Die sterk punte (2)

Hierdie bloginskrywing volg op die bloginskrywing van gister. Dit gaan oor ‘n motiveringstoespraak van Dr Micheal Moll wat ek bygewoon het.

“Maak die beste van jou God-gegewe karaktereienskappe.” In die vorige bloginskrywing het ek klem gelê daarop dat ons ons eie beste karaktereienskappe moet ontwikkel en gebruik, op ons huweliksmaat se sterk punte moet konsentreer. Dit geld ook vir die ontwikkeling van ons kinders.

Konsentreer op jou kind se sterk punte, nie sy swakkes nie. Gee die ekstra aandag aan sy beste vakke, ontwikkel dit soveel as moontlik. Ja, die swak vakke moet aandag kry, die kind moet immers deurkom!, maar as die swak vakke nie uitermate swak is nie, gebruik eerder jou energie om die goeie vakke te verbeter.  Die probleem is, dat as jy só op die swakker vakke konsentreer, die goeie vakke kan verswak en jy op die ou end met net ‘n gemiddelde kind sit.

“You grow most if you focus on your strength. -Exponential growth” Deur op sterk punte te konsentreer, kry jy eksponensiële groei. Dit beteken jy groei meer in verhouding as jy fokus om sterk punte te ontwikkel, teenoor swak punte. “You grow most in your area of greatest strength.”

Wat is jou sterkpunte? Het jy al ooit daaroor gedink? Wat is jou sterkste karaktereienskappe?  Nie noodwendig jou beste talente nie, maar jou karaktereienskappe? Is jy ‘n sterk leier? Of is jy eerder ‘n goeie ondersteuner? Is jy goed met planne maak, of is jy ‘n probleemoplosser? Het jy baie geduld? Is jy een wat iets vinnig afhandel? Wat is jou sterkste eienskappe?

Ek weet wat myne is, of eerder, ek dink ek weet. En noudat ek hieroor gedink het, en steeds hieroor dink, sal ek beslis nog méér doen om hierdie eienskappe te ontwikkel, tot voordeel van myself, my gesin, my huwelik, ons besigheid, ons gemeenskap.

Abraham Lincoln het blykbaar gesê: “We are all born originals. Why do so many of us die as copies?” Wie het gesê: “Those who are crazy enough to think they can change the world, normally do”? Is jý ‘crazy enough’ om so te dink?

Ons het almal sterk punte. Ons moet net dieper delf om by dit uit te kom. As ons ons sterk punte versterk, wen almal.

Aanhalings soos gegee deur M Moll.

Soek daardie sterk punte in jou, jou eggenoot, jou kind, jou werker. Moenie daardeur bedreig voel nie. Ontwikkel dit! Sodat ons almal beter word.

Groete

Toortsie

7 thoughts on “Die sterk punte (2)

  1. Jinne Toortsie,ek het nog nooit gaan sit en dink wat my sterk eienskappe is nie.Ek vaar maar so deur die lewe sonder om daaroor te dink.Gaan beslis nou aandag daaraan gee.Gelukkig is my kinders groot en het ek klaar “skade” gedoen,maar dit lyk darem nie te erg nie!

    Like

  2. Ek en Ken is besig met studie oor seëninge. Om lewe oor jou kinders, jou eggenoot en ander uit te spreek in die vorm van ‘n blessing. Daar moet jy ook kyk vir die sterk eienskappe, en dit beklemtoon deur ‘n seëning. Ag daar is veel meer betrokke daarby…. dit in ‘n neutedop 🙂

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!