Kultuur en gewoontetjies en tradisie

Sommige gelowe, in die hoop om mense af te rokkel, maak die Christengeloof af as tradisie. Ja, daar is beslis baie tradisie daarmee saam, maar wat hulle nie besef nie, is dat die Christengeloof gaan oor ‘n VERHOUDING tussen God en die mens.

Maar dit nou eers daar gelaat. Baie van die gewoontes/tradisies/rituele wat mense het, is dalk onnodig, selfs belaglik vir mense wie nie daaraan gewoond is nie. En ja, soms moet ‘n mens wonder of dit nog nodig is om ‘n sekere gewoonte te behou.

Tog glo ek daaraan dat gewoontes/rituele/tradisies ons maak wie ons is, maak dat ons behoort. Soos dat ons op Kersdag, of die aand voor Kersdag, saam eet en lekker kos kook en geskenke vir mekaar uitdeel.

Ek het dit iewers gelees, en hoor dit nou nogals op die radio ook, dat dit juis hierdie klein, amper onnodige gewoontetjies in gesinne is wat maak dat kinders wie op ‘n stadium die huis verlaat het, die pad byster geraak het, weer terugkom, omdat hulle daarna terug verlang.

As ek nou dink, kan ek nie eintlik aan gewoontetjies dink wat ons gesin spesiaal maak nie, tog glo ek ons doen dit selfs onbewustelik.

Ek het, toe my seuns die eerste keer huistoe kom van universiteit af, geel linte om die pilare gebind om hulle welkom te heet, en toe meisiekind terugkom en sy sien die linte, spesiaal vir haar opgehang, was haar oë vol trane. (Nou kan sy dit nie eers meer onthou nie, maar tóé het dit saak gemaak.) Ons het ook die “gewoonte” om Sondae kerk toe te gaan, ‘n “gewoonte” wat my kinders hopelik mee sal volhou. Dan is ons as familie baie lief daarvoor om saam te eet, ‘n familiekuier word gou gereël. Die familiefees waarvan ek vertel het, is nou juis binnekort, en ek hoop dat dit nou al ‘n instelling geword het, en die jonger klomp daarmee sal volhou.

My ouma het op Lentedag verjaar, en dan het my pa altyd gaan veldblomme pluk en het ek en hy die blomme op die grafte in die familiekerkhof gaan sit. Vir my gaan nie een 1 September verby sonder daardie herinnering nie!

Dinge wat julle saambind. Dinge wat julle uniek maak. Dinge waarna jou kinders terugverlang, soos die skaapboud op ‘n Sondagmiddag, of die sosaties wat met ‘n sekere geleentheid gebraai word.

Wat doen julle wat oulik is, waarvan julle ons kan vertel?

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding. Bookmark the permalink.

One Response to Kultuur en gewoontetjies en tradisie

  1. Kameel sê:

    Ek dink dit is baie belangruk dat ‘n gesin hulle eie tradisies moet hê. Dit maak elke gesin uniek. Ek het al vertel dat ek glo ‘n verjaarsdag is ‘n baie spesiale geleentheid, en het dit dan ook ‘n dag van feesviering gemaak wat begin met ontbyt in die bed, en ‘n sjokolade saam met dit. Die tradisie duur voort, en so begin ons kleinkinders se verjaarsdae ook nou. Dan volg natuurlik ‘n groot partytjie, waarvan Senamé se partytjies ‘n voorbeeld is 😉 Dit maak my hart bly om te sien hoe dié tradisie voortleef, alhoewel die skoonseuns nie die bohaai kan verstaan nie. Hulle het nie so grootgeword nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s