Die oranje lys

Die oranje lys bly maar ‘n toffie.  Dis nou die oranje lys in Prof Noakes se Banting boek.

image

Soos ek dit verstaan, en ek het dit behoorlik gelees, en wéér gelees, mág ‘n mens van die oranje lys eet, maar binne perke. Die hoeveelhede wat agter die kosse staan, is die maksimum vir die hele oranje lys vir die dag.

Party mense sê jy mag glad nie van die oranje lys eet nie. Dit beteken jy mag glad nie vrugte eet nie. Dieselfde mense wat dit so uitskree teen vrugte,  gooi ‘n lepel heuning in hul tee, terwyl ander patat skyfies (chips) ernstig aanbeveel.

Nou ja,  die een lepel heuning is die somtotaal van die oranje lys vir die dag, patat mag jy so ‘n klein stukkie eet (slegs ‘n halwe koppie),  dis amper nie die moeite werd nie! Wortels is een van die groentes wat baie oë laat rek, terwyl jy 5 op ‘n dag mag eet, en wíé gaan nou regtig 5 wortels eet? Wat ek bedoel, sal die paar skyfies wortels wat jy raakskep regtig die appelkar omgooi, terwyl dit ver onder die maksimum is?

En dan die vrugte. Vrugte is op die oranje lys. Dit behels een en ‘n halwe appel, OF 2 lemoene, Of 2 koppies vol waatlemoen, of 1 klein piesang. Na my mening mág ons dan wel ‘n vrug per dag eet.

En wat neute aanbetref. Cashew nuts en chestnuts is beperk. Jy mag 6 eetlepelsvol cashews OF 1 hele koppie vol Chestnuts eet. Ek het nou die dag ‘n foto gesien op die faceboekblad dat hierdie neute tabóé is. Regtig waar, as ek ‘n bak gemengde neute by Checkers koop, en ‘n handvol neute vir die dag eet, en daar is dalk een van genoemde neute in daardie hand…

Nou ja, menings verskil. Tog interessant hoe dieselfde mening soms verskillend toegepas word.  Selfs Prof Noakes se resepte bevat soms produkte uit die oranje lys! Dit laat my net wonder of sommige van ons nie ons eie reëls wil maak nie? En terloops, die lys soos in die rooi boek, is met ‘n maksimum van 25g koolhidrate vasgestel, ideaal vir gewigsverlies, terwyl ons wel tot 50g koolhidrata per dag toegelaat word. Lyk heel veilig vir my!

Groetnis
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Die oranje lys

  1. Son sê:

    Ek het beslis my eie reëls wat dit betref. Ek hou so na as moontlik aan die voorskrifte, maar ek eet elke dag een appel, een nartjie en een piesang as vrugteslaai vir middagete. En ek verloor steeds gewig. Ook met Banting gaan dit sekerlik uiteindelik ook oor matigheid.

    Like

  2. Ek stem saam, mens moet jou lysie by jou behoefe aanpas en nie by wat een ou op jou wil afdwing nie. Vir my gaan dit beslis oor gesond eet en voorkoming van siektes wat gepaardgaan met veral soetigheid

    Liked by 1 person

  3. Olga sê:

    In die nuutste (of ek dink dis nie nuutste) Deon Meyer boek dryf hy reeds so die spot met kapt Mbali se banting en die blomkooldampe.

    Like

  4. ekmyselff sê:

    Hulle se as jy jou doelgewig bereik het mag jy van DIE lys af eet.
    Elke banting groep het ook maar hul eie mening.
    Sien van hulle doen ‘n “fast” as hulle vir n lang tyd stilstaan op gewig en nie meer so baie verloor nie.
    Na my naweek in Clarens is my banting “kas toe” (mooi gestel) so ek sukkel vandag… lol

    Like

  5. STerkte met die diet. Bly maar ‘n storie vir ons dames!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s