Toortsie se Toeka Tokkel: Soektog

In opdrag van Scrapydo.

My storie gaan oor volstruisvelle. Ons het al in die verlede ook velle laat looi by hierdie spesifieke plek in Mosselbaai. Beesvelle, Volstruisvelle…

Ons het ‘n klompie velle saam met iemand gestuur, en die plek het laat weet dat die velle reg is, ons moet net laat weet watter kleur. Gewoonlik doen ek die kleurding sommer telefonies, maar ek wou ‘n spesifieke kleur hê, so, na aanbeveling van ‘n vriendin het ek toe gery en die kleur gaan kies. En ja, ek het nie die plek of die persoon se naam by my gehad nie.

Ek het twee dae vooraf met die persoon telefonies kontak gemaak en afgespreek dat ek daardie dag sou kom.

Toe ek by die industriële gebied inry, was ek natuurlik dadelik onseker waarheen ek moet gaan, selfs al was ek al voorheen daar. Ek vra vir iemand: “Waar is die velleplek?” en hulle beduie vir my. By die plek aangekom, vra ek vir die persoon wat te doen het met die kleur van velle, wie toe nie beskikbaar was nie. Iemand anders het my toe gehelp.

‘n Week later was die velle klaar. Toe ons by die plek aankom waar ek was, was ons velle nie daar nie! Waar is die velle? Die baie geld se velle!

Ons besef toe ons is by verkeerde plek en hulle beduie ons na die regte plek toe, my hart klop behoorlik in my keel. Sê nou die velle is verkeerd gekleur? Dan is dit vir altyd verkeerd!

Die velle was reg! Perfek! Die dame wat my gehelp het, het besef ek is by verkeerde plek en het toe sommer self met die regte persoon gereël. (My broer het gesê ek moes al iewers in my lewe iets reg gedoen het!)

Dié velle het vir ‘n hele paar jaar op ‘n kas gelê, ek wou ‘n bankie daarmee oortrek. Toe ek uiteindelik besluit om die bankie oor te trek, was velle net weg. Ek soek naarstigtiglik die hele huis deur, twee keer, op alle plekke waar die velle moontlik kan wees. Dis nou GROOT skade!

Op ‘n stadium staan ek moedeloos in my sitkamer, teen die meelkis, waarin die velle ook nie was nie, met my kop so op my arms. WAAR KAN DIT WEES? Soos ek daar staan, sien ek tussen my arms deur die wakis wat daar in die hoek staan… 🙂 Dank die Heer! Daar was, behalwe die velle, nog musiekboeke ook in wat ek al nét so na gesoek het!  Wys jou net!

20150901_105744[1]Is hy nie pragtig nie? Skoonma se ou bank wat gerestoureer is en met die velle oorgetrek is.

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

13 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel: Soektog

  1. Dit was nou n soektog uit n ander wêreld. Bly jy het die velle en ook boeke gekry op die ou end. Die Bank lyk te pragtig. Dis n mooi kleur en lyk so sag soos fluweel! Dankie vir jou mooi soektog bydrae. 🙂

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Ek sal mos alte lekker op daardie mooie bank lê en lees. Sit dit maar so in jou boedel….. O nee wag. Ek vra mos nie meer “gee dit vir my,” na Die Rooi Skildery, en Buurvrou se Pot episodes nie. Ek sê net dit is vir my mooi. 😆

    Liked by 1 person

  3. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 37 : Oudhede | I scrap 2

  4. Terug pieng: Toorts se Toeka Tokkel oor paaie, “lost & found” | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s