Die oranje lys

Die oranje lys bly maar ‘n toffie.  Dis nou die oranje lys in Prof Noakes se Banting boek.

image

Soos ek dit verstaan, en ek het dit behoorlik gelees, en wéér gelees, mág ‘n mens van die oranje lys eet, maar binne perke. Die hoeveelhede wat agter die kosse staan, is die maksimum vir die hele oranje lys vir die dag.

Party mense sê jy mag glad nie van die oranje lys eet nie. Dit beteken jy mag glad nie vrugte eet nie. Dieselfde mense wat dit so uitskree teen vrugte,  gooi ‘n lepel heuning in hul tee, terwyl ander patat skyfies (chips) ernstig aanbeveel.

Nou ja,  die een lepel heuning is die somtotaal van die oranje lys vir die dag, patat mag jy so ‘n klein stukkie eet (slegs ‘n halwe koppie),  dis amper nie die moeite werd nie! Wortels is een van die groentes wat baie oë laat rek, terwyl jy 5 op ‘n dag mag eet, en wíé gaan nou regtig 5 wortels eet? Wat ek bedoel, sal die paar skyfies wortels wat jy raakskep regtig die appelkar omgooi, terwyl dit ver onder die maksimum is?

En dan die vrugte. Vrugte is op die oranje lys. Dit behels een en ‘n halwe appel, OF 2 lemoene, Of 2 koppies vol waatlemoen, of 1 klein piesang. Na my mening mág ons dan wel ‘n vrug per dag eet.

En wat neute aanbetref. Cashew nuts en chestnuts is beperk. Jy mag 6 eetlepelsvol cashews OF 1 hele koppie vol Chestnuts eet. Ek het nou die dag ‘n foto gesien op die faceboekblad dat hierdie neute tabóé is. Regtig waar, as ek ‘n bak gemengde neute by Checkers koop, en ‘n handvol neute vir die dag eet, en daar is dalk een van genoemde neute in daardie hand…

Nou ja, menings verskil. Tog interessant hoe dieselfde mening soms verskillend toegepas word.  Selfs Prof Noakes se resepte bevat soms produkte uit die oranje lys! Dit laat my net wonder of sommige van ons nie ons eie reëls wil maak nie? En terloops, die lys soos in die rooi boek, is met ‘n maksimum van 25g koolhidrate vasgestel, ideaal vir gewigsverlies, terwyl ons wel tot 50g koolhidrata per dag toegelaat word. Lyk heel veilig vir my!

Groetnis
Toortsie

11 thoughts on “Die oranje lys

  1. Ek het beslis my eie reëls wat dit betref. Ek hou so na as moontlik aan die voorskrifte, maar ek eet elke dag een appel, een nartjie en een piesang as vrugteslaai vir middagete. En ek verloor steeds gewig. Ook met Banting gaan dit sekerlik uiteindelik ook oor matigheid.

    Like

    1. Ek het geen problerm as jy die reëls effens aanpas by jou omstandighede nie. Ek het wel ‘n probleem as iemand die reëls verander en dit dan op ander afdwing. Die Banting Polisie is ERG! 😉 Ek het nog altyd van die oranje lys geëet en goed afgeval. Tans sukkel ek ‘n bietjie, selfs al probeer ek nou minder van die oranje lys eet.

      Like

  2. Hulle se as jy jou doelgewig bereik het mag jy van DIE lys af eet.
    Elke banting groep het ook maar hul eie mening.
    Sien van hulle doen ‘n “fast” as hulle vir n lang tyd stilstaan op gewig en nie meer so baie verloor nie.
    Na my naweek in Clarens is my banting “kas toe” (mooi gestel) so ek sukkel vandag… lol

    Like

Gesels saam, asseblief!