, het die buslot darem later daar uitgekom. Daar’s begin met skriflesing en gebed en vir die jongspan is verduidelik wie lê waar, wie was met wie getroud, ens. Terloops, my twee oupagrootjies was broers…

Daarná is ons na die feesterrein by die huis waar oupa en ouma gewoon het, en wás dit ‘n fees! Die kleinspan was behoorlik bedrywig op ‘n waterglybaan en springkasteel, die ouspan het rustig op die stoep sit en gesels, daar’s, en verder is daar net heerlik saamgekuier. ‘n Stamboom is opgetrek, regtig iets besonders.20150905_134108 20150905_15103220150905_160515

Later die middag is almal terug, die naweekspan na hul kuierplek, en ná ‘n kort rukkie van rus, is die kuier voortgesit. Die klomp neefs wat in die omgewing woon, het kom inval…, en twee vryersklonge wat dit waag om by van die niggies vlerk te sleep, moes hulle plek in die familie behoorlik “inbraai”. 🙂

 

Vinnig is dit om.

Ons was omtrent 65 mense bymekaar, die oudste 91 jaar oud.familiefees 2015

 

Mense beny ons soms oor ons dit doen, maar dis só maklik. Het jý lus vir so iets? Selfs al het jy nie kontak met baie van jou familie nie, is dit so maklik om te reël. Skep ‘n geslote event op faceboek. Bepaal watter oupa/ouma se nasate genooi word. Jy nooi almal wie jy kan, en maak dit moontlik dat die genooides ook kan nooi. Op so ‘n manier word byna almal genooi. Vra dat almal wat fb het, seker maak dat sy/haar gesin almal genooi is. Bepaal datum en vorm van die partytjie en geniet dit! Jy sal jou verbaas wie almal opdaag, en ja, daar sal ook wees wie nié opdaag nie, maar dis hul eie verlies. Waag dit! Dis die moeite werd. Ons het bring en braai gehou, dan maak die getalle nie saak nie. Elkeen het slaai gebring en dis op ‘n tafel uitgepak. Almal het saam geëet. Die gasvrou het gesorg vir heerlike brode en poeding.

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Verskeidenheid Onderwerpe and tagged . Bookmark the permalink.

16 Responses to En só hou ons toe fees.

  1. Kameel sê:

    Dit klink heerlik Toorts, bly alles het so goed afgeloop 🙂 Daardie grafte lyk so goed opgepas!!!

    Like

  2. Ek is so bly dat families nog sulke tradisies het en moeite doen om dit vol te hou. Dis nou een ding van ver woon – ons mis uit op sulke byeenkomste – maar ek het goeie herinneringe van my kinderdae toe ons hele familie Kersdag by my Oupa en Ouma se huis bymekaargekom het, omtrent 20 kleinkinders plus ouers en grootouers.

    Like

  3. netjane sê:

    Ek hou van die stamboom se uitleg en vorm! Baie interessant.

    Like

  4. Klink heerlik Ek is seker dit word ‘n instelling

    Like

  5. Dis wonderlik.Ons klomp het so uitmekaar gespat,ek weet nie eers meer of al my niggies nog leef nie.Vandag ook gehoor,dat die nuwe eienaar van ons familieplaas,al die geboue platgestoot het..’n hele leeftyd se herinneringe net so verwoes!Ek wil huil daaroor.

    Like

  6. ekmyselff sê:

    Wonderbaar – dit klink heerlik.
    “feesterrein by die huis waar oupa en ouma gewoon het” – is dit steeds familie wat daar woon?

    Like

  7. katrina sê:

    ‘n Mens sien beslis heeltemal van jou familie, veral as jy nie naby hulle bly nie. Hoe ouer ek word, hoe lekkerder is dit om met almal te kuier. Klink regtig na ‘n lekker bymekaarkoms wat julle gehad het.

    Like

  8. Klink en lyk na n heerlike tyd saam. My man se Familie is baie mense. Ek het gelukkig al die broers en susters met hul kinders stelselmatig ontmoet. Die kinders het nou al kinders. My kant is baie klein. Ons het altyd Kersfees by een saamgekom. Nooit regtig nog so n lekker uitgebreide familiefees gehad nie. Behoort baie interessant te wees want daar is nogal heelwat familie van my ma se kant wat in SA is. Oudste suster het rukkie terug n familieverjaarsdag bygewoon.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s