Waar ‘n wil is, is ‘n weg

So het ek nog altyd geglo: “Waar ‘n wil is, is ‘n weg.”

Ek het ook altyd geglo dat mense trou omdat hulle WIL trou, getrou wil bly aan mekaar, die huwelik wil laat werk.

Ek sien dat almal nie só voel oor die huwelik soos ek voel nie.  Ek kritiseer hulle nie, ek respekteer hulle daarvoor, elkeen mag seker voel en maak soos hy wil.

Ek het ook altyd gedink, dat as ék dit kon maak in my huwelik, enige een kan. Maar ook dít is nie so nie, omdat daar baie verskillende faktore is wat huwelike beïnvloed, en ons nie almal dieselfde reageer nie.

Tog glo ek, sou een huweliksmaat moeg word vir die huwelik, moedeloos word, en die ander een kans voel om te veg vir die huwelik, eerlik te wees daaroor, ernstig met die huweliksmaat praat en sê dat hy/sy nie hierdie huwelik sommer net gaan laat gaan nie, daar tóg ‘n kans is dat die huwelik gered kan word. In so ‘n geval verg dit uiters baie opoffering, baie harde werk, met géén versekering dat dit wel gaan werk nie, baie bid, baie moed hou, tot julle oor die krisis is en dalk nuwe horisonne ontdek, mekaar weer leer waardeer, dalk die besef dat dit wat jy as onuithoudbaar beskou, dalk nie so onuithoudbaar is nie… omdat jy besef jou huwelik is belangriker… Soms het die een persoon nodig dat die ANDER een nog moed het…

En ja, dit gebeur ook dat een huweliksmaat regtig álles probeer en dit nie werk nie… dan kan jy jouself troos dat jy WERKLIK alles probeer het, dat jy nie sommer net moed opgegee het nie. Want ons ALMAL voel soms na moed verloor… en dan trek jou huweliksmaat jou dalk deur.

“As jy moet moeite doen vir iets, is dit gewoonlik die moeite werd.” En ná 30 jaar van getroud wees is ek dankbaar vir elke keer wat ek, of my man, vasgebyt het. Ja, daar kom slegte tye, maar die goeie tye oorheers die slegtes. Ek kan nie vir iemand anders besluit nie, ek blameer nie iemand wat moedeloos raak of nie lus het om voort te gaan nie, maar vir my was dit die moeite werd om te veg vir my huwelik. Soms moet jy praat, ander kere moet jy stilbly…

11903918_1138014556210726_1897354118643889926_n

Iemand het hierdie aanhaling op Faceboek gesit. Aan die een kant stem ek 100% saam. Soms, as ek ongemaklik voel in ‘n geselskap, sal ek sterk genoeg wees en wegloop… maar wat my huwelik betref, sal ek dit probeer regmaak, smeek, wat ook al nodig is, want dis vir my só belangrik.

Daar is nie ‘n Quick Fix nie. Maar… dis die moeite werd.

Groete

Toortsie

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings. Bookmark the permalink.

8 Responses to Waar ‘n wil is, is ‘n weg

  1. Ek haal my hoed af vir mense wat so lank getroud kan bly! In vandag se tyd is dit mos vat en los!

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ek dink net dat dit is wat vir ons samelewing gevoer word deur die media, en sommer die mense self: Dit gaan oor die ek, myself, wat moet gelukkig wees. Kitsantwoorde, nie meer hard werk vir iets wat regtig belangrik is nie.

      Liked by 1 person

  2. Hier is soveel raad oor die huwelik vir jongmense. ‘n Huwelik is harde werk.

    Liked by 1 person

  3. ekmyselff sê:

    Verseker harde werk, maar n huwelik bestaan uit twee mense en as ALBEI dit nie wil maak werk nie dan kan dit nie werk nie en dit is baie hartseer.

    Like

  4. Kameel sê:

    Dit is nie sewe sakke sout saam opeet nie, dit is klippe kou en trane, en geloof, en bid, en bid, en bid……

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s