Grensprobleme

 

Volgens “Boundaries” is daar verskillende tipes probleme wat mense kan hê met grense stel. Jy is dalk goed met een, maar sukkel met ‘n ander.

Die “Compliants” sukkel om nee te sê. Hul laat toe dat ander hul misbruik, besluite vir hul neem, hul lewe oorneem.

Die “Avoidants” sê nee vir die goeie dinge wat hul in hul lewe nodig het, wat ander baie keer bereid is om te gee. Hul sal nie hulp vra in moeilike tye nie. Daardeur sny hul liefde van ander af.

Die ‘Controllers’  het weer geen respek vir ander mense se grense nie. In plaas van verantwoordelikheid neem vir hul eie lewens, beheer hul eerder ander mense se lewens. Dalk is dit ‘n teken van onsekerheid in hulself?

Die “Non-responsives” reageer nie op ander se behoefte aan liefde of sorg nie, is net net hul eie lewe met hul eie behoeftes besig.

Dan is daar nog kombinasies ook! Én die ding van teenoorgesteldes wat mekaar aantrek, veral in huwelike!

Hoe verder ek aan hierdie boek lees, hoe meer voel ek dis ‘n boek wat elke persoon moet lees. Dalk het onsself ‘n grensprobleem, dalk kry ons met so iemand te doen…

Groete
Toortsie

Al die skakels na my boekbesprekings by PINTEREST.

Ons FACEBOEKBLAD

Advertisements

7 thoughts on “Grensprobleme

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s