Ek dink sommer oor die lewe

In ‘n periode van 24 uur is twee van my vriendinne se pa’s oorlede.

Die een was lank siek en die vriendin-hulle het gesien hoe hy agteruit gaan oor tyd. Ek onthou hoe sy versorging op ‘n stadium ‘n groot bekommernis vir hulle gesin was. Maar skielik het dinge vir haarself verander. Sy het erg rugpyn ontwikkel en dit toegeskryf aan osteoperose, ‘n siekte wat algemeen in hul familie voorkom. By nadere ondersoek het hul kanker ontdek, en binne vier tot vyf maande is sy oorlede. Die pa moes die kind begrawe.

Dan was daar ‘n ander ouer, sieklike vrou in ons nabye omgewing. Toe ek haar ‘n hele paar jaar gelede ontmoet het, was sy alreeds in erge pyn. Ek weet nie wat haar als oorgekom het nie, maar onder andere was sy in ‘n ongeluk, daar was skroewe in haar rug, wat los gekom het. Sy was brandmaer en as jy haar ‘n drukkie wou gee, was jy bang sy breek. Soms was haar verstand ongelooflik helder en kon jy sien hoe besonder intelligent sy was. Soms kon jy agterkom dat die pynpille haar beïnvloed. Vir baie jare kon hul niks meer doen om haar pyn te verlig nie. Vir baie jare was daar tye wat ons die ergste verwag het, waaruit sy weer “herstel” het.

My eie pa het vir jare las gehad van sy longe, hy het ‘n seldsame siekte gehad wat hy opgedoen het as gevolg van die fyn stof wat in skaapkrale rondwarrel. Hy het ook ‘n hartoperasie gehad. Al was hy end-uit op die oog af gesond en lewendig, het ons besef hy leef op geleende tyd. Maar hy sterf toe nie aan sy hart óf longe nie, maar as gevolg van ‘n stukkie beesbeen wat hy ingesluk het en ‘n gat in sy slukderm gemaak het.

Al hierdie dinge laat my aan die lewe dink. Daar is nie ‘n defnitiewe patroon nie. Die sieklike, wie se dood mens verwag, begrawe die gesonde, wie se dood onverwags kom. ‘n Mens kan sterf as jy jonk is, of wonderbaarlik oorleef.

Dit laat my net besef hoe kosbaar die lewe is, dat ons elke oomblik moet aangryp met albei hande, die beste maak van elke geleentheid, hoe goed of sleg dit ook al is, minder kla as dinge nie na ons sin verloop nie, goed doen aan onsself en ander, liefhê, ‘n kind én oumens omhels, jou geloof voluit luitleef, regmaak waar ons verbrou het. Nie een van ons weet wat vir ons voorlê nie, ons kan dalk ouer as 100 word, of ons mag dalk nie eers vanaand sien nie.

Carpe Diem. Gryp die lewe! Voluit!

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

10 Responses to Ek dink sommer oor die lewe

  1. Dit is so waar! Mens weet nie wanneer dit jou beurt is nie. Dis baie maklik om te kla.

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Die onvoorspelbaarheid van die lewe. Jy het dit goed beskryf Toorts. Wat ek hoor, en waar ek lees in die laaste tyd gaan oor die “gereedheid” om te gaan.

    Liked by 1 person

  3. Wyse woorde. Laat my dink aan die ou gesegde:”Life is random, so is death. Then you must live, and live with your heart at full blast” Dit was wat ‘n vriend gedurig aan my gese het

    Liked by 1 person

  4. Griet sê:

    Snaaks ek het vanoggend aan hierdie dinge gedink.

    Like

  5. Ja alles is net Genade en Guns alleen.

    Liked by 1 person

  6. Beatrix sê:

    Jy vat raak, né!!! Ons leef voluit – gelukkig weer vanoggend by Ds. Braam gehoor: Môre is dalk te laat!!!!!

    Liked by 1 person

  7. Die hede is hier en nou…ons moet dit aangryp!Mooi geskryf.

    Like

  8. Die lewe is baie kosbaar. Lekker geskryf.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s