Sê jy ‘ja’ of sê jy nee?

Volgens die boek, “Boundaries”, leer ons soms vir ons kinders, om die regte redes, verkeerde grense aan. As voorbeeld, ‘n jonger seun word deur sy ouer sussies geboelie, seergemaak, verinneweer, maar hy mag homself nie verdedig nie, want seuns mag nie aan meisies slaan nie.

“When parents teach children that setting boundaries or saying no is bad, they are teaching them that others can do with them as they wish.”

Só stuur ouers dan hul kinders sonder selfbeskerming die wêreld in, waar hul misbruik en gemanipuleer kan word.

Ons móét ons kinders leer om met vrymoedigheid én op ‘n ordentlike manier ‘nee’ te sê, om watter rede ook al.

Deur nie nee te kan sê vir verkeerde goed nie, kan jy later ook nie meer verkeerde goed herken nie.

Hierdie onvermoë om nee te sê, manifesteer op verskillende maniere: Jy’s bang om ander se gevoelens seer te maak; Vrees verwerping; Vrees straf; Bang jy word ‘n grap van gemaak; Bang jy’s onchristelik in jou optrede; Bang vir jou eie, superstreng gewete.

God verwag van ons om goed te wees vir ander mense, maar Hy verwag ook van ons om onsself te beskerm sodat ander nie misbruik maak van ons goedheid nie. Balans.

Hoe verder ek aan hierdie boek lees, hoe meer besef ek dat dit ‘n boek is vir ELKE PERSOON om te lees. Ek glo almal sal iets hieruit leer.

Groetnis
Toorts

Ek lys al die boeke wat ek bespreek, by PINTEREST.

Ons Faceboekblad

11 thoughts on “Sê jy ‘ja’ of sê jy nee?

  1. Ai hoekom het ons nie jarrre gelede al so ‘n boek gehad ni ? Ek dink ons oordrewe Christelike nederigheid het al tot baie trane gelei omdat veral vroue nooit geleer het om hulle voet neer te sit as iemand hulle afkraak of sleg behandel nie.

    Liked by 1 person

    1. Oee vanoggend erg interessante deel gelees dat ‘n kind al in die terrible 2 stadium die NEE grens vasstel. As ons altyd sy nee ignoreer, leer hy nooit die waarde van sy Nee nie. Hierdie boek is 100% op die Bybel geskoei. Daar is ook dinge soos verantwoordelikheud teenoor myself.

      Liked by 2 people

    1. My kinders sê hulle is so grootgemaak, tog weet ek ek het vir hulle ruimte gegee. Ek glo daar moet ‘n balans wees. Kinders moet steeds respek vir volwassenes in volwasse geselskap hê en nie die geselskap oorneem nie, tog is hulle mening ook welkom.

      Liked by 1 person

  2. Ek is beslis ie een ‘wa die ander wang draai ‘ nie…wel nie letterlik nie. Met my seunsname het ek so te sê as Boelie uitgedraai op Laerskool totdat my Pa my eendag eenkant toe gevat het en daai NEE-ding verduidellik het. Slim Omie gewees daai. Vandag ontmoet ek die kinders van my vriendin. My oe pop amper uit toe ek sien hoe sy met ‘n 3 en 6 jarige ‘onderhandel’ en pleit. Miskien moet ek so slimboek vir haar aanskaf…

    Like

    1. Ek is mos ‘n skerpioen… met my seubs het ek nie onderhandel nie… met meisiekind het ek geleer van tel tot 3. As ek by 2 kom het sy gesê okay ma. Net ‘n sekond uit mekaar.

      Like

Gesels saam, asseblief!