Wat is jou sterk punte (1)

Ek was bevoorreg om ‘n motiveringstoespraak van Dr Micheal Moll by te woon en ek stem so saam met wat hy gesê het.

Dié aanhaling wat hy gegee het, is só waar, ook vir my: “I wish I had the courage to live true to myself and not what others expected of me.”  Ek weet nie van julle nie, maar sonder dat jy dit besef, doen jy maar, en tree jy maar op soos die gemeenskap of jou gesin of huweliksmaat van jou verwag. Ek het nie ‘n te groot probleem daarmee nie, die lewe gaan mos oor gee en neem, maar waarteen ons móét waak is dat ons persoonlikheid nie gesteel word nie. (Dis my eie woorde.)

Hy noem ‘n interessante ding, dat mense wie 30 jaar of langer getroud is, dit regkry omdat hul altyd die mooiste dink van die eggenoot. Of dit ALTYD is, weet ek nie, huwelike gaan mos maar deur erge storms soms, maar ja, hulle fokus op die eggenoot se sterk punte, eerder as om heeltyd swakplekke te probeer regstel. Ek dink dit gaan oor baie meer as net dit, maar dit is ‘n uiters goeie begin as jy begin om jou eggenoot se goeie punte raak te sien en dit te erken. Dít kan ‘n ommeswaai in jou huwelik beteken.

Hy sê: “As jy fokus op jou sterkpunte, gaan jy sukses behaal. As you grow, you become more of who you really are.”

Ek kon net my kop goedkeurend skud. Vir omtrent my hele lewe was daar twee mense wie ek probeer tevrede stel het met my optrede. Die een persoon het dit sekerlik nie eens geweet nie, ek het altyd gewonder of dit haar goedkeuring sou wegdra, tot ek oor ‘n lang tyd besef het dat sy ook maar voete van klei het, en dat ons maniere van optree in elk geval 100% verskil! Wat die ander persoon aanbetref, het ek altyd gevoel of ek dit net nie maak nie. Op ongeveer 45-jarige ouderdom het ek ‘n doelbewuste besluit geneem: “As hul dan nie hou van hoe ek dit doen nie, jammer vir hulle!” Met die een persoon kry ek nie meer te doen nie, die ander persoon raak net meer en meer tevrede met my! Want sien, ek kom nou met selfvertroue oor, omdat ek optree volgens my sterk punte, en hoe dit vir my gemaklik is, nie meer onseker omdat ek ander wil behaag nie. Natuurlik probeer ek om geen ander persoon te ná te kom in die proses nie. Eintlik respekteer ek ander mense nou nóg meer, maar ek tree op vanuit ‘n sterker en sekerder en gelukkiger ek.

Die groot probleem is dat huweliksmaats mekaar probeer verander. Natuurlik skuur ons mekaar tot beter mense, maar ons moet versigtig wees om nie van ons huweliksmaat ‘n duplikaat van onsself te maak nie. Ons is juis sterk in ons andersheid, ons vul mekaar aan, en om jou huweliksmaat eerder toe te laat om sy/haar beste self te wees, versterk ons ook die huwelik daardeur en bereik ons baie meer.

Ek gaan hierdie ‘n vervolg bloginskrywing maak, Dr Moll het nog baie dinge gesê, maar dan gaan hierdie stuk te lank raak. Intussen daag ek jou uit: Gaan dink bietjie, wat is jou sterk punte in jou karakter. Nie jou talente nie, maar jou sterk karaktereienskappe. Moenie jouself depressief of ongelukkig dink en voel jy is te ná gekom omdat jy dalk nie 100% jouself uitleef nie. Begin ook dink hoe jy dalk meer jouself kan wees, sonder om ander aanstoot te gee, hoe jy jou beste jy kan word, en in die proses ook ander meer tot seën kan wees omdat jy juis ‘n baie beter jy kan wees.

Groete
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Huwelik en Verhoudings, Motivering en Bemoediging. Bookmark the permalink.

9 Responses to Wat is jou sterk punte (1)

  1. “I wish I had the courage to live true to myself and not what others expected of me.”

    Weet jy sommige mense kry dit tog reg in ‘n mate, veral kunstenaars en mense wat standpunt inneem om hulleself te deel m.a.w die Engelse term Self-expression. Die mense word nie altyd verstaan nie, maar hel, hulle is so naby aan wie hulle is, so ek geniet hulle maar. Weird is altans die spesery van die lewe.

    By gese: mense dink soms ek is weird

    Like

    • Toortsie sê:

      Ag weet jy, in ons familie is daar ook ‘n weird trek. Ek het vir jare daarteen geveg… in myself… 😉 Dis soos jy sê, dis die ‘weird’ ouens wie sterk genoeg is, wie bereid is om hulself te wees, en nie duplikate te word van wat in die mode is, of wat die samelewing van hul verwag nie. Hul kry dalk baie skewe kyke, maar is beslis baie gelukkig, want hulle leef uit wie hul is.
      Ek hou van weird mense, ek voel gemaklik tussen hulle.

      Liked by 3 people

  2. Baie goed geskryf Toortsie…dis werklik so,as mens die dag mekaar se goeie punte raaksien,vaar daardie huweliksboot op volle krag!

    Liked by 1 person

  3. Ek sukkel maar met myself… makliker om op ander se positiewe eienskappe te konsentreer

    Liked by 1 person

  4. ekmyselff sê:

    Dit is baie erg as mens jouself verloor terwille van iemand anders – ek dink dit gebeur nogal maklik in vandag se samelewing en dit gebeur maklik is jy life is vir iemand.
    Ek het myself 9jaar terug belowe EK sal nooit weer myself verloor nie en ek staan daarby. MY IS is my IS – as jy dit nie like nie, kyk/loop ander pad.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s