Scrapydo se toeka-tokkel: Soektog
Daar is min dinge so frustreerend as ‘n soektog. Kan al sien hoe daardie weduwee – opsoek na haar verlore penning – die kussings laat waai, matte uitskud, onder die bed rondkruip, die huis uitvee, en as sy hom nie kry nie, die soektog weer van vooraf begin.
Vir my met my rigtingloosheid is die ergste soektog diè waar ek na ‘n pad soek, om my weer die regte rigting in te stuur. Ek het myself al so laat verdwaal dat ek langs die pad aftrek en huil. Sit my – en ons kunstenaarskind Kenneth saam in ‘n kar – en jy vra vir moeilikheid. Ons twee het al die benoudste oomblikke saam beleef; ek onthou veral daardie dag toe ons nie ons pad uit Germiston kon kry nie. Ry soos ons wil, elke keer het ons tussen die fabrieke beland, omgedraai, na bordjies gesoek, en weer tussen die fabrieke beland.
Een soektog wat my vandag nog laat kopkrap is die soektog na tannie Phyllis se oorbelletjie. Die oorbel was van geen geldelike waarde nie, maar het erg sentimentele waarde gehad. Ek het tannie Phyllis by die kerk ontmoet, en daar was onmiddelik ‘n band tussen ons. Sy en oom Fred het diep in my en Ken se harte geklim, en ons het die twee oumense onder ons vlerk geneem. Enige klagte aan hulle kant, of Ken word gebel. Hulle het in ‘n woonstel op hulle skoonseun se plaas gebly, en met diè dat ons soontoe moes uitry om klagtes aan te hoor, het ons hulle dogter leer ken. Later het tot sy ons gebel om raad te vra wanneer een van die oumense te “stroppie” geraak het. “Hulle luister na niemand anders as na julle nie,” het sy verduidelik.
Toe sterf tannie Phyllis, en ek kry haar oorbelletjies waarvan ek so baie gehou het. Jare later trek ons stad toe, maar gaan bly eers saam met skoonseun en Marlè in ‘n grasdakhuis, wat hulle vir ‘n paar maande huur. Ons kamer is groot met ‘n volvloermat in. Onder die venster staan die bed, en teen die een muur het ons die skilderye staangemaak. Nou êrens in daardie kamer, het tannie Phyllis se oorbelletjie soek geraak. Ek het hom laat val toe ek die oorbelle afgehaal het, en net daar het ‘n dae lange soektog begin.
Op my knieë het ek deur daardie kamer gekruip, en gekruip. Alhoewel ek geweet het dat dit onmoontlik vir die oorbel was om so vêr as die skilderye te rol, het ek die skilderye opgetel, en agter elkeen gesoek. Die bed is weggetrek, en die spasie is ondersoek. Uit moedeloosheid het ek later opgekyk balke toe, en gewonder of die oorbel nie daar beland het nie. Kom môre, het die soektog weer van vooraf begin. Dae later het ek eers die soektog gestaak. Ek het myself getroos met die gedagte dat wanneer ons trek – en alles uit die kamer is – die oorbel wel tevoorskyn sal kom. Maar hier het die hoop beskaam. Daardie oorbel was weg, soos in WEG!!
Ai toggie. Heeltemal weg? Van verdwaal weet ekself ook. 🙂
LikeLiked by 1 person
Een rigtinglose mens sal ‘n ander rigtinglose goed verstaan.
Tannie Phyllis se oorbelletjie het voete gekry en wie weet waar beland?
LikeLiked by 1 person
Nou lekker gelees en gesmile! Klink soos my vriendin, verdwaal self in ‘n shopping mall!!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die inloer. Yep, ken van in shopping malls verdwaal en nie weet by watter deur ek ingekom het nie. 😯
LikeLiked by 1 person
Ai toggie so ding het mos so manier om te spring en dan voetjies te kry war weghol en gaan wegkruip.
LikeLiked by 1 person
Hoe is so iets moontlik???? En tog gebeur dit. 😦 Een van daardie onverstaanbare dinge in die lewe.
LikeLiked by 1 person
Net so!
LikeLike
Daardie Johannesburg in sirkels ry en soek ken ek ook. Ek en my ma was oppad Durban toe. Nou moet jy weet van Pretoria af moet jy suid ry en telkens kom ons weer by noord uit terug huistoe. Mens sien die regte pad en tog kan jy nie daarop kom nie. Daardie oorbel is nou sommer moedswillig om so diep weg te kruip. Lekker gelees, dankie vir die deel.
LikeLiked by 1 person
Ag toggie die pad Durban toe!!! Ek en Kenneth het ook van Pretoria af daarheen probeer ry. Toe ons weer kyk is ons oppad Witbank toe…. heeltemal verkeerde rigting. Eenkeer kom ons van New Castle af terug… i.p.v Pretoria, ry ons toe Durban toe. Ek vertrou net die pad as my man bestuur… hy het ongelooflike rigting insig.
LikeLike
Ek het ook goeie rigting maar daardie aansluitings en aanwysings in Johannesburg was en is sekerlik n nagmerrie.
LikeLiked by 1 person
Ai dit is jammer
LikeLiked by 1 person
Baie water het intussen in die see geloop; nou en dan wens ek nog ek het die oorbelle 🙂
LikeLike
Het die oorbel nie dalk binne in een van die skilderye beland nie?
LikeLike
Net as die oorbel vlerkies gehad het kon dit moontlik wees. Dit was ‘n grooooot kamer, en die skilderye het teen vêrste muur gestaan. Sal nooit weet wat van daardie oorbel geword het nie 😉
LikeLiked by 1 person